Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn, dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.
Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly.
Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar.
| Attachment | Size |
|---|---|
| Alles oor weerlig | 562.44 KB |
Yellow bishop
Hier is die karnallie Yellow Bishop. Moet sê die inligting is heel uiteenlopend omtrent die " non breeding" kleur, maar die skets is wat ons waargeneem het.

Mooi man!
Die Kaapse Flap besoek my voerplekke ook van tyd tot tyd. Ek sien die mannetjie gewoonlik slegs in die broeityd wanneer hy sy pragtige "geel baadjie" aanhet. As kind het ons dit 'n geelbaadjie-vink genoem. Ons gooi saad op 'n voerplek in die tuin en plaas gerasperde kaas in die kombuisvensterbank vir die mikstert byevangers en vlieëvangers. Die Kaapse tiptolle kom soms saam kaas eet, asook die Kaapse wewers (oftewel geelvinke soos ek hulle ken). So hier en daar sien ons die Kaapse Flap (Yellow Bishop) of by die voerplek in die tuin of op die kombuisvensterbank.
Op die onderwerp van voëls voer - ons het heelwat Kaapse fisante in die buurt. Maar ons het een mannetjie wat elke dag kom kos vra. Hy kom sit op my seun se karavaan-afdak en verkondig luid sy teenwoordigheid. As hy die veiligheidshek voor die agterdeur se sleutel in die hek hoor draai, vlieg hy af en kom vinnig aangehardloop waar sy kos op die plaveisel uitgegooi word. Hy's al so mak dat ek bykans aan hom kan vat.
Interessant
Goeie speurwerk Oom Neef. Die oorspronklike aanname dat dit ‘n flap is was dus in die kol. SASOL gee die nie-teel kleure aan as bruin. Dalk teel die knaap by julle deur die jaar ![]()

Skuus Chris.
Ek was op "multi screens" besig om op Robertson se boek te soek vir die beskrywing van Herman toe pos ons so saam.
Vraag aan ChrisB :-
ChrisB, op verskeie Kruger Wildtuin gesprekke spreek jy jou uit oor die voer van diere ondat dit inmeng met hulle natuurlike soeke na kos. Ek het ook iewers gelees van die gevare van die voer van mens-kos (byvoorbeeld kaas, brood- en beskuit krummels) aan voëls maar weet nie meer wie die bron van die berig was nie en of dit korrek is nie.
Gegewe die voëls wat jy tuis voer, verskil dit van jou Wildtuin siening ?
Ek kritiseer nie, ek vra maar net.
Ns. Ek sien op FB Dave Pepler het in die week 'n foto geplaas van sy suikerwater-bottel in sy tuin waar voëltjies kom drink.
Len ...
... ek kan jou gerusstel - ek voer nie diere in die wildtuin of ander Nasionale Parke nie. Hier by die huis is dit vir my 'n ander saak - hetsy reg of verkeerd. Dit is vir my mooi en lekker om die voëls na my tuin te lok. Daarom ook die rede hoekom ek bykans uitsluitlik inheemse bome en plante aangeplant het - dit lok ook voëls. By 'n oord soos ATKV Eiland voer ek ook die voëls, duikers en njalas. Maar ek respekteer Sanparks-beleid. Buitendien word ongewenste "elemente" soos ape en bobbejane daardeur gelok. Wanneer hulle voëls sien saamdrom is hulle slim genoeg om te weet daar is kos. En ek soek nie die blikskottels by my karavaan nie.
Slange
Ons het nie ‘n voëlvoerder nie maar ten spyte van die twee Jack Russells het ons redelike voëllewe in die tuin. Grasperke is ‘n lekker habitat vir wurms en insekte wat kos bied vir insekvreters. Aalwyne lok suikerbekkies en muisvoëls. Saadvreters is minder algemeen.
Ons plaaslike slangvanger (pofadders en geelslange kom in die somer gereeld in die dorp in) sê as jy nie slange in jou tuin wil hê nie moet jy nie voëls voer nie.
Slange
as jy nie slange in jou tuin wil hê nie moet jy nie voëls voer nie.
Dit besef ek terdeë. Ek sien dit met die boomslange wat in my tuin inkom. Hulle word merendeels gewaar in die doringboom waar die bottel rooi suikerwater hang. Maar dit is die einste voëls wat die slange se teenwoordigheid weggee - veral die janfrederikke en die tiptolle.
Ek reken egter dat die grootste aantrekkingskrag vir die boomslange is die voëlhokke by die bure weerskante van my. Beide het groot voëlhokke waarin hulle met eksotiese voëltjies boer wat aan troeteldierwinkels voorsien word. Hulle het baie meer probleme met boomslange as ek. Hulle het voorheen baie probleme met boomslange en eiervreters in hul hokke gehad. Hulle hokke se draad is egter deesdae sulke fyn sif bedek wat die slange grootliks uit die hokke hou, maar hulle kom nog steeds in hulle erwe in a.g.v. die voëls se aantrekkingskrag.
My vrou sal bly wees as ek ophou om vir die kaasvreters kaas te voer, want hulle beskyt die houtdek se reling sodanig dat dit omtrent elke tweede dag skoongemaak moet word.
Ek het GEEN bome by my nuwe…
Ek het GEEN bome by my nuwe huis hier in Brackenfell.
My vrou gooi wel brood en rys uit vir voëls op my nuut oorgeplante agtergras. Die bure skuinsagter het 'n groot "bottlebrush" waar daar helwat voëllewe in is.
In Rdp het ek verskeie bome en lekker voël lewe gehad.
Voer
In die wildtuin voer ons geen diere of voëls nie, maar by die huis gooi ons allerande oorskiet kosse uit vir die voëls.
Appels word ook daagliks op 'n plankie gesit wat ek spesiaal vir die doel gemaak het uit gesit. Suikerwater met heuning gemeng word ook dmv 'n onderste bo coke bottel uit gehang.
Tiptolle, kwiksterjies, Janfrederike, kuifkop houtkappers, selfs al 'n paar rooikop houtkappers hier gesien, hoephoeps, suikerbekkies en nog heelwat ander voëls kom gereeld hier voor. Het ook al gehoor van die nadele van tuin voêls voer, maar dit kon ek nog nooit ervaar of sien nie.
Voëls wat periodiek hierheen kom is oa. muisvoels en Koning rooibekkies plus nog so paar ander wat ek nie dadelik kan onthou nie.
As Dave Pepler sy voeltjies…
As Dave Pepler sy voeltjies voer, dan mag ons maar.
Hier voer ek die wildsbokke in die winter, bloot omdat ek voer het, en dit spaar die veld. Hulle raak gou gewoond daaraan, en kom elke aand inloer. As daar nie voer is nie, stap hulle verby. Die klomp is seker ook oppertunisties soos die voeltjies. Hulle sit nie en wag om gevoer te word nie. Roofdiere in wildtuine word verseker gelok deur die geur van braaivleis. Dit lok my ook! En sal kom inloer vir ń los gelukkie. Veral as dit binne jou " terrritory" ook nog is.
Skuurswaeltjies
Die skuurswaeltjies kom broei elke jaar. Meestal bou hulle teen ń rak of dergeleke plekke waar iets die nessie so effens stut onder. Ek kan raas en tekere gaan, dit steur hulle gladnie, maar dat iemand anders inkom, dan vloek die twee.
So kom ek een oggend in, en merk die nessie op die vloer, 2 kleintjies dood, een baie swak. Hulle was nog redelik kaal. Maak toe die Joghurtbakkie bodem vas op dieselfde plek, en sit die kleintjie met so stukkie van die nessie daarin. Wat treffend was, is dat die twee ouers my sit en dophou sonder om ń geluid te maak.
Die enetjie het dit nie gemaak nie. Ek het uitgehaal, en ń dag later begin die twee in alle erens nuwe nes bou rondom die plastiek bakkie. En hier is die resultaat.

Mooi Neef
Goeie gebaar van jou.
Ek sit vanoggend onder die stoeptent en Netwerk24 lees, toe daar eensklaps 'n harderige plonsgeluid op die plaveisel net voor die stoeptent is. Dit was 'n mossiekuiken wat hom morsdood vanuit 'n baie hoë nes in 'n boom geval het. Die pa en die ma het dadelik kom ondersoek instel, maar gou-gou besef hulle kind is dood. Ek het maar die outjie opgetel en in die asblik gegooi.
Enkele dae gelede was ek verstom om te sien hoe 'n fiskaal-laksman 'n groterige huismossie-kuiken aanval terwyl die ma besig is om die kuiken te voer. Ralie kon dit nie aanskou nie en het ingemeng in die natuur deur die laksman te verwilder.
Ons suikerwater bottel…
Ons suikerwater bottel...................................vir die voëls het ek na 'n boom regoor die stoep verskuif sodat ons dit beter kan sien.
Verskaf ons baie plesier en omdat ek maar sleg met uitkenning van voëls (en bome) is, lê die boeke en verkyker langs ons op die bank.
Elmarie lekker vir my gelag toe ek sommer opgewonde geraak het toe 'n suikerbekkie so lekker drink dat die lugborrels so van onder af in die bottel opstyg.
Die skilpaaie hou ook van my nuwe groen gras en die blommetjies.
Sit lekker en koffie drink op die bank vroeg oggend waar ek uitkyk op die fontein.
My uitsig vroeg oggend…
My uitsig vroeg oggend...............................as ek koffie drink. Hoor ook spuitfontein se water.






Swart voëltjie
Nee Chris B dit was net voor drinktyd.
. Ek het met die vêrkyker op 15m hulle bekyk, so kon redelik goed sien. Die enetjie se skouers het gelyk of dit so effe ligter is, na ń donker bruin ondertoon.
Ek is ongrlikkig nie gegear vir voëls afneem nie, beste is ń 300mm lens. En dit is ń vrek woelige spulletjie tydens die etery, kan probeer. Hoop hulle is vanaand by.
Chris W. Die glo ek is dalk ń besoeker, verdwaalde, omrede dit gister eerste keer opgemerk is. Of die storm winde van ń week lank het hulle dalk van koers af gewaai.