My karavaan oortrek seil het na agt jaar in die noordwes besluit dit is nou genoeg. Waar in die Kaap kan n mens n goeie oortreksel koop vir n Gypsey Romany 2010 model? Ek kan ook sommer noem dat ek vanoggend my Kgalagadi kuier vir 7 nagte gefinaliseer het gedurende 2023. Ons gaan dit met n lekker Weskus toer kombineer. Groete. Maurits
Christys Tent & Canvas
Ek het gou ge-google. Hulle tent en seilwerk afdeling staan nou bekend as Christys Tent and Canvas.
Ek het destyds verskeie tipe van herstelwerk by hulle laat doen - werklik goeie gehalte werk gewees.
Oortrekseil
Daar is n nuwe karavaan fitment sentrum in Brackenfell. Hulle doen seile ook. Eienaar is Pine 0828245126. Probeer hom
Movers Pine
Dis dieselfde Pine wat Mnr Boucher se movers en kamera (as ek reg onthou) ingesit het.
Pine Joubert
As Pine dieselfde gehalte werk met seile doen as wat hy met my wa se movers en tru-kamera gedoen het, kan ek hom sterk aanbeveel.





Maurits ...
... na watse tipe oortreksel kyk jy? Ek bedoel - van watter materiaal gemaak?
Ek weet nie of die bedigheid nog bestaan nie, maar vroeër was daar Christie's Sport in Dieprivier. Hulle het uitstekende seilwerk gedoen.