Middag vriende
Wie van julle is bewus van die oord, en wie was al daar.?
Ek het toevallig in 'n Weg sleep van die plek gelees. Uithoek het ook 'n webblad waar julle kan gaan loer.
Dit lyk vir my na 'n ideale oord, naby Clarens, naby Golden Gate, as mens die omgewing wil verken.
Lapskag...
Môre Johan
Dankie vir die info. Ek het nie besef dat die plek redelik nuut is nie. Ons wil weer 'n draai in Oos Vrystaat ry, dalk oppad Drakensberge toe.
Ek is baie skepties om in Golden Gate te kampeer, en ek twyfel of daar nog iets oor is van die kampeerterrein.
Verlede keer het ons in Meiringskloof gestaan, wat amper in Fouriesburg is. Die oord en ablusieblok was toe baie afgeleef, en het baie aandag gekort.
Daar is oor die algemeen min inligting beskikbaar oor goeie kampeerplekke in daai omgewing.





Hi Wessel, ons het so paar…
Hi Wessel, ons het so paar maande terug daar verby gery en gaan kyk. Die oord is net buite Fouriesburg. Skoon en netjies met wild ook. Van die shalets was klaar en nog so paar in aanbou. Alles so tussen die berge en doodstil daar. Seker 3 tot 4 km grondpad. Die ablusies was ook baie skoon gewees. Die mense wat wel daar was kom gereeld soontoe.