Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

Vas hou Pa!!!!!
Jis Anton, jy het baie moed om daai lyfie te hanteer. Sterkte my maat.
Jana in die bad...
Voorwaar n troetel-geleentheid. Jy is nogals uiters handig ook. Geniet dit, hulle word vinnig groot.
Tipies ouma ...
... het Ralie haarself nou sit en verstaar (is daar só 'n woord?) aan die badproses van pa met sy kleine dogtertjie. Jy's handig maat.
Pragtig Anton. En jy lyk…
Pragtig Anton. En jy lyk sommer baie gemaklik.
Ek was aan die begin maar…
Ek was aan die begin maar baie versigtig met hulle. Nou na 6 weke in neonatal het ons gewoond geraak aan die klein goedjies. Hulle voel soos baba katjies
veral klein Jana. Anja weeg darem so 400gram meer en drink elke voeding uit die bottel en sal voor haar sussie huitoe kom.
Dit is nou voorwaar pa en…
Dit is nou voorwaar pa en dogter tyd wat beslis gekoester word. Daai groot hande vat maar versigtig aan die klein ou lyfie. Geniet die tyd saam hulle Anton.
Kosbare kwaliteit tyd…
Kosbare kwaliteit tyd. Koester hierde spesiale tyd met julle dogtertjies.
Julle wonder seker hoekom ek…
Julle wonder seker hoekom ek so stil is? Wel, met een madam by die huis en 'n 2de een nog in neonatal gaan dit vreeslik bedrywig hier aan ons kant.
Anja het laasweek Woensdag huistoe gekom en sy heers tans so 30% van die huishouding. Die ander 30% lê nog in hospitaal en die 2 laaities saam doen baie goed en het net 25% aandele. Vroulief sterk ook aan en is tevrede met 14%.
Geniet dit Anton, voor jy…
Geniet dit Anton, voor jy jou oë uit vee is daar letterlik net 1% oor vir jou![]()
Altweetjies is by die huis,…
Altweetjies is by die huis, vermoed Anton vat nie grond nie![]()
Die Mahindra is gemaak vir…
Die Mahindra is gemaak vir die job... ![]()
![]()
![]()
Anja was 50 dae in Neonatal…
Anja was 50 dae in Neonatal en is al 3 weke en 2 dae by die huis. Jana het bietjie langer gebly en was na 65 dae ontslaan. Sy is vandag al 10 dae by die huis. Die 2 klink soos kwêvoëls as hulle saam lostrek. Tog te dierbaar.
Met laasweek se besoek aan pedeater het Anja al 2.9kg geweeg en Jana 2.2 kg. Hully is nou 2 en half maande oud.
Goeie nuus Anton. Ek is so…
Goeie nuus Anton. Ek is so bly vir julle dat die 2 dames gesond is !





Ek kon vanoggend vir Jana,…
Ek kon vanoggend vir Jana, die kleintjie wat nou 1.5kg weeg, haar eerste bad gee. Sy (ek ook) het dit baie geniet.