
My hart is baie seer. Dit was so 'n groot skok toe ek die nuus hoor dat Willem Brits vanoggemd oorlede is.
Ek gaan jou mis my vriend. Jy was ons hoeksteen hier by kampforum en het 'n pad saam met my gestap om die forum te bou.
Sterkte aan Surette en Wihan.
WILLEM BRITS HERDENKBLAD
"Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom"









Innige simpatie
Aan die familie
Ons vertrou dat julle vertroosting sal ontvang in hierdie donker oomblik.
Sterkte aan die gesin en familie van ons vriend---WILLEM
Baie hartseer nuus. Sterkte…
Baie hartseer nuus. Sterkte vir die Surette, Wijan en familie. RIV Oom Wilsur
Baie slegte nuus. Sterkte…
Baie slegte nuus.
Sterkte aan sy familie. Gaan sy kennis wat hy met liefde hier gedeel het mis.
Ai, Willem was sonder twyfel…
Ai, Willem was sonder twyfel een van die staatmaker-forumlede. Ek gaan hom mis.
Sjoe dit is nou slegte nuus.
Sterkte aan die familie in die tyd van rou.
Dit is nou slegte nuus.
Jy was 'n groot yster.
R.I.V. Jy was 'n altyd so gewillig om te help. Ons gaan jou baie mis.
Willem se afsterwe...........
Ai tog, dit is skokkende nuus om van Willem se skielike afsterwe te hoor. Ons ken mekaar al vir baie lank, vanaf die WegSleep-forumdae. 'n Pragtige kenmerk van Willem was om in alle opsigte behulpsasam te wees. Willem sit in Pretoria, ek in Kaapstad en spook om "mag" wiele vir my Exclusive teen 'n billike prys te kry. Willem kry 'n splinternuwe stel vir my en koop dit sommer ook waarna ons dit met behulp van nog vriende by my in die Kaap kry. By 'n volgende geleentheid noem ek vir hom ek wil graag 'n "dash cam" aanskaf, maar weet nie waar om te begin nie. Die volgende laat weet hy my hy het twee bestel wat ek by hom kan kom kry oppad Wildtuin toe. By nog 'n geleentheid vra ek hom uit oor sy tent-afdakkie voor by die Exclusive se A-raam om koelte oor die voorste slaapkamer-venster te voorsien. Die volgende dag e-pos hy vir my 'n presiese diagram met mates wat ek netso vir 'n tentmaker gee om vir my te maak. Dit pas toe 100%, netsoos wat ek dit wou gehad het.
Willem se afsterwe is vir ons kampvriende 'n groot verlies en ek gaan sy deelname aan die forum en sy persoonlike gesprekke met my baie mis.
Wie was Willem
Ek was nie so gelukkig om hom persoonlik te ken nie, maar het nou weer hier gaan lees wie was Willem. Kyk op bl 2 van die gesprekslyn.
Hy het vir my oorgekom as ‘n opregte persoon, en ‘n ware heer wat graag sy medemens gehelp het. Dit was ‘n voorreg om hom hier te leer ken. Sy teenwoordigheid gaan baie gemis word.
RIV Willem ons gaan jou mis…
RIV Willem ons gaan jou mis. Ons hou Surette en familie in ons gebede
RIV Willem. Baie sterkte aan…
RIV Willem. Baie sterkte aan Surette en Wijan. Julle gaan hierdie staatmaker van 'n man en Pa baie mis. Baie sterkte ook aan Willem se ander kinders en kleinkinders. Julle is almal in my gebede.
Rus in Vrede my oom
Dit is nou baie slegte nuus, het amper van my stoel geval. Willem was vir my 'n onselvsugtige mens met hulp bystand en advies.
Toe ek my exclusive gekoop het het my gehelp, sonder om my van erens te ken en sonder huiwer.
Gaan sy stories advies en insette mis. Sterkte aan sy famielie in die tyd.
Rus in vrede Willem
'n Regte pêl sonder dat ons ooit ontmoet het. Ons gaan hom beslis mis. Sterkte vir die familie.
Gedenkdiens vir my man…
Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom.
Mooi gaan my ou maat met die…
Móre gaan soek ek n branna…
Móre gaan soek ek n branna en n kan coke en skink een vir jou ook.
Hy sou dit saam jou geniet het. Cheers





Liewe ouers Anton, dit is…
Liewe ouers Anton, dit is nou 'n gatslag, wat het gebeur?
Sterkte aan die geliefdes, ons bid vir julle.