Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

BH / Anderson / Lemeno proppe.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Terwyl ons so gesêls het oor verskillende kontak proppe, het ek gister gaan seker maak dat die blou Anderson prop wat nog op my kar is, pas op die grys Lumeno prop wat op die solar stelsel is. Alhoewel ek onodig 'n grys prop gaan koop het, ek moes twee kry om 'n verleng koord op te maak.

Die twee verskillende proppe pas perfek en krag gaan deur soos dit moet.

My probleem is egter die volgende:

Ek kry nie krag op die Penta se batery as ek die kar koppel nie.

Na redelike gespook, kom ek agter dat die solar wel van dieselfde punt af die batery laai, maar eers na die beheerder gaan voor dit die batery laai, wat sin maak om te te voorkom dat die bater teen 24 volt laai.

Om dus die kar te gebruik om te laai terwyl ek sleep, moet ek dus eers elke keer die "controller bypass", en weer terug sit sodra ek die solar wil gebruik

Secunda

Sleep nou

Wed, 19/04/2023 - 10:02

Ken van daai probleem nou dat ek die nasional luna groen box ingesit het werk die DC na DC laai sonder probleme die stelsel doen alles auto 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 10:15

Shaun, kan daai LN groen boks onderskei tussen 220 v, solar en dc to dc laai bepaal?

Tans sit ek met drie metodes van laai.

1. 220 na 12 volt slim laaier,

2. Solar laaier, en

3. Kar na karavaan laai.

Dit is nogal 'n storie om altyd seker te maak mens is op die regte golf lengte tussen die dinge om te voorkom dat jy die batery kook.

Sit ek nou en reken ek het een van vier opsies. 

1. Los soos is, en onthou net altyd wat die stand is, (kan maklik vergeet)

2. Bou 'n skakelaar in wat net dinge makliker sal maak om te skakel tussen opsies, of

3. Koop so 'n stelsel wat dit alles slim kan beheer.

4. Moenie vanaf die kar laai nie - dan is daar net die 220 v laaier en die solar om te onthou

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 10:47

Johann, dis vreemd dat die blou en grys by mekaar ingeprop kan word. Dis nie veronderstel om so te werk nie. Hier is ‘n artikel oor die proppe wat dit staaf en verduidelik. Dit verwys na Anderson proppe, maar soos ek elders genoem het is dit eintlik maar net ‘n handelsnaam vir die soort prop. Die artikel bevestig ook dat mens wel die proppe moet gebruik om batterye te laai, en goed soos yskaste krag te gee omdat hulle mooi stewig sit en meer stroom kan hanteer sonder om warm te word of te smelt. 
 

Wat jou frustrasie betref, sal dit goed wees om ‘n beheereenheid te kry wat die insette (en uitset) reguleer. Die WRND laaier wat ek gekoop het doen dit, maar net met DC tot DC en sonkrag - nie met 220V nie. Ek gebruik egter nie lg om batterye te laai nie, behalwe deur my wa se paneel wat sy eie beheereenheid in het. 
 

Met ‘n beheereenheid prop jy net alles in en laat dit aan die eenheid oor om te besluit wat die mees effektiewe manier van laai is. In my kar besluit die WRND of dit sonkrag of DC tot DC is en indien die enjin bv af is skakel dit self oor na sonkrag. In my wa laai die trickle charger die batterye as die wa aan 220V gekoppel is, en skakel dit self oor na sonkrag as die 220V afgeskakel of ontkoppel word. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/04/2023 - 10:51

............. Ek is darem dankbaar dat in my geval is dit geensins nodig om my kop te breek oor al hierdie in- en uitprop rituele nie. My eenvoudige stelsel werk soos volg terwyl ek jaarliks 2000km aflê Wildtuin toe en weer 2000km terug huis toe  -  en ons slaap driekeer oor voor ons ons bestemming bereik.  Ek het 'n 220V/gas yskas in die karavaan en 'n 220V/12V/gas vrieskas wat agter in die Pathfinder saamry.

  • 'n Dag voor ons vertrek van die huis af, skakel ek die yskas en vrieskas aan op 220V
  • Die oggend van ons vertrek (of soms die vorige aand) pak ons alle reeds gevriesde items (meestal vleis) in die yskas en vrieskas
  • Net voor ons ry, skakel ek die 220V na die karavaan-yskas af en laat dit so.  Die vrieskas word gekoppel aan die P/F se 12V
  • By ons oorslaapplekke na 'n reis van sowat 6 uur, koppel ek die yskas en vrieskas aan 220V by ons oorslaap-oord.  Sou daar nie krag beskikbaar wees nie, skakel ek beide oor na gas
  • Die volgende oggend wanneer ons vertrek, ontkoppel ek die yskas en die vrieskas en koppel die vrieskas weer aan 12V in die P/F
  • By ons bestemming word die yskas en vrieskas aan 220V gekoppel, of as daar nie krag beskikbaar is nie, koppel ek dit aan gas
  • Nog nooit het ons 'n ontvriesde yskas of vrieskas op hierdie metode gehad nie.

 

En so reis en kamp ons heerlik met of sonder krag, selfs in die Wildtuin by Tsendze en Balule

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/04/2023 - 12:07

Middag vriende

Ek verkies ook om by werkende stelsels te bly. Die gefoeter kom sodra mens iets opgradeer, of byvoeg.

Ek ontsien die moeite om Grompie te laat bedraad tot by die Kavango, wat reeds bedraad is. Dit sal net handig wees indien ek in die boendoes, sonder 220v, reis. Dis nou heeldag ry, stop vir slaap, en volgende dag verder ry. Dan gaan sonpanele nie help nie. 

Vir sulke scenarios is daar 2 opsies;

1] laai alles van voertuig af

2] sonpanele op woonwa se dak wat beide NLuna's kan laat loop, en batterye laai.   

Johann: kry 'n slim beheerstelsel wat self besluit vanwaar hy die batterye wil voer. Net op 'n dag vergeet jy, en kry groot skade.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 12:46

My probleem is ek hou van karing, as ek moet stil sit en wag vir die laaste asem, gaan dit sommer baie gou gebeurcheeky

Ek weet van motor enjins niks en vandag se goed is nog verder bo my vuur maak plek dus, my tuin en karavaan wat my besig moet hou. Tuin is besig te veel te raak vir my rug en skouers, al wat oorbly is maar karing aan die Pentawink

Die Penta se yskas is net 220 volt en die gas binne die karavaan, nog altyd van my eerste een af, is die eerste ding wat waai as ek die karavaan by die huis kry.

Ek het 'n 1kw inverter in gebou en wil dit gebruik waar nodig, wat ook al meer gebeur met al die beurtkrag in ons land. Tans is ons op 2 x 4.5 uur en 1 x 2.5 uur per dag,  baie oorde gee nie meer opwekker krag bedags nie.

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 13:02

Chris, ek het die artikel nou gaan lees, so bolangs, dit blyk dat die kleur verskille net daar is om verwarring tussen aplikasies te voorkom?

Ek het geen idee of daar 'n verskil tussen BH en Anderson proppe is nie, volgens 4 x 4 Mega, is dit 'n Anderson prop en word deur verskullende vervaardigers gemaak, oa Lumeno.

Hou in gedagte, ek is tegnies gestrem, en leer myself dit wat ek weet van al my DIY projekte.

Natuurlik ook geweldig baie op forums geleer.

There are a few reasons to install different coloured plugs. The main one is so that a user can better remember to connect the correct application or accessory to the correct circuit. For example, some users install a red plug to power an electronic stability control system and a grey plug to power other accessories.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 19/04/2023 - 13:33

220 na 12 volt slim laaier,

2. Solar laaier, en

3. Kar na karavaan laai.

Hy doen dit alles Johann maar die box is n stywe bedra ek het R9500 betaal vir hom my battery agter battery in boxs toe ons van Iron Man gery het was op 40 % toe ons by laaste tolhek oppad Secunda stop toe flout die battery met yskas wat toe geloop het

 

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 13:49

Chris, ek het die artikel nou gaan lees, so bolangs, dit blyk dat die kleur verskille net daar is om verwarring tussen aplikasies te voorkom?

Dit help kleurblinde mense ook om verwarring te voorkom deur nie op mekaar te pas nie. Ek praat uit ervaring, maar die artikel bevestig dit:

A

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 13:54

Kyk mooi na die foto hier onder. Dit toon die subtiele verskille in die middelste gedeelte van die verskillende kleure wat voorkom dat dit in mekaar geprop kan word. 
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 19/04/2023 - 14:58

Johann se opset sal hierdie oompie laat aanjaag.

Soos Wessel noem, daar is nie eintlik n 2de kans nie, as jy daai prop indruk, en dit was die verkeerde ansluiting, gaan die vonke letterlik spat.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/04/2023 - 15:42

..dankie, nou kan ek mooi sien waarom die goed nie opmekaar pas nie.

Ek het my les geleer en my proppe pas opmekaar. Ek het selfs 'n draad opgemaak met om van 'n enkel rooi prop na 'n grys en rooi uitset tegelyk te gaan.   

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 17:15

Volgens die foto behoort dit onmoontlik te wees om die proppe verkeerd te koppel, maar ek het op jou ander gesprek 'n foto geplaas waar ek 'n grys prop in die blou prop in het, en 'n volt lesing gekry het.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 17:20

Proppe
Mens kan duidelik sien die grys en blou pas?
Dit vat nie baie om my te verwar nie, die is nou een van daai oomblikke

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 18:39

Johann, dis vreemd dat die blou en grys by mekaar ingeprop kan word. Dis nie veronderstel om so te werk nie.

Dalk moet jy kyk of die blou prop binne lyk soos op die foto wat ek hier bo geplaas het. My vermoede is dit lyk soos die grys een op die foto. 
 

Die blou Lumeno prop wat ek gekoop het lyk soos die een op die foto. Dit stem ooreen met die Anderson standaard en pas glad nie op my grys proppe wat ook lyk soos die gryse op die foto. 
 

A

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 20:45

Naand Chris, ek sal more bietjie gaan kyk.

Indien nodig sal ek net die kabels uit trek en in 'n grys prop druk, net terwille van eenvormigheid?

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 21:13

Indien nodig sal ek net die kabels uit trek en in 'n grys prop druk, net terwille van eenvormigheid?

Ek sou nie. As dit werk dan werk dit. Jy weet tog waar die blou prop se sous vandaan kom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus