More vriende
Soos gister genoem, moes ek noodgedwonge 'n pragtige immergroen boom uithaal, dit was die wildepruim, of beter bekend aan sy naam wat nie meer gebruik mag word nie. Bloot omdat dit vreeslike sywortels het.
Ons eie tuintjie in die kompleks is klein, en omring met mure. As mens die boom mooi sentreer, kan dit so ongeveer tussen 4m na 6m maksimum van die huis en tuinmure af wees.
Ons is opsoek na 'n boom wat aan die volgende voldoen;
'n penwortelstelsel, met nie aggressiewe sywortels, verkieslik amper niks
inheems sal 'n bonus wees,
immergroen vir Brits hitte
dit kan maar vruggies dra om voels te lok.
Darem vinnig genoeg groei om binne volgende 5 jaar 'n koeltekol te maak waar ek kan braai. Die vorige boom het ek so geplant dat sy skadu in die oggend oor die slaapkamervensters skuif.
Herman, ekke het nie meer 80jare oor om 'n boom kans te gee nie. Ek wil ook nie weer 'n doringboom op my werf plant nie. Daarvan het ek genoeg by my vorige huis gehad.
Tot hede het die volgende name opgekom, jammer party is in engels;
Beukehout
Olienhout, stadige groeier??
African Holly
Laventelboom
Wild Peach
White Pear
Wild Pear.
My boomboek gee egter geen inligting oor die wortelstelsels nie.
Die Soetdoring hou op met…
Die Soetdoring hou op met dorings maak sodra dit effe uitgegroei het, en nie gevreet word nie. Nogals interessant dat die boom nie energie mors met dorings produseer as dit nie nodig is nie.
Hier by my snoei ek hulle net na die " struik" stadium, en dan trek hulle met spoed weg. Maar steeds n paar jaar, seker so 5> voordat jy kan sit.
Jy kan groot bome aankoop by sekere kwekerye dan kom plant hulle dit met n kraanlorrie. Ek sal dit voorstel as jy voor 70 daaronder wil sit.
Google gerus die Bristlecone pine. Die oudste word Metusaleg genoem en so 4500 jaar oud. Ek dink dit is die oudste lewende ?? op aarde.
Ek kweek graag bome van sade. Die vinnigste groeier is die Kalander of Geelhout. Die eerste paar jaar is dit ook maar stadig. Maar sal te groot raak vir n klein tuintjie.
Kameeldorings is baie,baie stadig en myne so 300mm hoog na 3 jaar.
My stukkie useless terwyl ek vir die reen op die dak luister.
Pragtige boom Wildehont, nog…
Pragtige boom Wildehont, nog nooit gesien nie. Ek wonder of dit hier sal groei, die ryp is effe intens. Die Koraalbome ryp elke jaar dood en loop weer uit in die lente.
Boom wat by my pas...
....is sekerlik die Dombeya rotundifolia.
Dit voldoen omtrent aan al my spesifikasies, en sy naam is baie toepaslik.
word ook genoem die wild pear, of dan die bekende Drolpeer.![]()
Nog voorstelle sal oorweeg word
Watse naam sou dit wees?
wildepruim, of beter bekend aan sy naam wat nie meer gebruik mag word nie
Watse naam sou dit wees? Alle woorde word vrylik gebruik, gehalwe een woord wat jou in die tjoekie kan laat sit, maar sy naam word dink ek nou Koraalboom genoem
wildepruim of dan...
...dieselfde voorsetsel as by koraalboom, eindig net met ...pruim.
Wessel,,,,,,,,,,
................ek het in my voor-tuintjie 'n wilde perske geplant. In die foto hieronder ry ek op 17 Julie 2018 so vanaf die kwekery met my wilde perske, bo by die sondak uit !

En 5 jaar later (vandag) so lyk die boom nou. (Zoom in om die boom mooier te sien)

Geensins plaveisel.............
..............probleme nie Wessel, ook nie probleme by die muur 2m weg van die boom nie.
Teenstrydige inligting
More Len
Dankie vir die terugvoer. Ek lees nou al die hele naweek oor bome, en het nog nooit soveel teenstrydige inligting gesien nie. Elke inligtingstuk gee amper ander voorskrifte, waarskuwings veral oor watter bome aggressiewe wortelstelsels het. So byvoorbeeld word vermeld dat die wilde perske geneig is om plaveisel te lig, en verkieslik nie naby mure geplant moet word nie.
Op die oomblik lyk die beter keuses vir ons mini-tuin die Laventelboom, die Witpeerboom en die Drolpeer kan wees.
Die gefoeter is dat die mense by kwekerye soms minder ingelig is as ons wat op die internet lees.
Miskien ń lekker groot…
Miskien ń lekker groot strandsambreel, Wessel ?
Jy het mos die mooi Geel ene wat jy onder gebraai het by die Karoo NPark.
Geel sambreel
More Herman
Na die voet ongeluk, en die dogters wat kom help oppak het in Hermanus, het hulle besluit die getroue sambreel moet aftree.![]()
Ek het so 'n groot groen sambreel wat nou diens doen, maar dit lok nie voels nie. 'n Gazebo en sambreel se koelte is maar netnie so koel soos 'n boom se skadu nie.
Miskien ń lekker groot…
Miskien ń lekker groot strandsambreel, Wessel ?
En jy hoef hom nie water te gee
Hierdie is `n wilde perske…
Hierdie is `n wilde perske boon wat so 7 jaar oud is / In die middel van plaveisel en reg langs ongeveer 1m van die rioollyn en daar is geen pype wat verstop of plaveisel wat lig nie.
Op die ou Moloto pad is daar `n Kwekery wat baie goeie pryse het op bome wat reeds 2+ meter hoog staan. Dit en as jy hom reg plant kan jy oor 3 jaar in sy koelte sit.
Sal gaan kyk wat die plek se naam is
Sterkte met jou besluit

soos wyle Tolla sou seg.....
....pappie sal nie weer 'n boom plant nie. Wat 'n geswoeg om dit weer uit te haal na 7 jaar. Die afsaag was maklik, maar o genade die grawe en wortels afkap, is nie meer vir my nie.
Die wildepruim het verskriklike sywortels wat die tuin vol geloop het. Party is so dik soos my been, by die knie. Almal net so onder die gras se wortels. Ek het so gespook dat ek tot die pik se steel morsaf bebreek het.
More gaan ek 'n boomsnoeier kry met 'n kragsaag, en die verdomde stam met wortelkroon, net onder die gras se diepte afsaag. Gif gee, toegooi en gras terug sit..
Dit was 'n duur uitputtende oefening om die verkeerde tipe boom te geplant het.
Slowstrike: Dankie vir die fotos van jou wilde perskeboom. Daai kwekery op die Moloto pad, is hulle beter as Malanseuns naby Wonderpark, met boom verskeidenheid??
Wessel, jy het nou twee getuigskrifte..............
............van 'n wilde perskeboom. Sterkte met jou keuse en besluit.
Slowstrike: Dankie vir die…
Slowstrike: Dankie vir die fotos van jou wilde perskeboom. Daai kwekery op die Moloto pad, is hulle beter as Malanseuns naby Wonderpark, met boom verskeidenheid??
Wessel.
Hy het geskuif so dit is nou nader. Hy is nou in Zambesi weg so 2km na die N1 Cullinan rigting
Peet Brits 082 654 9344
Slowstrike....
Baie dankie, ek gaan tog 'n patrollie soheentoe ry, en kyk wat se mooi bome en raad ek kan kry.
Peet is baie kundig tov…
Peet is baie kundig tov plante en bome. Sou jy soontoe gaan is daar nog `n kwekery Green Olive aan die regterkant van Zambezi.
Groot verskeidenheid plante en langsaan `n heerlike eetplek.
Vat baie geld saam of los jou vrou by die huis. ![]()
Groetnis
Gat in die kappie
Wessel, gaan jy ‘n gat in die kappie se dak sny en die nuwe boom soos Oom Len vervoer?
Die uithaal van die vorige boom is nie ‘n werk vir een man nie. As ek ‘n laphoedjie gehad het sou ek dit hoog gelig het vir jou.
Slowstrike: Dankie vir die fotos van jou wilde perskeboom. Daai kwekery op die Moloto pad, is hulle beter as Malanseuns naby Wonderpark, met boom verskeidenheid??




My voorstel
Speldekussing. Hier is al die inligting wat jy wil hê.