Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

Oortrek seil vir karavaan

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

My karavaan  oortrek seil het na agt jaar in die noordwes besluit dit is nou genoeg. Waar in die Kaap kan n mens n goeie oortreksel koop vir n Gypsey Romany 2010 model? Ek kan ook sommer noem dat ek vanoggend my Kgalagadi kuier vir 7 nagte gefinaliseer het gedurende 2023. Ons gaan dit met n lekker Weskus toer kombineer. Groete. Maurits

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/06/2023 - 16:52

... na watse tipe oortreksel kyk jy? Ek bedoel - van watter materiaal gemaak?

Ek weet nie of die bedigheid nog bestaan nie, maar vroeër was daar Christie's Sport in Dieprivier. Hulle het uitstekende seilwerk gedoen.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/06/2023 - 16:56

Ek het gou ge-google. Hulle tent en seilwerk afdeling staan nou bekend as Christys Tent and Canvas.

Ek het destyds verskeie tipe van herstelwerk by hulle laat doen - werklik goeie gehalte werk gewees.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 12/06/2023 - 19:19

Daar is n nuwe karavaan fitment sentrum in Brackenfell. Hulle doen seile ook. Eienaar is Pine 0828245126. Probeer hom

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/06/2023 - 19:23

Dis dieselfde Pine wat Mnr Boucher se movers en kamera (as ek reg onthou) ingesit het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/06/2023 - 20:06

As Pine dieselfde gehalte werk met seile doen as wat hy met my wa se movers en tru-kamera gedoen het, kan ek hom sterk aanbeveel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus