Ek begin hierdie gesprekslyn namens Rona, hul bussie waarmee hulle tans heerlik rond kampeer.
Rona sal sekerlik hier uitbrui ivm hul ervarings.



koel/vrieskas ???
Ek sien nie 'n yskas in die bussie nie. Lekker baie netjiese pakplek. Ek hou van die toilet, wasbak en seker stort agter in die bussie.
Netjies Rona
Dankie vir deel Johann nice daar op youtube is n slot Van life waar ouens die bussies oordoen nogal nice
Baie dankie..
aan Johann L vir die skep van hierdie gesprekslyn en plaas van fotos, groot waardering.
- Agtergrond: Ons het in 1980 met n tent begin kampeer. In 1987 het Daan n karavaan (1984 Sprite Swift) van sy pa as geskenk gekry - slegs 3x gebruik (Jhb na Warmbad) en basies splinternuut. Omdat ons later net vir n paar dae weggebreek het, het ons eerder teruggeval op die tentkamp-ding wat vir my altyd die ultimate kampervaring sal bly, punt. Ons het die karavaan uiteindelik in 2019 aan jong vriende verkoop. Toe tentopslaan nie meer die ding was nie moes ek vinnig dink aan n plan - ek wil vir solank moontlik n kampeerder wees, maak nie saak hoe nie. n Bussie was die antwoord.
Verloop: My liefste voertuig ooit was n 1998 Landrover Defender (klein-dogtertjie-droom wat waar geword het). In 2019 het Daan op n dag vir my gesê "jou kar staan net en breek". Uit sy stemtoon kon ek aflei dat ek nie durf teëstribbel nie. Hy het aangebied, dat sou ek die Landy verkoop, hy vir die verskil sal instaan sodat ek my bussie kan kry in die plek daarvan. Gewigtige besluit en hartseer dag.....maar met n goeie einde.
Sal later meer inligting gee m.b.t. die bussie...
Chris B...
"as ek eendag groot is".....so het ek ook gedink, gesien selfs die pryse van tweedehandse "motor homes". Nadat ons baie baie rondgesoek het het ons besluit om dit self aan te pak. Die idee het gerealiseer en dit is presies wat ons nou geniet.
Geert, Prys?
![]()
baie dankie, ek lees dit as n kompliment en sal dit so aan die bouer oordra.
Die bussie....
Iets waaraan ek nog herkou is n woord wat ek die voertuig wil noem. Naamgee, nee, en die woord "ryhuis" vind geen byval nie - bloot vir die feit dat ek nie wanneer ons met vakansie gaan aan n huis herinner wil word nie......nee. Die Engelse woord camper van beskryf dit vir my die beste, maar nouja...
Ons het besluit om uit te kyk vir n redelik betroubare voertuig wat ons self kan inrig volgens behoeftes. Laaank gesoek, want n taxi wil niemand hê nie. Uiteindelik in 2022 was ons so gelukkig om n afleweringsvoertuig van Makro te bekom met hul vlootruiling. Daan het die bussie na Mercedes geneem wat bevestig het dat alle dienste tot op datum deur hulle gedoen is. Verdere toetse laat doen.......gemoedsrus.
Na vele kopkrap het ons uiteindelik besluit op dit wat die fotos toon. n Eilandbed was n eerste keuse, maar beskikbare spasie o.a. het bepaal dat ons uiteindelik twee enkelbeddens gebou het.Tans werk dit perfek, want ek rol snags rond en Daan het knieë wat lol (vervanging op die prioriteitslys).
Vir ons gerief:
- Badkamer met stort, wasbak, toilet en bokant die toilet is n kassie vir benodigdhede.
- Gemaklike matrasse (laat maak volgens groote in Jhb.)
- Bokant beddens is kassies vir klere en wat meer...
- Groot laaie onder die beddens (skoene, ekstra bedlinne, handdoeke, warm baadjies...)
- Bokant my bed is n spieëlkassie wat oopskuif (spieël nog nie daar tydens hierdie foto)
- n Hangkas vir ander klere
- Kombuiskassies en laaie
- Groterige kas onder die kas met perspex venstertjies - n wasmasjien (nie onderhandelbaar)
- Plek vir mikrogolfoond
- Kombuiswasbakkie
- Onder wasbakkie is n ry laaie en n kroeg yskassie- werk nog aan n plan vir vriesplek
- Een langer laai het n eenplaat gasstofie (die wat met butaangas? werk
- n Besemkassie waar ek ook skoonmaakmiddels bêre
Sedert hierdie fotos het ons ook die linker sitplek enkel gemaak vir deurloop....(wildtuin)
Buite: (nie heeltemaal my afdeling nie, maar hier is my bes:
- n Ventilasie opening met waaier in die dak (12V)
- Vensters waar nodig sonder om struktuur te belemmer
- Varswatertenk (134l - +/-)
- Gryswatertenk (65l ?)
Heel agter (waar die dubbeldeure oopmaak) is soortvan onbekende terrein vir my, maar ek weet van n gas/elektriese geiser, waterpompie, inverter en batterye, pakplek vir stoele, tafel en meer, skottelgoed rak en wasbak, warm en kouewater krane vir skottelgoed was. Dink dis al.
Dit het ons agt maande geneem om te bou met beskikbare tyd tussen werk deur.
Met n klein verandering kan ons n vrieskas huisves en dan nog net n gazebo....
Fluit-fluit.....n lang storie is uit.
Volgende keer.... ons eerste vakansie met die bussie (KNP November 2022)
Maggies Rona....................
.......................wat kan ek sê ? - net briljant !
Ek haal my ...
... spreekwoordelike hoed af vir wat julle vermag het. Dêmmit - so-iets moet lekker wees in die wildtuin.
Len en Chris B
Dankie, ek is baie trots op ons bus. Daan het vele dinge aangepak oor die jare, so het ek vir geen oomblik getwyfel dat hierdie n sukses sou wees nie.
Wildtuin - sooo lekker om te stop waar dit mooi is en jy lus voel vir koffie, ietsie uit die yskas, middagslapie langs n dam terwyl jy vir die volgende diere wag, nooit weer nodig het om eers te kyk of daar n leeu agter die bossie is nie.....
Ons is bevoorreg en sê elke dag dankie daarvoor.
die bus....
....is goed toegerus. Jou man is voorwaar baie handig.
Ek lei af ;
1]dat julle nie 'n klein voertuigie saamsleep vir rondry by julle bestemming nie.
2] dat geen melding van 220V nie, maar wel van 'n omsetter en gas, dat julle op sonpanele alleen staatmaak. Is dit op die dak, of staan dit los??.
Rona julle
Julle is gesort om lekke te kamp ,rond te ry alles en nog meer by julle om lewe te geniet
Ja wragties, dit is netjies…
Ja wragties, dit is netjies gedoen, my eerste indruk was, die bus is ordentlik deur 'n vervaardiger gebou. Nooit gedink dit is 'n "eienaar bouer" nie.
Hier is groot talent op die forum!
Wessel..
hier plaas jy my nou so bietjie "op die spot". Van tegniese dinge weet ek presies niks - tot dusver was dit nie vir my nodig om te verstaan nie, waaroor ek bly is. Solank die sluitel kan draai en die wiele rol, is alles reg![]()
n Poging: 220V, die bus word ingeprop? by die oord se elektriese punt. Dit gee krag aan alle muurproppe ook vir die wasmasjien, yskas en geiser.
Die omsetter (nie baie seker nie) word slegs gebruik om die yskas koel te hou terwyl ons ry.
12V (van batterye af wat deur n smart charger gelaai word vir waterpompie, toilet, dakwaaier, ligte en ek weet nie wat nog nie.
Sonpanele was tot dusver nie nodig nie, maar met toekomsplanne sal dit waarskynlik ook later bygevoeg moet word.
Ons is tans met n bouprojek besig (ja, sowaar...in hierdie stadium van die lewe waar ek baie eerder sou wou toer) en totdat dit voltooi is, kry die bus min aandag.
Mooi roep die visarend nou hier onder.
Froggy my Sprinter
Ek het ook n baie ou 1997 Sprinter (dubbel wiel)
Ek het my ombouing gedoen meer as 15 jaar terug en kamp nog lekker met hom.
Het ook nog nooit gedink aan verkoop nie. Dit is n projek wat nooit ophou nie. Soos tegnologie verbeter en verander so verander ou Froggy ook.
Dit is net die dubbel wiele by die tolhekke wat jou dood maak. Dit is klas B. Sodra jy iets saam sleep soos n Jimny of selfs n Venter sleepwa, spring dit na klas C. As jy enkel wiele het en al sleep jy wat bly dit klas A.
My vriend sleep sy Auto Jimny met n A-raam saam. Het propshate release op. My Jimny is n gewone handrat.
Daan Doen Sy Ding
Nou hoekom het ek nooit die draad gesien nie?? Dit is pragige werk. Daan Doen Sy Ding, verseker. Geen wonder Rona is so opgewonde nie !!
Moet erken dat die lus vir so camper bou my ook al beetgevat het, maar moet erken waneer dit gebruik sal word......
Ons wag nog hiervoor Rona
Volgende keer.... ons eerste vakansie met die bussie (KNP November 2022)
Beloftes maak skuld





Nog fotos
Skuus, ek het per ongeluk te vinnig gesave