Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Nuwe tweedehandse karavaan

Submitted by Servaas on
Forums

Vir 'n geruime tyd al is my vrou op soek na 'n groter woonwa en toe so 3 weke gelede lees sy van 'n Jurgens Penta wat te koop is in George. Ons stuur haar swaer en die se seun, wat in George bly, om te gaan kyk hoe die wa lyk. Swaer het ook 'n Penta en sal dus goed kon vergelyk. Sy terugvoer was dat dit 'n goeie koop sou wees aangesien die wa lugversorging en "moovers" asook 'n klomp ekstras het. My vrou bel toe die verkoper en maak die transaksie vas met 'n 10% deposito. Ek skrik my oor 'n mik aangesien ek nie parkeerplek het vir twee karavane nie. Plaas toe my karavaan op Gumtree en binne 15 minute is hy verkoop. Koper betaal deposite en kom haal my Gypsey Romany die volgende dag. Ons gaan haal toe die Penta in George en sleep hom Onrus toe. Ons het nog nie stil gehou nie toe begin ons al was; polish en die wa te "verpersoonlik". Nou blink hy soos 'n bottel. Chassis is "anti rust" geverf, wielrims is afgeskuur en weer mooi wit geverf; nuwe buite kragboks en nuwe buite lig is aangebring. More gaan ons vir die eerste keer met hom kamp. Sommer hier in Onrus karavaan park. Wil graag die tente esovoorts opslaan en kyk of daar iets is wat nie volgens ons  standaard is nie. Sien baie uit. Opgewonde soos kinders.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 13:48

....mos baie plek. Daar waar my Kavango gebêre was.laugh

Baie geluk met die groter wa. Het julle al die opknappings self gedoen, of laat doen??

Watter jaartal is die Penta??

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/03/2023 - 14:03

Hier by my huis staan ook 'n Penta (my seun s'n) wat ook in George gekoop is. Hy het nie plek by sy huis in Grabouw om die wa te laat staan nie. Hy't toe (op sy onkoste) 'n netjiese skadunet-afdak hier by my huis laat opsit. Ek laai sy karavaan se battery maandeliks vir so 72 uur en skakel ook sy "3-way" yskas aan. Ek wou hom al haak, maar mammie wil van niks anders as haar "ou lady" (1993 Gypsey Caravette 6B) weet nie.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 30/03/2023 - 14:20

Baie geluk Servaas, die Penta, is in my opninie, die beste karavaan op die pad. Geniet die kamp die naweek en laai groot asb vir ons, so dosyn of wat, fotos.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 14:53

...ek verskil van jou. My beskeie mening was die Palma's nr1, en dan kan julle maar vanaf nr 2 af lys, net wat julle wil.laugh

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 30/03/2023 - 15:05

A nee a man, hoe kan jy so iets op'n publieke forum kwyt raak?

Grap net, wat ek nie kan vertsaan van al hierdie modelle nie, is dat die eiland bed agter is, en die deur voor?

Mens pak mos jou swaar / groot goed onder die eiland bed, maar nou kan jy nie.

Servaas, jammer vir die kaping, maar dit gebeur mos maar in die beste van familieswink

0
Florauna, Pretoria

chris dupreez

Thu, 30/03/2023 - 15:20

Sir Vaas, geniet die nuwe wa. Ek hoop jy staan op nr 86.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 16:22

Johann en Penta slepers

Ek het ondervind dat my Palma maar lekker swaar op die neuswiel was. Julle kan maar swaar goed onder die bed maak. Dit sal die neusgewig beslis verminder. 

Ons het los rakkiea, droograk en beddegoed onder dubbelbed gepak. Bo op die bed die plastiese tuinstel [tafel en 5 stoele]. Langs die bed die 2 add a rooms. 

Ligte goed op voorste bed, klere, kitaar en viool. Ek ermoed dis die palekas voor onder die bed wat die neus so swaar maak.

Sekerlik die mees stabiele wa wat ek nog gesleep het. Dit sonder enige stabniliseerders.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 16:30

Middag, sjoe julle het 'n langpad voor om te sleep. Jy moet dit maar stadig vat om die draaie.laugh

Troos jou, as jy iets vergeet het, kan jy dit gaan haal. Moenie dat die rampokkers julle besteel nie.

0

Dankie julle. Wessel, dit is 'n 1999 model en ek het die opknapping sommer self gedoen. Chris ons staan op nr 73. Daar is slegs twee staanplekke oop die naweek en ek moes kies tussen 77 en 73. Kan nie glo die kamp is so vol nie en volgende naweek (lang naweek) is hy natuurlik oorvol. Ons gaan beslis die naweek geniet en sommer 'n paar pêlle oornooi vir 'n braai Saterdag. Ek sal fotos neem. Weet net nie of ek hulle gelaai gaan kry nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 31/03/2023 - 09:11

Foto's laai, hier is die gesprek hoe om foto's te laai, glo jy sal regkom.

Foto's Laai skakel.

Hier is Anton se verduidelikking back in 2017

.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/03/2023 - 11:30

palmaMôre Servaas

....was 'n 2000 of 2001 model. 

Moenie probeer om die voltent se dak in te ryg met al die kantseile reeds aangerits nie. Dis net te swaar op die arms.

Hier is ons oppad Oos London toe, ek voor en my swaer agter met sy Penta.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 31/03/2023 - 11:56

.... om sykante aan te rits voor die dak ingeryg word? Jy't seker maar net gehoor van iemand anders wat dit probeer het. Ek kan nie glo dat jy dit probeer het nie Wessel.😇

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 13:09

Middag vriend

Dalk moet jy gaan kyk wat vang Servaas op Onrus aan. Die man sukkel dalk met die Penta se pale uitleg. 

Dan het jy goeie rede om vir die braai te blydevillaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/04/2023 - 18:45

.... maar ek kuier dié naweek bietjie in Struisbaai. Ons Tzaneen-vriende kuier hier in 'n huis en het ons genooi om die naweek te kom saamkuier. Ons het vandag via Elim en Baardskeerdersbos na Gansbaai gery waar ons 'n lekker brunch by 'n eetplekkie, wat uitkyk op die hawe, genuttig het.

Ons het ook gaan inloer by Strandskloof - sekerlik een van die netjieste woonwaparke in die Wes-Kaap, indien nie dié netjieste nie. Ek weet nou waar ek in die toekoms met die "ou lady" gaan kamp. Watter puik plek.

0

Ek stem saam met jou Chris. Strandkloof is puik. Ons het al baie lekker daar gekamp.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus