Forums
Goeie dag almal, ons oorweeg n toer Namibië toe so in September. Is dit moontlik met die padwa. Ons sal seker by kamp plekke staan met die wa en dan verder rondry en die wa maar los daar naby. Is dit moontlik, is daar enige raad en advies van julle kant af asseblief
Ons ook besig met huiswerk…
Ons ook besig met huiswerk vir trip Swakopmund toe in Desember 2024
Chris
Ons het in 2019 met 'n padwa deur Namibie getoer van Oranjemund tot by Ruacana en oos tot by Katima. Volg hierdie link:
Hi Chris B....
Ek hoop jy het al jou asem teruggekry. Maar soos die engelse se..... "never say never".....





Dis moontlik
Middag Chris du P
Ek is oortuig dis moontlik, om tot by Etosha net op teer te ry. So ook Swakkopmund toe.
Probeer om by Weg die volgende uitgawes op te spoor;
1] Namibië ---2016 Reisgids met 240 blyplekke, GPS punte en kaarte.
2] Weg nr 160, Februarie 2018, Namibië, Khoma Hochland, Windhoek.
3] Botswana Reisgids 2017/18 met 133 blyplekke met Chobe, Moremi, 4x2 reisplan deur Botswana, kontaknommers, GPS punte en kaarte.
Met die 3 boeke gaan jy beslis 'n lekker roete kan uitwerk. Ek het hulle in my argief.