Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 minutes ago
Swak personeel Oktober 2026 saam gesels Geert -15 minutes ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -25 minutes ago
Fout begaan Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -52 minutes ago
Sal een-een plaas Umfula Rona du Plessis -1 hour ago
Die terrein.... Umfula Rona du Plessis -1 hour ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 22/09/2023 - 20:50

.... dit klink my jy was te lui om die tuite aan te sweis.

Aag man, sal dit nie wonderlik wees om twee meisiekinders in die huis te hê nie. Ek vertrou saam met julle dat die swangerskap alles voor die wind sal verloop.

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 22/09/2023 - 23:43

Ja daai laksgeid met die sweisery gaan jou nou soveel meer kos. Seuns is maklik en goedkoop (as babas dit kan wees) maar meisiekinners ai mater slegte nuus. As hulle enigsins soos my een dogter was en vrou nou nog is gaan daai "foutjie" jou kos.

Wat is die definisie van `n vrou en of dogter???

Most powerfull money reducing agent known to mankind.laugh

Seuns is great maar dogters is maar `n pa se hart se punt. Geseënd is jy voorwaar ou maat jy kry 2 keer die liefde van dogters maar ook twee keer die plesier en ongelukkig die worries soos hul groter raak en die knapies met so dom uitdrukking na hulle biginne kyk.

Die forum maters sal moet inspring en doeke borg.....

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/09/2023 - 06:23

Môre Anton

Julle is voorwaar gelukkig, lekker groot gesin met 2 seuns en 2 dogters binnekort. 

Die bekommeris met dogters mag meer wees, maar daar is 2 groot ouboeties om te help om die knape wat gaan loer, in toom te houwink 

0
Pretoria

Geert

Sat, 23/09/2023 - 08:12

Julle is voorwaar gelukkig, lekker groot gesin met 2 seuns en 2 dogters binnekort. 

Die bekommeris met dogters mag meer wees, maar daar is 2 groot ouboeties om te help om die knape wat gaan loer, in toom te houwink 

Ditto

Sterkte met swangerskap en voorbereidings 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 28/12/2023 - 09:05

Dinge beweeg nou na 'n punt toe aan hierdie kant.

Ons het nou 'n paar komplikasies om deur te werk.  Ons was gister by die dokter en hy is bekommerd a.g.v hoë bloeddruk en baie swelling in vroulief se ledemate + protienne in haar urine. Preeclampsia is die bekommernis en die dokter dring daarop aan dat Jonika so gou  as moontlik in die hospitaal opgeneem moet word.   Die babas is nou 32 weke .m.a.w hulle sal voortydig uitgehaal moet word voordat die preeclampsia 'n risiko raak vir Jonika en die babas.

Die ander komplikasie is dat die medies waarop my vrou is nie die bevalling of na-bevalling dek voor 35 weke nie!  Ons het nie hierdie medies uitgeneem om nog babas te maak nie maar slegs vir mediese noodgevalle en dag tot dag mediese uitgawes.   Dit beteken dat alle kostes direk deur ons betaal moet word!  Bevalling en neonatal. Ons het gehoop en vertrou dat sy sal kan uithou tot 35 weke, maar ongelukkig is dit nou nie die geval nie.  surprise

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/12/2023 - 09:40

...van die komplikasies te hoor. Ons glo en vertrou dat alles goed sal afloop.

Julle kan nie deur 'n "lump sum" betaling aan die mediese fonds opgradeer nie.?? Dit behoort goedkoper te wees as die totale onvoorsiene uitgawes.

Gelukkig is jy by die huis en saam dokter toe. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/12/2023 - 16:10

Anton.

Sjoe jammer om dit te hoor, sterkte vir die vrou en babbas, ook vir jou.

Dit is nou regtig nie goeie nuus nie, maar mens kan nie gesondheid in rand waarde meet niecrying

 

0
Irene

Grootwind

Thu, 28/12/2023 - 17:51

Sterkte vir julle Anton. My vrou het met my dogter ook heelwat tyd die laaste maand of twee in die hospitaal deurgebring. Vandag is my meisiekind al 'n hele 34 jaar oud, die mediese wetenskap het in tussentyd ook met rasse skrede gevorder, glo alles sal goed gaan.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 29/12/2023 - 08:53

Ek hoop regtig julle kan op ‘n manier die mediese kostes gedek kry. Dis darem wraggies ‘n onregverdige bepaling. Dis mos juis met premature geboorte wat meer mediese sorg benodig word na die geboorte. Ons dink aan en bid vir julle en dat mamma en dogtertjies gesond sal wees en bly. 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 30/12/2023 - 06:34

Môre Anton, hoe gaan dit nou daar met Jonika se gesondheid?

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 31/12/2023 - 05:36

Goeiemôre almal en dankie vir julle gebede en positiewe wense.

Jonika en babas is ok. Jonika stabiel en die vlak PreEclampsia nou laag.  Sy sal nog verder behandel en gemonitor word.  Ins bid dat die 2tjies mooi sal groei en nie te haastig om uit te kom nie.  

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 31/12/2023 - 18:36

Dokter wil die babatjies die 2de uithaal. Hulle is ok, maar hy is bekommerd oor Jonika en risiko van lewer of nier versaking.     Babas is nou 32 weke.     

'n Goeie vriend het Vrydag die back a buddy rekening gestig wat direk gekoppel is aan die hospitaal rekening van Jonika.   Ons kyk maar of ons hulle vir 'n paar dae of dalk meer kan hou naby mamma in Nicu.  

https://www.backabuddy.c…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus