Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -5 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -5 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -14 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Bome geskik vir klein tuintjie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

More vriende

Soos gister genoem, moes ek noodgedwonge 'n pragtige immergroen boom uithaal, dit was die wildepruim, of beter bekend aan sy naam wat nie meer gebruik mag word nie. Bloot omdat dit vreeslike sywortels het. 

Ons eie tuintjie in die kompleks is klein, en omring met mure. As mens die boom mooi sentreer, kan dit so ongeveer tussen 4m na 6m maksimum van die huis en tuinmure af wees.

Ons is opsoek na 'n boom wat aan die volgende voldoen;

'n penwortelstelsel, met nie aggressiewe sywortels, verkieslik amper niks

inheems sal 'n bonus wees, 

immergroen vir Brits hitte

dit kan maar vruggies dra om voels te lok.

Darem vinnig genoeg groei om binne volgende 5 jaar 'n koeltekol te maak waar ek kan braai. Die vorige boom het ek so geplant dat sy skadu in die oggend oor die slaapkamervensters skuif.

Herman, ekke het nie meer 80jare oor om 'n boom kans te gee nie. Ek wil ook nie weer 'n doringboom op my werf plant nie. Daarvan het ek genoeg by my vorige huis gehad. 

Tot hede het die volgende name opgekom, jammer party is in engels;

Beukehout

Olienhout, stadige groeier??

African Holly

Laventelboom

Wild Peach

White Pear

Wild Pear.

My boomboek gee egter geen inligting oor die wortelstelsels nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/12/2023 - 12:43

Chris, bome is duur en "groot" jong bome kom in sulke halwe 44gallon dromme. Dan praat mens van meer as R2500/boom.

Verlede keer het ek nog die Territory gehad. Ry 2 en 3 platgeslaan en boom plat ingesukkel sodat die bopunt agter by venster in stert kon uitsteek.

Ek dink skielik daaraan dat 'n luik bo in 'n kappie 'n vreeslike voordeel sal inhou.   

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 12/12/2023 - 13:57

Wessel

 

Sou jy wel `n boom kry en die vervoer is `n probleem ek is hier in PTA en het `n motorfiets treiler wat jy kan gebruik sou dit nodig wees. Ons besoek Jasmyn minstens een naweek per maand dan kan ek hom maar net weer kom hak en huis toe bring.

Die betrokke kwekery groei die bome in sakke en die groot bome was laas in van daardie geweefde plastiek sakke met handvatsels aan vir die optel.

 

Groetnis

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 12/12/2023 - 14:00

Wessel, jy kan hier by my n boompie kom kry. Geen koste nie, spaar jouself honderde Rande.angel

Die een links kan ek ongelukkig nie onthou wat se saad dit was nie, so maak dit n surprise om  groot te maak. vinnige groeier, seker nou so 6 maande oud.

Die ander is n Kiepersol, en darem nou al 3 jaar oud, so jy wen ń hele paar jaar se groei.

Die Kiepersol is ontkiem,  in wat genoem word ń "nagsakkie". Dit connect ek aan die lyf slapenstyd, so ek staan nie meer so baie op as die ander ou mans nie. Net mooi n lekker 2l plantsakkie vir boomsade, en so recycle ek die goete. 

Ek sou graag van die Stamvrugsade en Maroelasade wil plant, as iemand dalk eendag op n paar afkom, stuur asb.

Boompie

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/12/2023 - 16:13

Terwyl ons nou so bome gesels, wonder ek of die kwekery by Skukuza nog bestaan. Daar was lank gelede 'n kwekery wat in inheemse, of dan Laeveld bome gespesialiseer het.

Herman: dit lyk of daai nagsakkie 'n ongekende groeimiddel kan bevat.devil Die ene in die swartsak lyk soos 'n klein huilboerboonboompie.

Slowstrike: Dankie vir die aanbod, dis nou gaaf van jou. Dalk moet jy jou skuilnaam verander na Gawie!! Gelukkig is hier 'n paar manne wat my skuld op die dorp, en dis tyd om die kniebrekers met voorstelle na hulle te stuur. Die kniebrekers het onlangs vanaf Brackenfell omgewing hiernatoe gevluglaugh

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 12/12/2023 - 16:29

 Wessel............................................."die kwekery by Skukuza nog bestaan."

Ons het die kwekery nou onlangs besoek. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 12/12/2023 - 16:31

???

Terwyl ons nou so bome gesels, wonder ek of die kwekery by Skukuza nog bestaan

Ja, hy bestaan nog. Ons het Julie maand n klomp plante, struike en boom daar gekoop. Hulle is langs die golfbaan. Toe ons by Berg-en Dal was het ons dit buite onder tent afdak gelos omdat agter in canopy te warm was. Toe ons terugkom het n bok in die kamp klomp van dit kaal ge-eet....maar hulle groei nou mooi

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus