Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -31 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

neef Herman se Kalahari vakansie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek open sommer namens my vriend Herman hierdie gesprek. Ek sien in my dagboek dat hulle binnekort, 30 April vertrek op 'n lekker uittog Kgalagadi toe.

Ons sal die gesprek fyn dophou vir terugvoer en mooi fotos. Mag julle dit verskriklik geniet.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 08:06

Môre Herman

....nog vertellings, gestaaf met foto's, indien moontlik.

Het jou Cuiser darem die geskud oorleef?? Jy maak my bekommerd, ek wou weer met die Kavango gaan, hetsy tot by Nossob of Mata Mata. Was die twee hoofpaaie net so erg sleg, of net die ander roetes tussen hulle.

As julle onmiddellik alweer wil bespreek, het julle dit beslis geniet. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 16/05/2023 - 08:48

Dit klink asof julle dit geniet het. Net jammer dat julle die paaie so sleg getref het. Dis ongelukkig hoe ek die paaie ken op drie uit ons vier besoeke sover. Ons was dus baie gelukkig begin April om die paaie so glad te tref. 
 

Kalahari Trails het ook nie beurtkrag nie. Volgens die gids is hulle op ‘n lyn van Namibië af. Ek neem aan Twee Rivieren is ook. 
 

Die winter het skielik getref hier by ons sedert Vrydag, en julle kry dit natuurlik nie te lank na ons nie. Hoe was die weer in Kgalagadi?
 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 16/05/2023 - 10:28

Welkom terug in Sodom en Gemorra en al sy uitdagings !  Ek is baie bly julle het die trippie geniet en sal 'n foto of twee van julle wedervaringe as bewys waardeer.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 16/05/2023 - 15:08

Sal so paar cellfoon fotos plaas. En as hulle op die kant lê, moet Johann asb regop trek. Op kamera het ek fotos van Leeus en voëltjied, maar die ken almal al, hetsy Kruger of Kamdebo lyk n bok orals dieselfde.

Auchterlonie

Auchterlonie. En daar staan ek met die kort hare wat darem nou weer groei.

Bitterpan

Bitterpan het 4 huisies met watergat wat snags verlig word. Die kampie het n gemeenskaplike kombuis waar elkeen eie yskas het. Krag van sonpanele vir ligte. 

Kalahari tented camp

Kalahari tented camp naby Nossob. Ook n verligte watergat. Vol kombuisie en braaiplek op die stoepie. Daar is n klompie swartrug jakkalsies wat hulself tuis gemaak het en van tourists leef. Blykbaar steel hulle als wat rondlê, cellfone inkluis. 

Veld

So het die veld gelyk op pad na Gharagab. Ons gunsteling kampie. Baie privaat 4 losstaande cabins ent van mekaar, nie omhein nie, watergat voor met baie besoeke. Foto op kamera van die cabins. 

Onder net so kyk van die veld tussen erens en nêrens.

Rooi sand

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 16:38

Middag Herman

Staan jy nou daar asof daai huis aan jou behoort. Ek dink jou Auchterlonie plekkie is veel beter ingerig as daai ene in Kalahari.

Dit lyk dan op die foto of daar 'n sinkplaatdak oor die tente is. Dit sal seker d...ns warm word in die somermaande, daar onder.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 16/05/2023 - 17:03

Die dakke is goed ontwerp met n seildak, deel van die tent, so 150mm onder die sinkplaat. Dus sal dit gladnie hitte opbou binne nie. Die ontwerpe het moeite gedoen met ventilasie, maar as dit 40 buite is in die somer, sal dit selfde wees as onder n boom sit. Twee rivieren, Nossob en Mata Mata het aircons. Wessel dit is n museum wat wys hoe die mense destyds daar gebly het. Karoo N Park se afsaal is net so primitief, maar ons geniet dit baie meer as luukse akkomodasie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/05/2023 - 22:04

Neef Herman daai is mos mooi kyk gister aand toe Edward Bath hulle daar was n wereld sonder n einde dankie vir deel

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/05/2023 - 06:11

Môre Herman

Ek is darem ook bekend met die plekkie, het self daar gaan rondloop en kyk in verwondering toe ons in 2021 daar was. Ons voorsate het hard gelewe!!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 10:26

.... as jy nou-al tyd gekry het om die Kalahari-stof af te was - en jy gaan nie Vrydag in die dorp ronddrentel nie - en ek is welkom - kom loer ek gou by jou in wanneer ons Vrydag oor die berg Oudtshoorn toe versit. Maar ek sal jou nog 'n luitjie gee.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 28/05/2023 - 16:45

By Garagab loop ons n Duitse couple raak. Hulle is erg oor die Kgslagadi en besoek dit gereeld. Hulle kom weer in November. Sy is n kranige fotograaf, en haar gevra om so af en toe iets te stuur. Die Foto vanoggend gekry. 

Nossob

Die voorgrond is verlig by die watergat, en die melkweg agtergrond is vir my regtig besonders.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sun, 28/05/2023 - 19:01

Nice

Dit word "painting with light"  genoem. Ek het al baie sulke fotos geneem . Die lens sluiter word lank oopgehou en dan skyn jy `n flitslig op die voorwerpe wat jy verlig wil hê. jy kan selfs voor die lens verbystap sonder dat dit in die foto sal wees. 

So kan jy ook slegs `n gedeelte van `n gebou verlig met die maan en sterre baie duidelik. Die nuwe digitale era en kameras kan wonderre doen sonder dat dit nodig is om ure in `n donkerkamer deur te bring.

Dieselfde effek van as `n snelweg afgeneem word in die nag en slegs die rooi agterlig strepe van die motors.

Ek persoonlik hou die meeste van wit en swart fotos. Weereens in die nuwe digitale era is dit baie eenvoudig om beide van dieselfde foto te kan hê.

Groetnis

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 08:33

Ek sien net-nou op Netwerk24 dat leeus 11 voertuigbande in Gharagab stukkend gebyt het. Die mense was gestrand en moes wag vir nuwe bande uit Upington.

Jy kan dankbaar wees dat die leeus julle voertuig se bande ongeskonde gelaat het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 23/06/2023 - 09:30

Die Leeus moet nou nie staan en simpel raak nie. Al hoe ek van hul hou is deur n verkyker, hier naby kyk daai menere my met manager aan.

Die Duitse couple het vertel dat hulle op n keer die hele dag in due seil hutjies vasgekeer was deur die Leeus. Glo die nag brullend opgedaag en besluit om die volgende dag om die hutte te kampeer.

Kan jy indink as dit in die afgeleë Botswana kampies gebeur! Jy sal biltong raak voordat bande hersteldiens by jou uitkom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 09:38

Spuit iets met ammoniak basis soos Handy Andy verdun met water aan die bande voor jy gaan slaap. Ek sien dis wat die ouens op die 4x4 forum se raad is. Dit werk blykbaar. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 13:48

julle sê mos Dunlop bande is nie lekker nie !

Alhoewel ek nou pasella Dunlops op my Hilux het, was ek in die verlede (toe ek nog sedans gery het) 'n groot Dunlop aanhanger totdat ek verplig was om na die desydse Uniroyal bande oor te skakel. Ek het gewerk vir Uniroyal Chemical, die rubber-chemiese afdeling van die bandemaatskappy (maar die landbou-chemiese gedeelte van die maatskappy). Wanneer ons bande moes vervang op ons maatskappy-voertuie het ons Uniroyals kosteloos gekry via die bande-afdeling.

Sommer net so 'n staaltjie - synde ons mos maar omtrent almal ons voorkeur (of selfs afkeur) bande het. Ek het gewoonlik by boere-aande waar ek 'n spreker was, vertel hoe die chemiese afdeling en die bande-maatskappy verwant is. Na só 'n aand in Porterville, kom 'n boer na die tyd na my toe en sê dat Uniroyal die beste trekkerbande vervaardig het. Maar net so kom 'n boer na 'n boere-aand in Upington na my toe en sê dat hy reken dit is die swakste trekkerband wat ooit vervaardig was.

In aansluiting hierby - toe ek nog 'n jong rugby-skeidsregter was en in die Bolandse se derde liga geblaas het, blaas ek eenkeer 'n wedstryd op Wolseley - teen Laingsburg. Beide klubs het net oor een span beskik en in die derde liga deelgeneem. Laingsburg wen toe die wedstryd. Na die tyd kom een van die Wolseley-spelers na my toe en sê ek is maklik die k@kste skeidsregter wat ooit vir hulle geblaas het. Net na hom kom Laingsburg se kaptein na my toe en bedank my en sê ek is die beste skeidsregter wat tot dusver daardie jaar vir hulle geblaas het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus