Goeiemôre! En toe word ons gegroet deur die winter met 'n lekker bui reën hier in Centurion vanoggend. Ek sit nou met my koffie en luister na die druppels wat val op die stoep se dak.
' n Lekker winter maand vir almal!
Goeie môre almal. Lekker…
Goeie môre almal.
Lekker nat hier in Kempton Park. 04:00 Het die weer gedreun en toe 'n harde bui reën geval. Nou gaan ons koud kry.
Lekker dag en bly maar warm en droog
More almal. Ai maar dit is…
More almal.
Ai maar dit is lekker om ń korybroek en t hemp in die oggend te kan aantrek!
Dit is koelerig maar baie ver van koud hier!
Julle moet ń gatskop dag hê.
Kort broek en....
More Arie
Ek stem saam dis lekker, maar nou wonder ek, staan jy in 'n warm plek, of staan jy net bloot laat op ?
Ek het nogal vroegoggend koud gekry in Kalahari, maar dan word dit nog 30C oor die middaguur.
Môre mense, dit is nie net…
Môre mense, dit is nie net amptelik winter van vandag af nie, dit voel ook ook so. Hier het ons gisteraand lekker reen gehad en vanoggend bewe tot die voëltjies, die kr7ip tot laat in hul nessies weg, seker met toe deure ook.
Wessel nee ek het gister by…
Wessel nee ek het gister by Moreson aangekom.
Hier word dit mos nie koud nie!
Van 10 vm al kaalrug!!
Wat het geword van....
Middag vriende
...persone soos Warren en Josef?
Die ouens het so stil geraak soos mense wat kampeer waar geen sein is nie.
So 10 km van Tshipise af ip…
So 10 km van Tshipise af ip pad ba Musina.
Ek het vriende by Tshipise so ja ek sal daar kuier. Vanoggend daar gaan ontbyd eet by die restaurant.
Kamo by Tshipise? Nie maklik nie, staan plekke klein en opmekaar, te veel dagbesoekers en al sulke goed.
Nee wat Moreson is duisend keer beter!!!
Wat het geword van.....
Wat het geword van persone soos Warren en Josef?
Die ouens het so stil geraak soos mense wat kampeer waar geen sein is nie.
Ek het self ook al gewonder wat het van Warren geword, mis nogal sy (soms) lawwe stories.
Goeie môre almal. Dit is…
Goeie môre almal.
Dit is maar kouerig hier in Gauteng. Vanoggend het die temperatuur meter die eerste keer 0° gewys. Lyk my ons gaan 'n koue winter tegemoet.
Lekker dag en bly maar warm.
Môre sê Kampforum
Ja, ek en koue is nie vriende nie, vernaam my voete en knieë.
Julle moet die koue dag geniet.
More forum more
More almal lekke koud en ja die koffie loop soos stroop gatskop dag vir julle
Goeie môre almal. Lekker…
Goeie môre almal.
Lekker dag vir ieder en elk
Goeie môre mense, genietjul…
Goeie môre mense, geniet jul dag ten volle, die wat kamp, wat kan ek se behalwe LEKKER.





Môre sê Kampforum
Hier in Daspoort ook 'n lekker bui 🌧️ reën geval, wonder of daar nog gaan val ? Ja dit kan net nog koue beteken?
Geniet jou dag voluit.