Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -5 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago

Dwarswegstrand Smalle Desember 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Op Wessel se versoek begin ek die gesprekslyn om alles oor ons kuier bymekaar te hou. 
Almal weet al ons vertrek DV 26 Desember en keer weer 11 Januarie terug. Ons staan vir die eerste keer op nr 33 tydens die besoek. Ons is baie opgewonde oor die vakansie!
 

A

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/01/2025 - 10:08

Dis die enigste voordeel om nie met vakansie te gaan nie, daar is nie 'n laaste dag wat oor jou kop hang vanaf die eerste dag af nie !

Dis nou wat ek noem positiewe denke.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/01/2025 - 12:33

...bly maar sleg, veral as die weer enige oomblik kan reën. 

Ek onthou nog hoe nat/klam die 2 add-a-rooms se onderkante was na 3 weke op gras/grond staanplek. Het dit maar eers omgedop sodat dit kan droog brand. Dan ook die onderkante[plastiek] van die klomp sypanele wat skoon afgevee moet word. 

Wind/mens-skerms om staanplek, gelukkig het ek nie plek om so iets ook saam te sleep nie. Die mense moet maar kyk as hulle verbyloop, ek loop mos ook by ander staanplekke verby.

 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 11/01/2025 - 21:50

Ek was gister man down met verkoue. Ek het lanklaas so sleg gevoel. Ons het met swaar harte begin oppak, en tussenin met iets koud na die sononder gaan kyk. 
 

A

Vanoggend was dit warm terwyl ons klaar opgepak het. Dis altyd moeilik om op ‘n mooi dag te vertrek, maar lekkerder as om nat op te pak. Die oord het taamlik leeg begin raak. Almal maak plek vir die Bouchers se aankoms.

Ons het by Hartenbos gestop om die kinders vir oulaas te laat glygeut ry. Al was die kampterrein langs die amfiteater al amper leeg, moes mens steeds in lang toue wag om te gly. Die plek bly vir ons te besig. 

Die pad was redelik stil, en afgesien van ‘n dwarswind op die N2 was die weer baie mooi. Kyk wie het saamgekom Worcester toe. Ek het net twee gekry terwyl ons opgepak het en hulle daar vrygelaat, maar die een moes in ‘n badsakkie geklim het.

B

 

 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/01/2025 - 22:06

en deel van julle ondervindinge. Bly dat julle veilig gery het, en hoop dat jou verkoue gou sy ry sal kry. 

Waarom is ek nie verbaas oor die "saamkommer" nie. Miskien moet jy hom sommer baaaie ver gaan aflaai (nadat jy gesien het of daar nie in die Kavango nog 'n maatjie is nie)laugh

0
Pretoria

Geert

Sat, 11/01/2025 - 23:08

Het julle skerpioene voorheen ook ervaar op die ander staanplekke...of net nou die een in die hoek?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 07:24

....wat oppad huistoe, waar baie werk wag, nog eers weer stop dat kinders kan gly.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/01/2025 - 08:17

... om gister op te pak. Ek hou YR.no dop om te sien hoe lyk die weer na Vrydag se kant toe wanneer ons daar arriveer - en die voorspelling vir vandag klink maar nat.

Nou's daar nog 'n klompie dinge wat gedoen moet word voor hierdie twee oumense Vrydag die pad kan vat. Maar ai, ek sien alweer uit daarna om die "Ou Lady" agter die Hilux te haak. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 12/01/2025 - 08:40

Ek kan nie onthou dat ons al ooit voorheen ‘n skerpioen daar gehad het nie. Hulle kom egter redelik algemeen langs die tuinroete en Overberg voor volgens die ASI. Ek dink die keermuur wat die duin voor 31 en 32 van die pad af hou bied vir hulle goeie habitat. Die kinders het een aand 15 daar getel met die skerpioen liggie. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 13/01/2025 - 10:13

Dwarswegstramd het altyd met blokbesprekings gewerk oor Desember. Jy moes aansoek doen vir een of beide van die blokke. Dit was gewoonlik van 14-27 Desember, en 27 Desember tot 8 Januarie. Jy kon voor 14 Desember dae aanlas as jy die eerste blok bespreek het, of na 8 Januarie as jy die tweede blok bespreek het. Die 27ste Desember was egter die einde van blok 1 en begin van blok 2 en kon nie verander word nie. 
 

Dit het verander, en vanaf Desember 2024 se besprekings kon jy jou eie datums kies. Daar was groot ontevredenheid daaroor by meeste van die ander kampeerders waarmee ons daaroor gepraat tydens ons onlangse besoek. Hulle het die ou stelsel verkies, want dan het almal op 27 Desember opgepak of aangekom. Daar was nie tussenin bewegings nie. 
 

Ons het dit nie so erg ervaar nie, omdat ons eenkant gestaan het met ons rug na die res van die oord. Ons het wel vier verskillende bure gehad tydens ons besoek. Ek kan egter dink dat dit in die “hoofstraat” waar ons Desember 2023 op nr 17 gestaan het ‘n perd van ‘n ander kleur was. 13 van die 34 staanplekke lê langs die stukkie pad.
 

Met die verskillende aankoms- en vertrekdatums was daar baie beweging. Omdat daar nie vasgestelde blokke of ‘n minimum aantal aande is wat bespreek moes word nie, was daar ook ‘n aantal mense wat net vir ‘n aand of twee op ‘n staanplek was. Daar was ook ‘n paar staanplekke wat vir ‘n nag of langer leeg was.
 

Uiteraard neem die totale aantal kampeerders toe, omdat een staanplek deur verskillende kampeerders gebruik word tydens ‘n tydperk waar daar voorheen net een gesin sou wees op die staanplek. Dit maak kompetisie vir toekomstige besprekings strawwer, want meer mense ervaar die genot van die oord en wil weer kom.

Die ander nadeel, is dat mens nie meer elke Desember vakansie saam met dieselfde 33 ander gesinne staan nie. Kinders raak maats en raak saam groot, en mens weet met wie jou kinders speel en ken hulle ouers. Uit gesprekke wat ons met die bestuur gehad het klink dit nie asof hulle gaan teruggaan na die ou stelsel nie.
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/01/2025 - 10:25

...hoewel die amptelike blokstelsel geskrap is, kan julle moontlik vind dat die meerderheid DWS kampeerders tog maar nog in die blokke gaan bespreek.

Hier en daar gaan daar dalk 'n paar min dae besprekings plaasvind.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 13/01/2025 - 12:25

Die afgelope Desember was die eerste keer wat die blokbesprekings nie gegeld het nie. Daar was egter reeds merkbare beweging buite die ou blok datums. Daar was ook ‘n merkbare aantal korter staners wat net vir ‘n paar dae of minder as ‘n week kom kampeer het. Dit is ook te wagte as mense nie na gelang van die voormalige blokke bespreek nie. Die gapings wat sodoende ontstaan word gevul met mense wat te lank gewag het om besprekings te kry of wat as deel van ‘n toer aandoen. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 14/01/2025 - 07:58

Ons het self Januarie 2024 na blok bespreking gegaan....wou nie so lank gaan nie. Ek dink vir admin doeleindes was dit maklik om te werk met blok besprekings oor Desember as om verskeie besprekings soos n puzzle in mekaar te moet pas om oord vol te hou. Die aanlyn bespreking werk goed....mense vul oop spasies self, net soos wildtuin besprekings. TO Strand het ook altyd blok besprekings gedoen oor Desember...lyk my dis ook iets van verlede

0
Pretoria

Geert

Wed, 03/09/2025 - 09:46

Dis seker rof ja....veral so voor Desember waar uitgawes hoog is. Maar ek hou in n mate van hul idee. Dit maak dat jy meer ernstige besprekings kry en nie een persoon klomp opraap en later die jaar wanneer deposito verskuldig is, kop uittrek nie. Jy wat ernstig dan was en nie plek gkry het nie, het dan intussen alternatief gaan opsoek. 

Gaan jy weer bespreek....vir Desember 2026?

0
Worcester

Wildehont

Wed, 03/09/2025 - 11:33

Gaan jy weer bespreek....vir Desember 2026?

As dit van my gesin afhang ja. Ek geniet ook Dwarswegstrand, en dit het maar soort van tradisie geraak. Daar is nie vir ons ‘n beter alternatief binne dieselfde reikafstand nie. Dit is wel ‘n duur vakansie weens die verblyfkoste, maar dis ‘n puik oord en hulle hou aan opgradeer. 
 

Wat die 40% deposito betref was dit verlede jaar ‘n groot skok voor die Desember vakansie. Die voordeel is dat mens dan minder elke maand hoef te betaal daarna. Ons verblyf vir komende Desember is reeds ten volle betaal so twee maande gelede. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus