Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -8 minutes ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Weskus kamp roete

GEORGE
Submitted by edenelectrical… on
Forums

Goeie dag

Ons beplan n Weskus roete met karavane. Enige voorstelle of n roete kaart wat julle kan deel om ons te help asb.

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/10/2023 - 15:19

Jy sal bietjie meer info moet gee;

met wat se voertuie en woonwaens gaan julle toer

tot waar wil julle gaan teen die Weskus op.

Kyk intussen na die gesprek "Mollers se 2024 Weskus en nog toer" Klik op die blou skakel links onder Aktiewe onderwerpe.

Ek is seker julle gaan vinnig van idees toegegooi word.

0
GEORGE

edenelectrical…

Thu, 19/10/2023 - 07:34

Goeie more

Ja jy hoor Weskus

Ons gaan twee Toyota 4x4 voertuie wees

Een sleep explorer die ander sleep xcape

Ons vertrek uit George en sal n paar idees waardeur

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/10/2023 - 07:50

Julle moet nou net geduldig wees, die ingeligte manne sal antwoord. 

Waar wil julle fokus en omdraai. wil julle toer tot by McDougalsbaai, wil julle Namakwa nasionale park doen.

Val die klem op, teen die see langs, of binneland ook?

Ons het gedurende September Namakwaland getoer, maar binneland met klem op blomme. Ons het gekamp by Rondeberg bokant Clanwilliam en  Kroonlodge in Kammieskroon.

Ek hoop julle gaan regkom met besprekings en permitte waar nodig. Wanneer wil julle die toer doen, Desember is om die draai.

 

0
GEORGE

edenelectrical…

Thu, 19/10/2023 - 07:54

Ons wil April maand gaan 

Ons beplan om kus langs tot so na as moontlik aan die grens en dan binne lands terug te kom.

Desember staan ons met ons karavane in n wildskamp sommer by die see.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/10/2023 - 08:12

Nou is ek weer nuuskierig, waar is die plek. Dit klink na lekker kombinasie, is dit dalk Boknes of Bosbokstrand??

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/10/2023 - 08:51

Môre Eden??

Jy moet bietjie die soekenjin gebruik heelbo aan die blad. Tik daar in "Weskus" en dan werk jy maar selektief deur al daai insette wat tevoorskyn gaan kom. 

'n Lekker takie oor die naweek, in plaas van rugby kyk.laugh

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/10/2023 - 09:18

Sover ek weet het Anton (Voortrekker) die mees onlangse ervaring. Die makker deel is tussen Melkbosstrand en Lambertsbaai. Van daar af noord is daar plekke sonder enige geriewe waar mens wild kan kamp op plase, en ook in reservate. Vir lg moet jy seker liewers bespreek, eg is first come first served. Plekke soos Brand se baai. Ek was nog net by Rooiduin (privaat plaas noord van Lambertsbaai waar jy moet bespreek en betaal) in September 2020 en het van Strandfontein af gery na Gert Du Toit se baai (as ek die naam reg onthou, dis ‘n geproklameerde kampterrein op privaat grond reg op die see en jy bly verniet daar) vir die dag Desember 2020. Ek glo Anton sal goeie raad kan gee. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/10/2023 - 09:21

Dis goed dat julle twee voertuie is want ten spyte van relatiewe kort afstande na beskawing kan dit klomp ure neem om by ‘n dorp te kom en jy kan lank gaan sonder om ander voertuie te kry. 
 

Dalk is julle ervare slepers in sand maar maak maar net seker op die 4x4community forum of mens gaan regkom met ‘n karavaan op sleeptou in die sand, en vat ekstra brandstof saam. 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 08/11/2023 - 14:24

Middag se George hier is my weskus roete wat al lankal beplan is nie betaal is maar deur gevoer moet word. Begin by Melkbos strand, - Yzerfontein, -Jacobs bay, - Paternoster, - Velddrif, -Elandsbay, - Lamberts bay, - Doringkorrelbaai, - Strandfontein, - Hondeklip baai, - Kleinzee en dan ook noord van weskus waar daar net see en sand is gaan ons ook draai  Boulder bay, Koringkorrelbaai, Kwass campsite, hoop dit help Gerorge  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus