6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Sosaties...............

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

...................is nog een van my voorkeur braaigeregte. Wat sê jy ?

  • Hou jy ook daarvan om sosaties te braai en indien wel, watter tipe sosaties verkies jy ?
  • Watter vleis moet op die sosatie-stokkie wees en wat moet alles tussenin gevoeg word ?
  • Maak jy die sosaties self of koop jy dit by jou slagter/afdelingswinkel ?
  • Verkies jy dat dit 'n kerrie-geur moet hê en indien nie, watter soort marenade moet dit in lê voor braaityd ?
  • Vries jy jou sosaties totdat braaityd aanbreek ?
  • Hou jy van sosaties as 'n hoof-braaigereg of moet dit deur ander braaivleis gekomplimenteer word ?
  • Braai jy sosaties in 'n toeknyp-rooster of draai jy elkeen met 'n tang om ?

Sal graag wil hoor wat jou voorkeure is ?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/12/2022 - 06:13

sosaties nie.

Ek sal baie selde sosaties braai, bloot omdat dit so moeilik braai. Nie een blokkie is ewe groot nie, en as dit gekerrie is, wil ek dit nie op my werf hê nie.

Pretoria

Geert

Thu, 08/12/2022 - 08:04

  • Hou jy ook daarvan om sosaties te braai en indien wel, watter tipe sosaties verkies jy ? Ja, ek verkies n lekker sosatie bo n stuk steak
  • Watter vleis moet op die sosatie-stokkie wees en wat moet alles tussenin gevoeg word ? Enige vleis op sosatie is lekker....hoender, bees, skaap en vark. Ek hou van uie, green pepper, mushroom, pynappel by hoender....nie so mal oor vrugte in sosaties nie
  • Maak jy die sosaties self of koop jy dit by jou slagter/afdelingswinkel ? Omdat mens nie altyd baie tyd het nie, veral omdat ek verkies om dit n dag vooraf te maak sodat vleis lekker kan marineer, koop ons gewoonlik. Maar sosaties met die ekstras tussen in is soms skaars....slagters het die gewoonte om net blokkies vleis op te sit en in n marinade te gooi
  • Verkies jy dat dit 'n kerrie-geur moet hê en indien nie, watter soort marenade moet dit in lê voor braaityd ? So n kerrie sosatie gaan altyd baie lekker af. Uitkyk slaghuis naby ons het so n Malysian curry marinade....heerlik, mens druk jou vingers kort-kort in die sous om te proe. Met vark is Sweet en Sour nogals lekker
  • Vries jy jou sosaties totdat braaityd aanbreek ? Indien moontlik, braai ons dit vars
  • Hou jy van sosaties as 'n hoof-braaigereg of moet dit deur ander braaivleis gekomplimenteer word ? Soos genoem hou ek meer van n sosatie as n stuk steak.....so ek sal maklik as hoof braai gereg eet, al moet ek nou 2 of 3 eet. Dis ook lekker om die volgende dag n koue sosatie te eet.....veral in die kar in n plek soos KNP as jy wildsbesigtiging doen
  • Braai jy sosaties in 'n toeknyp-rooster of draai jy elkeen met 'n tang om ? Ek gebruik eintlik nooit n toeknyp rooster nie....geniet die omdraai met n tang
Worcester

Wildehont

Thu, 08/12/2022 - 10:37

Ek wil nou nie die gesprekslyn kaap nie, maar by die wors een het iemand ook die mening geöpper dat vleis wat gevries was smaak verloor. Ek het geen probleem daarmee om vleis (braai of ander soorte) te vries nie. Ek vries dus wel sosaties van tyd tot tyd.
 

Ons koop ons vleis, selfs vir lang toere, meestal voor ons weggaan. Daar is geen manier dat jy dit kan vars hou tot jy die laastes twee weke later eers gebruik nie. Ons kom ook min aan die ander kant van die tonnel, so Joey’s wors word in grootmaat aangekoop en gevries. 
 

Ek vries selfs biltong, en ek glo nie vries belemmer vleis nie. Dit moet net ordentlik geseël bly voor en tydens die vries proses. Anders kry dit vriesbrand (eie vertaling). Vries- en yskaste droog goed uit as dit nie geseël is nie. Ek glo ook nie daaraan om iets wat ontdooi het weer te vries nie. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/12/2022 - 10:53

Ek ondervind ook geen probleme met die vries van vleisprodukte nie. Ons koop tuis kleinmaat en vleise wat vakuum verpak is, word gevries tot so 'n week, en dan verbruik.

As ons lank weggaan, koop ons baie vleisprodukte aan, en dit word vakuumverpak en hard gevries. So bly dit in die Nat.Luna's terwyl ons kampeer. 

Ek kon nog nooit agterkom dat kwaliteit en selfs smaak verlore gaan nie,

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 08/12/2022 - 14:20

Ek geniet 'n lekker sosatie, maar dit is só selde dat winkel- of slaghuissosaties na my smaak is. Gevolglik koop ek nie sommer sosaties nie. Die enkele kere wat ek wel sosaties braai is wanneer ek dit self maak (baie lanklaas dit gedoen).

Anders as Wessel, is 'n kerrie-sosatie my gunsteling - maar dan gemaak volgens tannie Susan Laubscher ('n oorlede vriendin van my oorlede ma) se resep. Eintlik lees die resep vir kerrie-varktjops, maar dit werk ook uitstekend vir sosaties. Ek verskaf dit met graagte as enigeen dit verlang.

Intussen in antwoord op Len se vrae hierbo, die volgende:

  • Hou jy ook daarvan om sosaties te braai en indien wel, watter tipe sosaties verkies jy?  Ek gee my nie juis uit vir 'n sosatie-braaier nie, maar soos reeds genoem hou ek van 'n kerrie-sosatie. Maar dan 'n lekker kerrie-sosatie - nie sommer 'n supermark of slaghuis s'n nie.
  • Watter vleis moet op die sosatie-stokkie wees en wat moet alles tussenin gevoeg word? Vark en rump steak blokkies afgewissel met gedroogde (vooraf geweekte) appelkose tussenin.
  • Maak jy die sosaties self of koop jy dit by jou slagter/afdelingswinkel? As ek dit nie self maak nie bly ek daarsonder.
  • Verkies jy dat dit 'n kerrie-geur moet hê en indien nie, watter soort marenade moet dit in lê voor braaityd? Kerrie - en niks anders nie.
  • Vries jy jou sosaties totdat braaityd aanbreek ? Ek het al by geleentheid my vark- en rump steak blokkies vooraf (afsonderlik) vakuumverpak binne die sous (ala tannie Susan Laubscher se resep) en dit gevries om saam te neem met vakansie. Ek ontdooi dit by my bestemming en maak my sosaties daar op.
  • Hou jy van sosaties as 'n hoof-braaigereg of moet dit deur ander braaivleis gekomplimenteer word ? Gewoonlik as 'n byvoeging by ander braaivleis.
  • Braai jy sosaties in 'n toeknyp-rooster of draai jy elkeen met 'n tang om ? Almal weet teen hierdie tyd dat dié vent 'n Weber-holic (Smokey Joe) is en daarom word die sosaties individueel gedraai.
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 09/12/2022 - 06:25

Ek gee dit graag. 

1 bottel asyn; 1 eetlepel kerriepoeier; 1 hoog teelepel borrie; 2 koppies suiker; 3 lourierblare; 4 groot uie in ringe gesny; halwe teelepel droë mosterd; 2 teelepels sout; 6 heel naeltjies en 6 vars suurlemoen- of lemoenblare.

Kook alles saam en bind met 1 eetlepel maizena. Sny vleis in blokkies, strooi sout en peper oor vleis. Laat kerriesous afkoel en gooi oor vleis. Laat staan 2 dae in yskas en roer van tyd tot tyd. Ryg op stokkies, tesame met gedroogde (geweekte) appelkose of ontpitte pruimedante.

Hierdie sous werk ook uitstekend vir kerrie-varktjops.

Vir sosaties gebruik ek persoonlik varkvleis en rump steak. 

 

Worcester

Wildehont

Fri, 09/12/2022 - 06:55

Ek gaan sommer die naweek van die marinade maak en vleis in blokkies sny en inlê om saam te vat Dwarswegstrand toe en daar op stokkies te ryg om te braai. Ek glo hoender sal ook werk. Net om die vleis af te wissel.  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 09/12/2022 - 07:54

Chris, ek het die resep op sy eie hier geplaas, jy moet asb. net vir ons 'n foto op die hoof gesprek plaas, jy kan hom ook "edit" om die foto te plaas. 👏🏻👍🏻

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 09/12/2022 - 13:06

Hou van n lekker kerrie-rumpsteak met vrugte is sosatie. Onthou van my kinderdae, was daar boeresport so ent van Middelburg Tvl af, Praat nou van hier vroeg in die 60's en daai sosaties se smaak onthou ek tot vandag nog.

Ek is te treurige braaier met sosaties, op n manier brand die marinade swart, of as ek dit stadig braai, is dit kurkdroog. Chris B sal ons hopelik weer eendag raak-kamp sy sosaties is nes my smaak daarvan hou. Hopelik is Wessel ook daar met sy skilpadjies...manne, hy mag maar.

Worcester

Wildehont

Fri, 09/12/2022 - 13:48

Ek braai meeste vleis naby die kole op hoë hitte en nie te lank nie. Biefstuk (rump, sirloin en fillet) bv werk ek op 3, 3, 1, 1 (dis nou minute aan ‘n kant en ek gooi na elke drie speserye oor). Selfs ‘n platgeslaande hoenderborsie braai ek vinnig oor lae hitte, anders raak dit droog. Ek braai nie so gereeld sosaties nie, maar as mens dit te stadig braai gaan dit ook taai of droog raak. Die uitsonderings is ‘n plat oopgespalkte hoender, wors, ribbes en tjoppies. Hulle doen ek hoog bo die kole en stadig. Terloops; dis gewoonlik suiker in marinade wat swart brand. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 09/12/2022 - 14:24

... my sosaties oor "stadiger" kole. Ek bedruip die sosaties met die sous tydens elke omdraai. Om 'n droë sosatie te verhoed, gebruik ek vleisblokkies (vark en rump) wat elk oor 'n lekker lagie vet beskik. Gevolglik braai ek nie sommer slaghuis- of supermark-sosaties nie. En ek het nog nooit hoendersosaties gebraai nie. Behalwe vir die enkele kere wat ek al sosaties gebraai het, marineer ek nooit enige vleis vooraf nie. Lam kry geen bedruipsous nie, maar ek is lief om Jimmy's se "basting" op hoender, vark en steak te gebruik net voor ek dit van die kole afhaal.

Maar weereens - ek gee my nie uit as 'n voorste sosatiebraaier nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 10/12/2022 - 14:28

Ronald Reagan het, met verwysing na Jimmy Carter se "claim" dat hy elke dag 'n koue stort neem, gesê dat iemand wat dít sê sal lieg oor ander goed ook.

Ek haat die smaak van soetrissies met só 'n passie dat ek dieselfde wil sê van iemand wat beweer dat soetrissies (veral die groenes) smaak lekker. So iemand sal lieg oor ander dinge ook.laughdevil

'n Ou kennis van my my het gesê dat die Liewe Vader het tamaties geskep. Toe wou satan hom namaak, maar hy kom by green peppers uit. Die kennis het dieselfde gesê van uie ook, toe kom satan by knoffel uit. Maar ek stem nie saam wat knoffel aanbetref nie. Ek laaik dit kwaai - klaarblyklik meer as Wessel.

Geniet jou green peppers Geert. Ek kan nie. Selfs die vleis waaraan daardie onaardige goed geraak het, proe daarna. Ek ken nie die geel soetrissies se smaak nie. Die rooies kan nog tot 'n mate gaan - maar vir my bly soetrissielose kos maar die beste.

Vol k@k ekke.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/12/2022 - 14:49

...is ek seker nog erger as Chris B

Sekere goete [groente] is bloot versiering soos green peppers, geel en rooi rissies. 

As dit nie beet, wortels, soetpampoen of patats , artappel is nie, eet Marie alleen. Onder dwang sal ek bietjie blomkool afwurg.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 10/12/2022 - 18:33

Geert, dit lyk nou lekker.

Julle is vol 💩 soetrissies is baie lekerder as daai stink goet knoffel.  My kinders eet soetrissies op voor die slaai klaar gemaak is.

Pretoria

Geert

Sun, 11/12/2022 - 01:15

Ek hou van peppers. Deesdae is ek mal oor hierdie Miami produk.... sit dit selfs op hotdogs, of saam met aartappelslaai

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 11/12/2022 - 08:41

... oftewel "cherry peppers", wat in die Miami-produk gebruik word, kan ek nogals eet - alhoewel dit nie een van my gunsteling kosse is nie. Die gewone rooi soetrissies is ook nog aanvaarbaar in byvoorbeeld 'n "stir fry". Maar die groene "repeat" nog etlike ure later op my. Maar okei, my voor- en afkeure daar gelaat.

Miami Canners, enkele kilometers vanaf ATKV Eiland Spa, is in die mid-80's deur Jan Welthagen begin. As ek reg onthou is hy familie van onse Willem van hierdie forum.

Jan het oor 'n klein stukkie grond langs die Letabarivier beskik (die area bekend as die Miami plotte). Maar hy kon nie besproeiingsregte uit die rivier bekom nie. Hy't met tamaties en ander groente geboer, maar moes staatmaak op boorgatwater. Ek het eendag langs hom gestaan by 'n boormasjien wat besig was om die hoeveelste gat op sy plasie te boor toe hy vir my sê: "Chris, boerdery is 'n bodemlose put. As ek nie hierdie keer sterk water kry nie, is ek in my moer".

Dié gat het nie sterk water gelewer nie en Jan was verplig om ander planne te maak. Toe hy eendag vir my sê dat hy oorweeg om 'n inmaakfabriek op die plaas te begin, het ek gedink hy kan nie ernstig wees nie.

Wel - hy was ernstig en het sy fabriek opgerig, nadat ek reeds uit Tzaneen verhuis het. Jan en sy vrou het nie lank daarna nie tragies in 'n motorongeluk omgekom. Die fabriek gaan nog voort in die Welthagen-familie en is vandag 'n gerekende speler in die inmaakbedryf - met hulle produkte wat in bykans elke supermark te kry is. Dit is ons gunsteling handelsmerk vir tamatie/uiesmoor, mango- asook groente-atjar en gherkins o.a. Ek ken ook die produk wat Geert op die aangehegde foto wys. Met aankoms by Eiland Spa verlede jaar het elke vakansieganger só ' bottel pasella by Ontvangs gekry.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/12/2022 - 11:26

Ja Chris, Jan is my half broer (selde Ma) hy het die inmaak fabriek begin met Appeliefies (amper onkruid) en later oor gegaan na tamaties.  Die seun Klein Jan het na sy Pa, Ma, jongste seun (in matriek) en vriend se ongeluk waar al 4 in oorlede is (klein Jan het kort na die ongeluk op die toneel afgekom en die nommerplaat herken) die fabriek oorgenaam.  Na sy afsterwe (hy was nog jonk en ongetrouf) het die oudste dogter en man die fabriek oorgeneem en besit dit tot vandag.

Ja dié Welthagen famielie gesiedenis is baie hartseer, steeds met ons.

Dit is 'n baie gewilde plek waar baie vooraad aankoop veral met die terugkeer na die Eiland vakansies.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus