Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.
1. Die onlangse geweld in die land:
Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;
Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?
Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"
Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.
Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?
Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?
2. Inenting:
Blykbaar 'n sensitiewe saak.
Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.
Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.
My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.
My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?
Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.
In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.
Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.
Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.
Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.
Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.
Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan. (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))
Len hy is zeker nie 'n…
Len hy is zeker nie 'n bekende mens nie
Net' n mens wat sê hie hy voel?
Neef skud maar net sy kop…
Neef skud maar net sy kop. Tyd sal leer wie gaan oorbly in die genepoel.
Lees gister in die Daily Mail van die 42 jarige gesondheids freak, hy het geglo dat hy net ligte simptome sal kry. Sy laaste woord voordat hy onder n ventilator geplaas is " Ek moes maar die entstof gevat het". Was toe sy laaste woorde.
'n ander uitkyk ...
Iemand het die vraan vir my gevra (ek kan dit nie antwoord nie en ook nie bevestig nie)
"Hoekom word die bar-code van die inenting teen jou naam by Binneland se saake op die stelsel aangeteken ?"
Seker om jou lewe te beskerm…
Seker om jou lewe te beskerm Willem? Ek glo binnelandse sake gee baie om vir jou.
Ek sien op 'n web blad van…
Ek sien op 'n web blad van WHO die laagste hospitalisasies is rokers.
Inentingskaart
"Hoekom word die bar-code van die inenting teen jou naam by Binneland se saake op die stelsel aangeteken ?"
Alle aanduidings is dat jou inentingskaart ‘n paspoort gaan raak waarsonder jy nie sal kan reis nie. Dalk is die strepieskode om vervalsing te probeer bekamp. In ons weeklikse vergadering oor Covid het die dokter van die Wes-Kaapse Dept van Gesondheid gister gesê dat daar reeds berigte is van vervalste inentingskaarte wat in die Weskus distrik verkoop word. Ook net in SA...
Bar code
die bar-code
Ek stem saam met ChrisS se kommentaar hierbo - dit gaan beslis 'n wêreldwye vereiste word.
hy is seker nie 'n bekende mens nie
Net' n mens wat sê hoe hy voel?
Om aan jou vriendekring persoonlik of op 'n forum te sê hoe jy voel is sekerlik niks mee fout nie. Andersins, om dit op sosiale media uit te blaker, is na my mening twee verskillende dinge - veral omdat niemand die skrywer ken nie en die skrywer die hele wêreld as sy "teikengroep" sien. Dis presies hoe sameswerindteorieë werk.
Die barcode (ook QR kode) is…
Die barcode (ook QR kode) is die spesifieke ampule se batch en ampule nommer, so 'n ruk na jou inenting is jy veronderstel om ook 'n SMS van Dept Gesondheid te kry met 'n verwysing van jou inenting (het sowat 'n maand na die 1ste ene so iets gekry, wag nog vir 2de een se sms). Heeltemal reg dat sonder die bewys van inenting jy ook nie 'n inentings "paspoort" sal kan kry nie, die VK bv. laat nou mense van sekere lande toe met bewys van volle inenting om in te kom sonder dat 14 dae isolasie nodig is, geen bewys, geen toegang (of 14 dae isolasie op eie koste). Baie Eusopese lande het ook nou reels in plek wat bewys van volledige inenting vereis selfs om restaurante, teaters, ens te kan besoek. Franse beboet ook instansies wat mense sonder bewys toe laat. Al hoe meer lande begin nou ook sekere sektore soos onderwysers, gesondheidswerkers, ens. se inenting verpligtend maak, as jy inenting dan weier is jy skielik ook werkloos. Dink dis nog early days voor die nodige stelsels om dit effektief te kan monitor in plek is, maar die basiese goed sou ek dink is reeds in plek, soos die vang van die ampule info.
Dr Mendelsohn van Grootte…
Dr Mendelsohn van Grootte Schuur ICU sê vanoggend in die pers dat elke enkele Covid pasient tans in sy ICU mense is wat nie ingeent is nie . Sien die artikel:
Terloops Dr Mendelsohn is ook professor in aansteeklike siektes by die Universiteit van Kaapstad.
Tyd sal leer wie gaan oorbly…
Tyd sal leer wie gaan oorbly in die genepoel.
Ek dink dit sal die wees wie se gene en natuurlike immuniteitstelsels 'n natuurlike weerstand kan bied?
Pas verneem dat een van my…
Pas verneem dat een van my vrou se kollegas opgeneem is met ernstige Covid, haar man is daaraan oorlede 'n week terug. Hierdie is jong mense in hulle 30's met jong kinders wat ook nou positief getoets het....hierdie virus is nie enigeen se speelmaat nie,
As mens vir die Raper ou se…
As mens vir die Raper ou se stories val sal jy seker enigiets glo? Dis nie eers 'n alternatiewe uitkyk nie, dis bloot twak. Duidelik iemand wat geen benul het waarvan hy praat nie?
Dis erger as wat ons dink
Volgens die dokter by die Wes-Kaapse dept van Gesondheid word net kwesbare mense tans getoets vir Covid by ons, om druk op die laboratoriums te verlig. Dit beteken dat daar afgesien van die asimptomatiese gevalle (wat onder die radar deur glip) nog baie meer positiewe gevalle (tot drie maal meer) is as wat die statistieke toon. Daar is dus vrek baie mense om by aan te steek. Hou daarom aan versigtig wees en om kontak te vermy.
Daar word tans sowat een miljoen mense ‘n week ingeënt in SA, en teen einde verlede week was 7,5 miljoen mense ingeënt in totaal. As die tendens voortduur, gaan ons eers teen die tweede week van Januarie ons teiken bereik om ‘n groot genoeg deel van die volwasse bevolking in te ent. Ons kan dus glad nie bekostig om nie meer by die maatreels te hou nie.
Ons bure.....
Ons bure is jong mense in hulle 30's met twee kleintjies van 3 jaar en 2 jaar. Albei ouers is positief vir Covid getoets en is baie siek. Beide oupas en oumas is bejaard en woon op plase ver hiervandaan. Dis nou 'n helse uitdaging om siek te wees met klein kindertjies en te probeer isoleer.
Di die hartseer van die…
Dis die hartseer van die virus Len. Hoe op aarde vra mens nou dat Ouma en Oupa na die kleintjies kyk wel wetende dat hulle waarskynlik by die kleintjies sal aansteek en doodgaan, dis nou as hulle nie volledig ingeent is nie. En wat gebeur as die ouers moet hospitaal toe gaan?
Intresant ...
Nog iets om na te luister.
Pathologist, Dr. Chris Martenson takes a look at Ivermectin.
Hierdie...
Hierdie is 'n Amerikaanse patoloog wat die video in Desember 2020 gemaak het. Hy is heeltemal te uitgesproke om my aan te beveel om van my dokters ontslae te raak en 'n ander te soek tot ek een kry wat Ivermektien aanbeveel.
Ek hou by wat my dokters vir my aanbeveel wat strook met die meerderheid wêreldwye mediese kundiges om my te laat inent en weg te bly van hierdie medikasie wat vir diere-peste ontwikkel is.
Dalk moet mens ook eers…
Dalk moet mens ook eers bietjie stilstaan en vra wat 'n pataloog doen? Die antwoord is genoeg om mens twee keer te laat dink
Dankie, maar ek verkies dokters wat my lewendig probeer hou bo dokters wat my oopsny om uit te vind wat my met die ewige laat verwissel het!
Bietjie navorsing oor die ou neem mens reguit na Amerikaanse groeperings wat as "anti-vaxers" en "conspiracy theorists" bekend staan. Lyk asof hy glad nie praktiseer, doen glo finansiële toekoms vooruitskattings. Hy gee homself nogal uit as een van die wereld se top-Covid experts! Hemel behoede ons






Wie's hy ?
Paul Raper : wie's hy ?
Op Linkit is daar 'n hele klomp Paul Rapers - ek wonder watter een van die spulletjie is hy ? (Toegegee, ek is nie só ingelig dat ek alle bekende, mediese wetenskalikes en historici ken nie).
Al die baie goed wat hierdie kêrel "I have nevers seen................." was nog nooit so dodelik, vinnig en wêreld-verspreid soos wat Covid-19 oor die hele wêreld toegeslaan het nie ten spyte daarvan dat ons in 2021 oor soveel meer kundigheid en moderne ontledingstegnologieë beskik.
Neewat, hierdie outjie se storietjie (of soos Anton sê, "'n ander uitkyk") beïndruk my geensins nie.
Ns. Niemand sal stry dat daar ook tussenin 'n klomp twak versprei word om nie-inenters te probeer oorreed om tog te laat inent nie. En dit gaan my verstand te bowe dat die argument aangebied word dat die vaksiene nog nie deeglik nagevors is nie - kan dit nie ingesien word dat hier 'n wêreldkrisis is en dat daar nie genoegsame tyd is om teen die gebruiklike slakkepas navorsing en proewe te doen nie ?