TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

Onthou jy jou eerste kamp

Secunda
Submitted bySleep nou onThu, 29/07/2021 - 14:02
Forums
Onthou julle nog julle eerste kamp en met wat het jy gekamp was jy alleen of saam iemand of saam n groep Ek het n twee man tent by my oorlede Pa gekry in 1985 ek was toe in standard 9 gewees die tent het voor n paal gehad met twee anker toue en agter ook n pal met twee anker toue met twee kante voor en twee kante agter wat jy met tent penne vasgeslaan het so jy het 8 tent penne gehad en walla bob is my uncle baie innie bos gekamp voor in pad se kant van Cloth of gold straat vandag loop die pad vanaf Tzaneen waar hy in kom in Phalaborwa dan loop pad reguit verby van n stukkie bos wat nou nog oorgebly het waar ek gekamp het (boskamp) reguit verby spar aan jou regter kant 7 SAI reguit aan en dan in Phalborwa Kruger hek in daar innie bos wip getel voels gebraai myma soms n luukse so tussen ingegooi met haar krimel pap wat sy aangetra het ja daar het my liefde vir kamp met min tot niks tot stand gekom vandag 36 jaar later n sprite swing gekoop vir my en Berdien se normale kamp en besig om my Ranger reg te kry met n Eazy Awn Blade RTT en wat saam dit te part gaan vir overlanding en net lekke off grit camping hoe het jy begin kom vertel gerus
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 29/07/2021 - 14:59

My eerste kamp, ek en 'n vriend het Durban toe geryloop en ons het die 2 man tent in die bosse weg gesteek toe ons sy meisie hulle op die strand gaan soek het met die terugkom was als weg.  Ek het net my swembroek aan en Koos het nog 'n hemp ook aangehad.  Dit was in 1973 en daar waar U-Shaka van dag is was net so 1.5m(+) bos.

My eerste regte kamp was toe ek in Secunda gebly het (1982-1987).  Ek het 'n ou oom se Sprite gehuur (dink dit was iets soos R5 per dag) so dit was seker in 1984 gewees.  Ek het plek bespreek by Leslie Falls (as ek reg onthou) my X se een broer hulle was oppad Kaap toe (sy vrou het 'n vlieg trip met Surf gewen) en hulle het deur gekom vir die kamp.  Die plek het jy in 'n gat af gery en aan die een kant was daar 'n grot wat agter 'n waterval was as dit gereën het waar hulle musiek gemaak het.  Daar is baie kampvuur stories oor daai naweek.

Ek het my eerste karavaan Jan. 1987 gekoop, Gypsey 4 gekoop.

Vaalpark

Johann L

Thu, 29/07/2021 - 17:09

My eerste kamp was saam met 'n girl en haar ouers by Aldam, (as ek die naam reg onthou?) tussen Welkom en Bloemfontein, dit was 1971.  Kan nie eers meer onthou wat se karavaan dit was nie, maar die oom het met 'n Vallient Rebel gesleep.

My "werklike" eerste "kamp" was 1960, saam met my oupa in 'n skoolbus af kaap toe, ek tel dit nie regtig nie want ons kinders en die vrouens het in die bus geslaap en die manne onder en langs die bus.

My eerste karavaan het ek 1982 gekoop, Alpine, maar die ou Datsun Laural 2.8 outo het swaar gesleep aan daai hoë karavaan. Dit het nie veel gekos om my vrou te oortuig ons moet maar 'n "pop up" koop nie. In 1984 koop ons toe 'n Sprite Sport, en daar het die ding regtig begin.

Ons eerste self kamp was by Groenoewers tussen Denysville en Saslburg in 1982 maar het baie saam met my skoonouers by Rusteburg Kloof en Rob Ferrari by Christiana gekamp.

As jong seun het ek en my broers baie met vistokke langs die plaas dam met kombers tente gekamp. Ook dit tel ek nie regtig as kamp nie want dit was so 1/2 myl van die huis af.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/07/2021 - 17:52

Ek is op 2 Augustus 1969 getroud en op 3 Augustus 1969 kamp ons die eerste aand op ons wittebrood in ons splinternuwe Sprite GT wat die vorige week gekoop is.  Hier staan ons by ons nuwe wa net voor ons vertrek na Balito aan die Natalse Noordkus :-

.

En hier het ons klaar kamp opgeslaan by die see (kyk net daardie spierwit ankertoue) :-

.

Dit was ons heel eerste kamp en sederdien het daar nog altyd 'n karavaan op my werf gestaan.

My eerste kamp, waarvan ek kan onthou was so in die omgewing van 1976. Dit was so jaar of wat voor ek skool toe is. Ons het in van Der Hoff weg gebly reg langs 'n hasie (Caltex) vulstasie. My pa het daai tys juis vir Caltex gewerk, seker so kuins oorkant waar Willem nou bly.

My pa het 'n groot V8 Chef El Camino bakkie gehad en die karavaan daarme gesleep. Wat ek kan onthou is dat my ma 'n spons vir agter in die bakkie oorgetrek waar ons kinders gele/sit het. Ons het baie vroeg die oggend gery na die see toe. Dit was die eerste en enigste keer dat my pa by die see gekamp het. As ek reg kan onthou was dit by Sordwanna. Ek dink dit is naby St. Lucia.

Daarna was daar baie gekamp, meeste in die Kruger Nationale Park.

Centurion

Voortrekker

Fri, 30/07/2021 - 10:27

My eerste kamp(e) vandat ek uit my ouerhuis en weermag was, was ' n stap en kamp roete met klein een man tentjies.  4 weke stap en wild kamp al langs transkei kus saam met my broer.   1994

Nou dat oom Voortrekker dit noem...

My en moeder se eerste kamp as wettige getroude paartjie was in 1995 by Port Edward. Ons was die enigste kampers in die oord gewees.

My pa het daaityd 'n 1990's Sprite Scout gehad, daai "half loaf" model wat agter oopmaak. Ek het hom gesleep met my 1.6 Opel Monza.