Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -14 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/02/2025 - 18:04

....aan die ander kant lees ons elke dag hoe riviere, vleie en eens gesonde habitat net totaal verwaarloos word en verval. 

Die ou mensdom het omtrent alles deur hulle blaker getrek met rioolstortings,  plastiek afval, en alles en nog wat, wat net in strate, stroompies en later rivier en damme eindig.

Kyk net hoe lyk dit waar riviere na hewige vloed in die see inloop. 'n Vieslike gemors, maar dis ongelukkig ons "culture", om net neer te gooi.

Sien die gedrag in wille Kruger tuin ook, ongelukkig.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/02/2025 - 16:15

Ek glo ons almal weet dit, maar dis nou belangriker as ooit tevore. Ek het vanoggend met ons plaaslike slangvanger gepraat. Ek wou insette van hom kry vir ‘n inligtingstuk wat ek na ons inwoners wil stuur om hulle te help om slange uit hulle huise en erwe te hou.
 

Volgens hom is die belangrikste om jou erf netjies te hou en om rotte en muise weg te hou. Eg bied skuil- en broeiplek vir lg en lg urineer sover as wat hulle gaan. Die slange volg die reukspoor en beland so in jou erf of huis. Mense met voëlvoerders en voëlboere wat dit nie ordentlik pleeg nie is ook op risiko. 
 

Maar terug na die onderwerp. Hy sê vir my dat daar tans landwyd bykans geen teengif beskikbaar is nie. Onderstepoort het dit altyd vervaardig, maar dit het blykbaar doodgeloop. Johan Marais het probeer om dit privaat te begin doen maar kon nie die nodige permitte uit die regering kry nie. Hy het kortliks verduidelik dat ‘n perd of bok of skaap elke twee maande vir ‘n jaar lank met klein dosisse gif ingespuit moet word. Na ‘n jaar word bloed getrek en die teengif met ‘n centrifuge uitgehaal. 
 

Hy het net 21 ampules gehad, en het net 12 oor nadat twee Werk vir Water personeel deur pofadders gepik is. Blykbaar het die Worcester hospitaal ook ‘n paar maar die plaaslike Mediclinic het niks. As ‘n geelslang jou dus pik is jou kanse op oorlewing baie skraal. Jy sal in elk geval baie vinnig teengif moet kry, maar as jy dit nie kan kry nie is dit neusie verby. Hier by ons is dit hoofsaaklik pofadders en geelslange wat hy vang, en hy het die somer al 220 verwyder uit huise/erwe. Dit is meestal in Worcester.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 18:25

Chris, praat jy nou van 'n netelige kwessie. 

Ons kompleks grens aan 'n stuk munisipale serwituut. Dit is natuurlik na die baie reen, omtrent toe gegroei met gras, skouerhoogte. Nou lyk dit dat by die 2 eenhede wat grens aan die grond, geskei met 2.5m klinkermuur, daar 'n mamba sy opwagting gemaak het. 

Ek probeer nou die munisipaliteit oortuig om te kom skoon sny met bossiekappers. Hopenlik verdryf dit dan sommer die mamba ook.

Ek bly die eienaars waarsku, om rottegif permanent uit te sit, want soos jy aantoon, dis kos vir slange, en wat dit lok. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 26/02/2025 - 19:39

Op my plaas word rottegif nie toegelaat nie. Die nadraai van ander diere wat die vergiftigde muise en rotte eet is regtig wreed.

In die begin het ek gereeld  uile, muishonde, muskeljaatkatte en slange opgetel wat waarskynlik vir geen rede gevrek het nie. Totdat ek eendag ń Pofadder geraamte op afgekom het, met ń rotgeraamte binne in. En by navraag is ek ingelig dat die gif nie afbreek nie en die hele voeselketting dood.

Die was die gevolg van ń vergiftigde rot wat deur die Pofadder gevang was. En so het al die uile, muishonde en muskeljastkatte ook gevrek.wat die vergiftigde rotte vang. Uit onkunde van die mense. 

So, kyk asb vir ń produk genaamd Racumin of soortgelyk om die rotte te beheer .

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 19:44

...dankie vir die raat. Ek sal by die kooperasie begin navraag doen. 

Ter plaatse sal dit dalk kortstondig 'n goeie ding wees as die mamba 'n vergiftigde rot verorber.

Onthou, ons is in 'n dorp waar jou genoemde diere lankal nie meer voorkom nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 27/02/2025 - 12:54

Reenspinnekoppe is baie volop hier, en raak sommer yslik groot.

My jop is om die wat inkom te vang en buite te sit. Die doen ek met ń sakdoek wat ek op my hand sit en dan bakhand bo- oor die spinnie sit en so dit netjies te vang sonder dat daar van sy, of haar, bene in due slag bly.

Verlede week sien Von twee wat skelm agter die blindings hulle eierpakkies vasgewoel het. Die wyfies pas die eierpakkies op tot net voor die kleintjies uitbroei. Sy sit op die pakkie.

Vandag het die klompie uitgebroei, en ek het die klomp, wat gelukkig styf teen mekaar gesit het, in ń joghurt bakkie beduie. Hulle was nogals verbasend groot.Spinnie

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 27/02/2025 - 13:01

Fotos laai sukkel weer. Hier is die klompie in die joghurtbakkie.

Spinnie2

Die Spinnekoppe is " ambush predators" hulle sit doodstil teen ń muur en wag vir ñ mot. Ons kry soggens die vlerkies op die vloer, en so gee die man sy hinderlaagpossisie weg. Ons het al begin dink dat die spinnekop feromone afsky wat die motte na hulle toe lok, anders is die kans op sukses darem net ongelooflik skraal dat ñ mot reg by dit kom sit.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 27/02/2025 - 15:07

So 'n paar minute gelede gehoor Daan skree vir die werker wat hom buite help. Sal later hoor wat die uiteinde was.

Raad t.o.v. slange wat pla en dan sommer vir die rotte ook: skaf katte aan! Saam met ons op die kleinhoewe (Buffelspoort) het 'n rondloper kat aangekom. Hy was nie 'n huiskat nie en baie wild. Ons het besluit om hom nie te troetel nie maar hy het elke dag 'n bakkie vars water gekry. Later het 'n maat bygekom en gevolglik ook kleintjies. Soms was hulle meer, ander kere weer minder, maar hulle het skynbaar lekker gebly en ons het geen las van muise of rotte gehad nie. Een dag wat Daan buite naby die werkswinkel was, het een kat by hom verby gevlieg, die groot Maroelaboom in. Toe hy opkyk was die kat in 'n geveg met 'n slang. Die mamba is dood, het op die grond geval en die ander katte het kom help om hom op te eetsurprise Ons het gedink dis 'n uitsondering en net die gedrag van wilde katte, totdat hier so twee weke gelede 'n dooie swartmamba op ons sypaadjie gelê het. Terwyl ons die storie bekyk en gewonder het waarvan hy dood is, kom 'n stapper verby. Die man wys toe vir ons die merkies naby die slang se kop en sê dat dit die werk van 'n kat is. Bure oorkant die straat het twee huiskatte. Nou glo ek dat dit 'n goeie teenvoeter is, en hoop dat ons altyd bure met katte sal hê.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 15:25

..dankie vir die mooi slang storie. Dalk moet ek ook 'n kat aanskaf.

Ek hou van siamese katte, maar vir slange moet dit seker verkieslik 'n serwetkat wees.

Ek kan amper nie glo dat 'n mak huiskat 'n slang sal aanpak en dood nie.

Die probleem is egter met die weggaan, iemand moet darem 'n kossie en water voorsien.sad

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 28/02/2025 - 09:23

Baie interessante (1 rok, 2 sokkieslaugh) inligting. Die grillerige gediertes moet maar liefs net buite bly. Ek dink nie hulle gaan so stil sit en wag om gevang te word soos Neef Herman se troeteldiertjies nie.

  • Gister se "snake, snake!" was toe nie 'n groot "hoo ha" nie, net 'n molslang. Hy is gelos om rustig sy pad te vind. 'n Paar weke gelede was daar laat een aand ook 'n verdwaalde een op ons stortmatjie - moontlik dieselfde een wat daarvan hou om saam met ons te bly.
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 28/02/2025 - 13:37

Jissie Rona, lyk meer soos ñ erdwurm as ń slang. Geen wonder jou katte sien kans nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 01/03/2025 - 13:44

Hierdie foto is van 'n regte egte molslang, belowe. Alhoewel hy nie giftig is nie kan hy baie seer byt, dus wou ek nie te naby gaan om hom af te neem nie. Op my selfoon waar ek die prentjie kan vergroot kry mens 'n baie beter idee van kop en skubbe. Die slange wat deur die katte gedood is was op Buffelspoort 'n wyfie boomslang (bruin) en hier was dit 'n swart mamba van +/- 1.5m. Vir Daan se tuinman was dit ook algemene kennis dat katte slange kan doodmaak. Ek glo dit nou en dit sal steeds baie interessant wees om van ander te hoor met meer kennis.

  • Die "erdwurm" is nie dood gemaak nie en bly seker steeds hier buite iewers. Ek het Daan se langste braaitang gebruik om hom met matjie en al buitentoe te sleeplaugh
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 26/08/2025 - 18:42

Vandag tel ek die skedeltjie op. Het my ń rukkie gevat om die te eien, maar ek glo stellig dit is ń ystervark. In die knaagdier familie.

Yster

Toe ek dit van naderby beskou, is die 4 " tandjies" sigbaar aan die agterkant.

Tandjies

Is dit nie vreeslik interessant nie, ek glo stellig dit is aanpassing ?? " in progress" wat nog nie verdwyn het nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/08/2025 - 10:08

Dis ‘n indrukwekkende paar voortande daardie. Geen wonder hulle kan die bas van ‘n boom so afstroop nie.
 

Half vreemd om te dink ‘n ystervark is ‘n knaagdier, maar dis die grootste een in Afrika as ek dit nie mis het nie. Definitief in Suidelike Afrika. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 31/10/2025 - 17:59

Verlede jaar het die swaeltjies wat binne die werkswinkel broei, hulle nessie geskuif, onder die loft vloer. Die kleintjies het uitgebroei, maar een oggend lê die kleintjies met ń klomp nes stukke op die vloer. Skroef toe ñ afgesnyde Joghurt bakkie op dieselfde plek vas, en sit die een oorlewende kleintjie met so paar nes stukkies daarin. Intussen sit die ouers  my in stilte en dophou . 

Die kleintjie het ook gedooi. Uit die nes gehaal en die o paartjie begin in alle erens ñ nuwe struktuur bou binne die Joghurt bakkie. Maak suksesvol 2 kleintjies groot.

Die jaar is hulle terug by die Joghurt bakkie, en twee kleintjies sit daar met hulle wit lipstiffie aan. 

Swaeltjies

Hoop nie hulle val uit die skewe nessie uit nie.blush Miskien moet ek byvoeg dat die klomp steur hulle gladnie aan my werksaamhede nie. Of ek nou grind, of swies is hulle heen en weer om my kop. Maar as Von daar instap, of ń vreemde, dan vloek hulle behoorlik. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 03/01/2026 - 15:00

Vanoggend in ñ stowwerige 2 spoor paadjie die mooi duidelike spoor gekry. Het al die afgelope paar jaar gekry, maar dit is maar skaars, ons paadjies hard, en los nie mooi spore nie.

Sppor

Hier sien mens mooi die verskil tussen luiperd en hond. Die hond se naels los merke, en die kussing aan agterkant verskil

Spore 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus