Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -8 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/08/2021 - 20:02

Ons het môre twee Zoom-begrafnisse  -  een vanuit Pretoria en een vanuit Krugersdorp.

Beide is oorlede as gevolg van Covid-19 en ongelukkig was nie een van die twee oorledenes ingeënt nie.

0
pretoria

pieterc

Mon, 09/08/2021 - 22:34

Dit is vir my persoonlik n groot jammerte dat ons nie meer mense per dag kan inent nie.

Afgesien van die feit dat baie mense verkies om nie ingeënt te word nie ( vrye keuse - ek dink nie ons wil dit verder bespreek nie ) is daar ook baie mense wat ingeënt wil word, maar nie altyd die geleentheid of vermoeëns het om by die klinieke uit te kom nie. Baie ouer mense sien ook nie kans om vir ure in n tou te staan vir die ent nie en draai summier om as hulle die lang ry mense sien. My vrou vertel daagliks hoe ongeskik en snedig sommige mense is wanneer sy oumense of gestremdes voor hulle "indruk". Ek verstaan almal in die tou wil graag gespuit word, maar wees tog n bietjie verdraagsaam teenoor jou medemens.  Gelukkig is die klakouse in die minderheid.

En aan die ander kant van die prentjie hoor n mens ook van inentingslokale waar daar weinig mense is en jy letterlik dadelik gehelp word.

Ek was self baie onseker of ek moet inent of nie maar het n snaakse soort rustigheid ervaar nadat ek wel geënt is en kan nou nie wag vir my tweede ent op 18 Augustus nie. 

Ongelukkig dink ek die pes gaan nog n hele ruk met ons wees maar die mens pas mos maar aan by die omstandighede en die omgewing.

Sterkte vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/08/2021 - 20:10

Ek bied by voorbaat verskoning aan vir wat ek wil sê wat nie kampverwant is nie :-

Ek was vandag by my baie bekende kardioloog in die Kaap vir opvolg toetse na my hartaanvaal verlede jaar terwyl ek geopereer is vir kolonkanker.  Sy eerste vraag : "is jy al ingeënt teen Covid ?"  Gelukkig kon ek positief antwoord en hy bevestig toe dat hy en al die personeel van sy groot praktyk ook ingeënt is.  Hy sê toe ook : " Dis die beste ding wat jy kon doen vir jouself, jou gesinslede, vriende en ook vir ons mediese personeel wat na jou gesondheid moet omsien  -  baie dankie !"

Vir my was dit 'n aangename bevestiging dat inenting die regte ding was om te doen.

 

0
PRETORIA

Leeutemmer

Wed, 11/08/2021 - 08:01

Google Daystar en gaan na Covid. Luister wat die professor in virologie te se het. My punt is net, in die laaste 100 jaar kon hulle nie `n vaxine vir jou gewone verkoue en griep ontwikkel nie. (Ek praat nie van jou griepinspuiting nie) Hoe kry hulle dit reg met iets baie erger binne 6maande???. MAW die mense wat hom vat is die " guinepig". Maar net my mening. Enige vaxine moet blykbaar tussen 4 na 6 jaar getoets word vir veiligheid.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 11/08/2021 - 09:23

Enige vaxine moet blykbaar tussen 4 na 6 jaar getoets word vir veiligheid.

Dit is 'n goeie punt Leeutemmer.    

Ek dink weer dis nie 'n goeie punt nie, maar soos versoek, dis nie kampverwant nie en ek sal dit nie verder debatteer nie.  Met my kommentaar gister wou ek bloot my eie gerusstelling oordra wat ek ongevraagd van 'n bekende medikus ontvang het wat daagliks (letterlik) mense se lewens red. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/08/2021 - 10:42

Volgens die dokter van die Wes-Kaapse dept van Gesondheid was daar in die hoësorg eenhede van die twee hospitale nog nie ‘n enkele Covid pasient gewees wat ingeënt is nie. As dit nie genoeg bewys is om die inenting te kry nie weet ek nie wat sal wees nie.
 

Verder sê hy dat ons nou verby die kruin van die derde vlaag infeksies in die Wes-Kaap is, maar dat ons steeds in ‘n baie gevaarlike tydperk is. Ons het bv in Februarie Covid gekry, toe die tweede vlaag se kruin ook reeds verby was. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 11/08/2021 - 11:34

Ek en Ralie het beide ons 2de Pfizer-inenting ontvang - en dit spreek reeds van wat ons glo is reg. Andere het ander standpunte, maar ek wil glad nie in die debat betrokke raak nie.

Eergister het 'n dame wat langs ons gekamp het vir die langnaweek, my probeer oortuig oor dinge wat sy glo (niks te doen met inenting al dan nie). Ek het net geluister (of het ek?) sonder om enigsins in 'n debat betrokke te raak. Daar is tye wat 'n mens maar liewer moet stilbly.

Op hierdie draad bly ek ook maar liewer stil.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 11/08/2021 - 11:41

Ek sien die video wat ek vroeër geplaas het van die Dr en kenner oor ummuunstelsels en hoe hy die CDC se stellings uitdaag is verwyder vannaf  Youtube.      Lyk my Asclepius hou nie daarvan nie?

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/08/2021 - 12:02

Deesdae moet mens alle media met ‘n knippie sout neem. Veral wat Covid betref is daar soveel gerugte en soveel onbekend dat jy uit tien bronne maklik tien verskillende sienings gaan kry. 
 

Elkeen moet maar vir hom- of haarself besluit oor die inenting en of hulle dit gaan kry. Ons weet nou al wat mekaar se standpunte daaroor is, en dit help niks om mekaar anders te probeer oortuig nie. Kom ons aanvaar mekaar se keuses in die verband, en beplan jou volgende toer.
 

Ons het amper die afgelope naweek saam met vriende Slanghoek oord toe gegaan, maar dit was darem te vinnig na ons afgelope toer. Ons sal die langnaweek in September weer haak. Desember is reeds bespreek en 50% betaal en die naweek van my 50ste verjaardag in Januarie gaan ons na die Eike naby Tulbagh (reeds bespreek maar ek het gevra of ek die deposito na die 25ste kan betaal. Die afgelope toer was duur).  

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 11/08/2021 - 12:51

My kleinseun se juffrou was Februarie ge-ent, Maandag oggend is my dogter per whats app in kennis gestel dat dat sy positief getoets is en die kinders moet nie Dinsdag skool toe gaan nie. (Eers klas de-sanitise)

Saterdag oggend het my my Adriaantjie erg begin siek word, Dinsdag vat my dagter hom dokter toe, vanoggend sy uitslag gekry, hy en sy boetie, van 4 is albei positief.

Die onderwyseres het dus 'n paar kinders in haar klas aan gesteek, wat weer ander aan gesteek het. Ons almal, weet kinders word nog nie ge-ent nie. Adriaantjie het Saterdag aand by my geslaap en ek het sy borsie paar keer met wicks gesmeer omdat hy verskriklik gehoes het.

Ek wonder maar net, hoekom word so baie dinge van die publiek weg gehou, dit verdwyn net so vinnig as wat dit verskyn.

Is daar dalk waarheid in? 

Van daai video grepe van Dr Vanden Boschen verdwyn ook.

Waar is vryheid van spraak dan nou heen, of pas dit nie die groot geld makers nie nou nie.

 

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 11/08/2021 - 13:18

Sterkte daar met jou kleinkinders weet hulle sal vining weer gesond wees

0
Irene

Grootwind

Wed, 11/08/2021 - 16:40

Mens kan jou verstom aan die stories wat mense gebruik om 'n rede te soek waarom dit nie veilig is om 'n Covid-19 inenting te neem nie laugh Dis regtig nie "rocket science" om meeste van die stories te "fact check" nie. Hier is 'n paar...

Iemand is ingeent en het steeds Covid-19 opgedoen en ander aangesteek, maw die inenting werk nie. Antwoord hierop is dat geen inenting 100% effektief is nie, in die Covid-19 geval is die effektiwiteit rondom 88% vir Phizer en effe minder vir die J&J ene (teenoor die Delta variant)- maar wat saak maak is dat alle covid inentings jou beskerm teen ernstige of dodelike siekte enigiets bo 50% word as goed beskou deur die wetenskaplikes in hierdie veld). Maar omdat die meerderheid mense wat ingeent is nie Covid opdoen nie is daar aansienlik minder mense wat dit wel opdoen en dan ander aansteek. Mens se keuse is dus 'n no-brainer? Moenie 100% verwag nie jy sal dit NOOIT kry nie, maar entstowwe maak 'n hengse verskil..

How long does it take to develop a vaccine? | World Economic Forum

Dit neem 4-6 jaar vir 'n entstof om ontwikkel te word. Doen bietjie navorsing en kyk na wanneer die meeste entstowwe vandag oorspronklik ontwikkel is, meeste 50 jaar of so gelede. Kyk gerus na historyofvaccines.org om 'n tydlyn te sien. Sekerlik het tegnolovgie en die mensdom se kennis aansienlik verbeter in die laaste 50 jaar? As ons wil eerlik wees sal ons moet erken dat baie van ons se kinders vandag leef en gesond is omdat hulle 'n klomp inentings gekry het itydens hulle kinderjare, selfde geld vir ons ook? Gaan lees gerus ook 'n artikel wat in Nature verskyn het (dis een van die mees hoogaangeskrewe joernale wat bestaan). Die artikel kan afgelaai word by https://doi.org/10.1038/…

Daar was reeds baie navorsing in plek gewees danksy die SARS en MERS korona virusse van so 'n klompie jare terug, toe Covid ons tref was die basiese kennis reeds in plek insluitende sowat 10 jaar se navorsing op die mRNA tegnologie wat beide Phizer en Moderna gebruik was reeds gedoen. Plus byna elke groot land asook duisende wetenskaplikes het onmiddelik begin werk en geld bygedra...rede hoekom verkoues nie 'n prioriteit is nie is tog duidelik? Boonop word Covid-19 as 'n bestaanskrisis vir die mensdom gesien, laaste kere wat dit gebeur het was met die Spaanse Griep (1918) en die Swart Pes (rondom 1350) en toe was entstowwe basies onbekend!

Ek gaan my nie laat inent nie want die inentings teen covid is nog nie bewys nie. As dit jou rede is stel ek voor jy doen bietjie huiswerk? Rondom 4.5B mense het reeds een inenting ontvang en omtrent 1.3B is reeds volledig ingeent - lees gerus op hoe "dit nie werk nie"!. (Sien Our World in Data webblad). Dis ook bekend dat persone wat nie ingeent is nie basies die groeimedium verskaf aan die covid virus om verder te muteer, en ons weet ook nou al dat elke mutasie meer skade aanrig as die vorige ene. Vraag om mens self af te vra is dus of jy deel van die probleem wil wees of deel van die oplossing? Ek verkies lg. !

Sê maar as julle nie saamstem nie...smiley

 

0

Johann, die Dr vanden Boscen word wyd beskou as iemand wat sy eie agenda dryf. Hy is inderwaarheid 'n veearts wat langs die pad 'n PhD in virologie gedoen het.  Lees gerus die volgende deur iemand van McGill universiteit in Kanada, lyk asof die goeie dokter se stellings redelik dun is wat geloofwaardige data aanbetref?

https://www.mcgill.ca/os…

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 11/08/2021 - 17:52

Vir my gaan dit nie oor "feite" soos deur die "slim mense met dik brulle" (selfs hulle verskil) gegee word nie, dit gaan oor vryheid van keuse.

Nou word die wat nie wil ent nie, as "dom" af gemaak, oorde moet toe wees vir ongeente persone hulle mag nie reis ens ens ens.

EK IS GE-ENT, maar kan nie die persoon wat nie wil ent nie as dom, selfsugtig ens af maak nie. Die feit dat ek geent is maak my nie beter as ander nie, en ek nie minder aansteeklik vir ander nie. Hiermis bewys by my kleinseun se skool

Dit is waarom ek die draad begin het, met die titel "VRIENDELIKE DEBAT VOERING", my kleinseun het by sy jufrou aan gesteek, sy is alreeds Februarie geent. 

Ons moet dus asb ophou om die wat teen inenting en, of teen ivermektin af te kraak met woorde.

Laat die son maar gerus oor elkeen se kop skyn. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus