Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Kennis Karavane aan die Wesrand

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Kan dit wees dat nog 'n oud en bekende karavaan-handelaar sluit of is dit dalk 'n flou April-grap ?

 

.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 26/04/2023 - 13:48

Dit is ongelukkig nie 'n baie wyse ding om verandering van eienaar vorms te teken voor die geld nie veilig in jou bank is nie, maar hoeveel mense wag vir daai verkoop transakskie om suksesvol deur te gaan?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 26/04/2023 - 15:10

.............nou weet ons daar IS beslis gevalle waar "consignment stock"-verkope se opbrengste elders heen verskuif is en NIE na die verkopers toe NIE.  Presies dieselfde wat by 'n bankrot handelaar in die Kaap gebeur het.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 26/04/2023 - 15:33

Len wat my die meeste omkrap is dit ouer kampers gevang is.   Volgens Johan is 'n ou tannie se man oorlede waarna sy die karavaan moes verkoop het.  Sy het die geld nodig en nou sit sy sonder die karavaan of haar geld.  

'n Ander kamper het gelukkig n gedeelte van sy geld gekry.  Hy is een van die gelukkiges.  Dit wil voorkom of hulle geld van die een ou gebruik het om die ander ou te betaal.   Die ou wat die hardste skreeu en die meeste dreig kry R5 om hom vir 'n tydtjie gelukkig te hou. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 30/04/2023 - 10:32

Baie mense gaan saam onder.

Het gesien een van hulle werkers het werk gesoek op FaceBook

Het gese hy sal aan mense se woonwaens by die hul huis kom werk.

0
Uvongo KZN

Oupa Piet

Sun, 14/05/2023 - 17:15

Baie slegte nuus. Toe ons nog aan die Wes Rand gewoon het , was ek bevoorreg om Allen Vos die eienaar goed te ken. Altyd baie goeie diens van hom ontvang. By al die terugslae wat julle hierbo genoem het moet ons ook nie die arbeidswetgewing miskyk nie. Baie beloftes is gemaak dat hulp verleen sou word om hul (die werkers) se salarisse te betaal terwyl die besighede gesluit was tydens covid. Blykbaar was dit n nagmerrie en baie gelde het so verlore gegaan. Met beurtkrag moes hulle generators laat loop om te kon werk. Dit het hulle finansieel erg geknou. Die diesel was te duur vir wat hulle kon inkry. Toe die gemors met Jurgens. Die land is in n resessie en hulle skuld Jurgens geld vir waens wat nog op hulle vloer staan. Jurgens se likwidateurs oefen druk uit en al die omringende omstandighede raak net te veel en een na die ander eens welvarende besighede moes deure sluit. Hier by ons aan die suidkus moes talle besighede sluit wat net nie meer  kop bo water kon hou nie..........ou besighede wat reeds jare bestaan. Ek voel jammer vir daardie besighede wat die slagoffers van omstandighede geword het. Of ons dit wil weet of nie.........ons gaan hulle in die toekoms mis , miskien nie dadelik maar die dag sal kom dat ons 100km verder moet ry om n onderdeel van R20.00 in die hande te kry. As ek my nie misgis nie was Kennis karavane een van die grootste "motorhome" verspreiders in die land. Daar het groot geld op sy vloer gestaan. Nou is dit weg. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/05/2023 - 20:28

Netso Piet, hier by ons in die Vaal Driehoek is dit reeds die geval, Loftus is nou die naaste aan my, en dit is meer as 100 kilos een rigting. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/05/2023 - 21:57

............waar wat jy sê dat omstandighede buite die beheer van die karavaan handelaars het hulle in finansiële knyp laat beland.  Maar dit bly skandalig dat "consignment stock" wat nie hulle eienodom was nie, se verkope is nooit aan die verkopers/eienaars oorbetaal nie en vir ander verpligtinge aangewend.

0
Uvongo KZN

Oupa Piet

Mon, 15/05/2023 - 12:32

Len ek stem heelhartig met jou saam. Mens bly maar mens en alhoewel dit n verkeerde besluit was , weet ons ook nie wat in die eienaar se kop aangegaan het nie. Miskien daardie hoop dat die oplossing van sy probleme naby is en dat hy besig is met daardie een "groot deal" wat hom sou deurtrek dan kan hy almal betaal en toe gebeur dit nie. Dit is maar alles spekulasie maar soms maak ons maar "dom" besluite wat later in jou gesig ontplof. Ek ken nie die omstandighede nie maar dat tye moeilik was en is, is waar. Dalk kom die waarheid tog uit.

Sy noodbesluit was beslis verkeerd, maar miskien was hy seker dat hy sy besigheid kon red en nou ja ons ken die uitkoms. Ons het n ou Proffie op universiteit gehad wat aan ons kontraktereg gedoseer het. Sy spreekwoord was altyd " As jou uitgangspunt verkeerd is sal die werklikheid hom wreek". Miskien is dit juis die geval hier.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 19/06/2023 - 11:36

Wat n jammerte besighede kry so seer die kamp bedryf doen goed wonder wat het met Kennis gebeur

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 19/06/2023 - 13:20

Wat n jammerte besighede kry so seer die kamp bedryf doen goed wonder wat het met Kennis gebeur

Op verskeie blaaie gelees van swak diens.

Ook die advertensie wat op ruit geplaas is soos by opening van bespreking.....hoekom nonsens praat en publiek probeer nog n rat voor die oë stel as jy weet jy is onderdeur en bankrot.....maak of hulle kamstig gaan upgrade

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 23/06/2023 - 11:56

Banniere is op vir die veiling en verskeie voertuie ook tans in die area waar die 2de hande karavane altyd gestaan het. Daar is ook baie netjiese karavane.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus