Middag vriende
Ek het sommer vanoggend so bietjie rondgebel vir woonwa pryse. Wel ek is terug van die hospitaal af, mensig die pryse vir nuwes is erg.
Nou wonder ek, hoe lyk vandag se kampeerders in terme van;
ouderdom, inkomste gradering
kamp hulle met tente, boswaentjies, woonwaens of luukse padwaens.
Waar begin 'n jong gesin wat hulle wil inrig vir kampering, dis bogenoemde en dan nog geskikte sleepvoertuig. Selfs gebruikte voertuie en woonwaens is na my mening duur.
Ek sien iemand adverteer 'n 2016 Kavango vir kR320, en ek bel toe om 'n nuwe se prys te kry, om te vergelyk. Dis toe ek van die my stoel val, 'n nuwe is nou kR540. Dit is nie omdat Echo buitensporig duur is nie, dis die gemiddelde prys vir daardie tipe boswa, ongeag die verskillende fabrikate/verskaffers.
Dit het my laat dink, waarmee begin 'n beginner vandag. Ek weet wel waarmee ek gaan klaarmaak, maar met wat ek tans het het.
Praat julle alweer van…
Praat julle alweer van Caravanparks.com? Nou laat julle my wonder hoe dit met Die Kat gaan?
Ja, ek wonder hoe gaan dit…
Ja, ek wonder hoe gaan dit met Die Knaap - noudat julle die ander forum noem.
Profiel van Kampforum lede
Middag vriende
Ek het nou klaar gekgeskeer met van die ander forums se opmerking/verwysing na "moontlik" onse lot persone. Ek het al 'n paar forumlede in persoon ontmoet, en gebaseer op die ander lede se insette hier, en veral die meelewing en bereidheid om mekaar te help, het ek my voorgeneem om nie weer grapperderwys na Kampforumlede as vlak en vervelig te verwys nie.
Ek is trots om julle almal te ken, met julle 'n forum te deel en kontak met julle almal te hê. In hedendaagse afrikaans, spesiaal vir ons taal-nerd, Len;
Viva viva kampforum.





Hurricane,?, ons het darem…
Hurricane,?, ons het darem ervaring aan ons kant.