Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
118792 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoriuskop is tops ! Kruger Wildtuin-stories Len Loader -8 hours ago
Nou glo ek jou.

Gepraat van…
Strydoms in Pilansberg Chris Boucher -8 hours ago
Pretoriuskop Kruger Wildtuin-stories Chris Boucher -8 hours ago
Tent

Aircon

AREA Boksburg
te koop Jurgens 1993… Steven -9 hours ago
Pierre, "Isocharger" 94… Johann L -9 hours ago
Ongesien, te koop Jurgens 1993… Johann L -10 hours ago

Oos- Kaap

Sandbaai
Submitted by maurits on Sat, 20/07/2024 - 21:40
Forums

Dit lyk of my vorige insetsel verdwyn het soos laas maand se salaris, dus probeer ek weer. Ek het genoem dat my buurman hier in Kleinmond lekker stories oor sy wedervaringe deel. Ek wil net noem dat ons toer na die Oos- kaap nader kruip. Ons begin by Sandbaai waar ons dan 2 nagte by Jongensfontein kammp, daarna 4 nagte in Addo , 2 nagte in Nieu- Bethesda, 5 nagte in Zebra park, 4 nagte in Green Fountain Farm caravan park by Port Alfed en daarna 6 nagte by Yellow Sands. Hierna gaam ons rustig kuslangs huistoe toer. Groete.Maurits

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/07/2024 - 08:12

... wanneer vertrek julle? Dit klink na 'n lekker toerplan. Ek het nie geweet daar is 'n kampeerplek by Nieu-Bethesda nie. Wil julle o.a. die Uilhuis besoek? Ons was in die laat 90's daar - toe het ons nog Helen Martins se destydse handlanger, Koos Malgas, daar raakgeloop. Die ouman het toe sulke klein uil-beeldtjies, soortgelyk aan dié wat hy vir Helen help maak het, buite die huis verkoop.

Mooi ou dorpie, maar ek glo dit sal snags spook daar by die Uilhuis (alhoewel ek nie aan spoke glo nie).

Jy en Martie moet lekker kuier.

Sandbaai

maurits

Sun, 21/07/2024 - 11:51

Chris julle moet gerus die Green Fountain farm google. Ons was nog nooit daar nie maar het dit per ongeluk ontdek Maurits

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/07/2024 - 14:36

... word baie goed ge-"rate" op CPC se "ratings". Ekself ken die Oos-Kaap uiters swak.

Jy't my nog nie geantwoord wanneer julle beplan om te vertrek nie.

Sandbaai

maurits

Sun, 21/07/2024 - 19:18

Ons vertrek die 15 September. Moet eers die kleindogter se verjaarsdag bywoon

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 14:33

....met wat se wa kampeer jy?? 

Ek het die kampplek[kie] raakgesien in Nieu Betesda, en maar net gewonder wat se ablusie kan mens daar verwag. Ons het nie fisies gaan inspeksie hou nie, net die dubbel-erf grootte kampterrein opgemerk.

Ek hoop julle geniet ook Bergkwagga wildtuin, ond het dit baie daar geniet. Die lekkerste staanplek is aan bokant van die netjiese ablusieblok. 

Sandbaai

maurits

Tue, 30/07/2024 - 17:23

Ek ry met n Gypsey Romany 2010 model. Vriende was onlangs in Nieu Bethesda en die terugvoering van die kamp was baie positief. Dit is nie 5 ster nie maar alles netjies. Maurits