Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Junie 2021 koffie en groet

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre! En toe word ons gegroet deur die winter met 'n lekker bui reën hier in Centurion vanoggend.  Ek sit nou met my koffie en luister na die druppels wat val op die stoep se dak.

' n Lekker winter maand vir almal! 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 01/06/2021 - 06:56

Hier in Daspoort ook 'n lekker bui 🌧️ reën geval, wonder of daar nog gaan val ?  Ja dit kan net nog koue beteken?

Geniet jou dag voluit.

 

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 01/06/2021 - 07:11

Goeie môre almal.

Lekker nat hier in Kempton Park. 04:00 Het die weer gedreun en toe 'n harde bui reën geval. Nou gaan ons koud kry.

Lekker dag en bly maar warm en droog

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Tue, 01/06/2021 - 07:44

More more more. Yskoud in Jo hies. 10mm reen geval met vooruitsigte vir meer.

Mooi dag vir almal.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 01/06/2021 - 08:45

More almal.

Ai maar dit is lekker om ń korybroek en t hemp in die oggend te kan aantrek!

Dit is koelerig maar baie ver van koud hier!

Julle moet ń gatskop dag hê.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/06/2021 - 09:31

More Arie

Ek stem saam dis lekker, maar nou wonder ek, staan jy in 'n warm plek, of staan jy net bloot laat op ?

Ek het nogal vroegoggend koud gekry in Kalahari, maar dan word dit nog 30C oor die middaguur.

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 01/06/2021 - 10:46

Môre mense, dit is nie net amptelik winter van vandag af nie, dit voel ook ook so. Hier het ons gisteraand lekker reen gehad en vanoggend bewe tot die voëltjies, die kr7ip tot laat in hul nessies weg, seker met toe deure ook.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/06/2021 - 14:40

Middag vriende

...persone soos Warren en Josef?

Die ouens het so stil geraak soos mense wat kampeer waar geen sein is nie.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/06/2021 - 14:44

Middag Arie

Ek het gou op kaart gaan loer, jy is dus nou naby Tshipise oord?

Geen wonder dat jy warm weer ervaar nie. Jy gaan seker inloer daar om die swaeltjies te besigtig, of hoewink

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 01/06/2021 - 15:49

So 10 km van Tshipise af ip pad ba Musina.

Ek het vriende by Tshipise so ja ek sal daar kuier. Vanoggend daar gaan ontbyd eet by die restaurant.

Kamo by Tshipise? Nie maklik nie, staan plekke klein en opmekaar, te veel dagbesoekers en al sulke goed.

Nee wat Moreson is duisend keer beter!!!

0
pretoria

pieterc

Tue, 01/06/2021 - 20:42

Wat het geword van persone soos Warren en Josef?

Die ouens het so stil geraak soos mense wat kampeer waar geen sein is nie.

 Ek het self ook al gewonder wat het van Warren geword, mis nogal sy (soms) lawwe stories.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 02/06/2021 - 04:12

Goeie môre almal.

Dit is maar kouerig hier in Gauteng. Vanoggend het die temperatuur meter die eerste keer 0° gewys. Lyk my ons gaan 'n koue winter tegemoet.

Lekker dag en bly maar warm.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 02/06/2021 - 08:43

Ja, ek en koue is nie vriende nie, vernaam my voete en knieë.

Julle moet die koue dag geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus