Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -10 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -18 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -18 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -20 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 22/01/2025 - 21:03

Terwyl ons op Wessel se voetskimmel bespreking is, en Chris se immuniteit vir atleetvoet. Flip... in my army dae, het elke tweede troep stink  voete gehad. Ons was spiritus ge- issue om voete " taai te maak".... 

Elk geval. Ons kinders het in Knysna groot geword. Laerskool en Hoërskool. In die Laerskooldae, was kopluise so algemeen dat al die mammas, of jy nou onder die spoorlyn of teen die kranse  se kinders presies dieselfde oorgekom het. Weet nie of luise nie mooi kon ondersky nie, maar dit was die geval.

 

 

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 22/01/2025 - 23:09

Terloops - ek het sommer vanoggend nog 'n maandbespreking hier gedoen (4 Nov - 4 Des).

ChrisB. Ek weet nou jy is mal oor Dwarswegstrandoord, maar oorweeg jy nie om miskien ander oord in daai omgewing ook te probeer vir n maand nie. Daars paar mooi oorde nie ver van waar julle nou is nie. Victoria baai....maar dink nie hulle doen lankstaan nie. Dan Buffelsbaai is baie populer onder lankstaners so ook Forever Plettenberg.....hoor hulle staan tans propvol. Ons het ook Heroldsbaai geniet....hulle ook goeie pryse op maand pakette. Woodbourne in Knysna ook baie netjies en baie bome. Keuses is baie. Maar net voorstel....ek hou van meer verskillende plekkies te besoek, maar elkeen vir homself

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/01/2025 - 06:04

....van die samelewing tog. Herman se inset vat my vêr terug, kinders se laerskooldae, en die dogters se lang hare, tot halfpad heupe toe. Dan die verleentheid, as die fynkammetjie uitkom.

Jis mense, sielkunde is 'n bogger, my eie kop het ook sommer uit simpatie begin jeuk.!!!! 

So is daar mos steeds die ander faktore vandag nog, geen aansiens des persoon, hetsy van Blinkblaar hoogte, of doer onder uit Doppiesfontein;

 toustaan by lisensieskantoor, by binnelandse sake, werklooosheidversekering kantore en polisiestasie,

openbare vervoer soos pendel met busse en treine. Het dit probeer in jong dae, maar gougou opgehou daarmee.

siekte wat geen onderskeid ken of maak nie, en laastens wat vir almal wag, die sterfbed.  

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 08:10

... die aanvanklike gedagte was om bietjie af te wissel. Een faktor wat ons aanstaan is lekker lang strande binne loopafstand. Oor Dwarswegstrand en Hartenbos hoef ek niks te sê in dié verband nie. Ons is nie seeswemmers nie, maar is gek oor lekker lang "beach strolls".

Synde ons vir 3 weke bespreek is in Karoo Nas Park, wou ons graag daarna, iewers na hierdie omgewing toe skuif. Aangesien ons reeds die maandbespreking gedurende Jan/Feb hier by Dwarswegstrand vasgemaak het, het ek aanvanklik Hartenbos in gedagte gehad vir 4 Nov - 4 Des. Maar na 'n telefoonoproep het hulle bevestig hulle bied nie maandpakkette tydens daardie tyd aan nie. Ek het andere ook oorweeg - bv. Ebb & Flow, Island Lake en Forever Plettenberg, maar uiteindelik besluit dat Dwarswegstrand "tick" vir ons al die boksies. En dan kon ons ook nog dieselfde lekker staanplek (No 11) vir beide besprekings kry.

Ek het nog 'n verdere maand iewers in dié ongewing vir Feb/Mrt oorweeg, maar voorlopig daarteen besluit. Dit val my toe by dat ons nog 'n Oppiwater Kunstefees bootvaart vanaf 9 Apr 2026 het wat ook op ons wag. Dan raak die program net te vol - en die vakansie-spaarrekening net te leeg (as daar nog hoegenaamd iets sal oor wees).

Vir die volgende jaar sien beplanning dus as volg uit:

Tans (tot eerskomende Maandag) nog by Dwarswegstrand.

22 Feb - 8 Mrt: Hentiesbaai (nie kamp)

11 Apr - vroeg Jun: Hartenbos (4-), Karoo Nas Park (7-), Klein-Kariba (10-) en wildtuin (29 aande).

September kom my ver kinders moontlik kuier en ek voorsien dat ons baie waarskynlik nog 'n wildtuintrip (nie kamp) met hulle sal meemaak. Indien hulle nie SA toe kom nie, mag ons dalk Aug/Sep by hulle gaan kuier.

14 Okt - 4 Nov: Karoo Nas Park

4 Nov - 4 Des: Dwarswegstrand

15 Jan - 14 Feb: Dwarswegstrand

9 - 14 Apr: Bootvaart

Ons sal maar later beplan aan die res. Ek het my net voorgeneem dat solank ek nie in my kapitaal hoef te delf nie en die gesondheid ons dit toelaat, gaan ek die slagspreuk wat daardie een motorhome agter opgehad het, uitleef: Aftrede is nie die einde van die pad nie, maar die begin van die lekker lewe. Wie weet hoeveel geleende tyd het ons nog oor.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/01/2025 - 08:36

Maar dis maar ‘n goor oord. Dis klein, daar is min tot geen skaduwee, en ek hoor van iemand wat tans daar is dat die wind soms vreeslik kan waai en die badkamers morsig is omdat van die grootmense wat daar kampeer nie agter hulself kan skoonmaak nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/01/2025 - 09:11

....ek stem saam!!!! Boonop is die staanplekke beknop, of jy staan teen die bure se braaier, of eie braaier is amper onder jou eie tent. 

O ja, die see lawaai vreeslik, die soutlug maak sinusse oop en dan word mens verdring op die strand deur baie mense, veral buite seisoen.

Die ergste nog, jy betaal ekstra as jy vroeg opdaag, en dan ken hulle jou bespreekte staanplek sommer aan grimmige duitsers toe. 

Sleg verby seg ek joulaugh 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 23/01/2025 - 09:11

Maar dis maar ‘n goor oord. Dis klein, daar is min tot geen skaduwee, en ek hoor van iemand wat tans daar is dat die wind soms vreeslik kan waai en die badkamers morsig is omdat van die grootmense wat daar kampeer nie agter hulself kan skoonmaak nie. 

Netso Chris Smal. Gladnie op standaardfrown 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/01/2025 - 09:16

Na aanleiding van Nico se hartseer storie, wat ek graag die detail sou wou hoor, die volgende vraag;

die begrip "terugkoop van versekering" pla my. Iets wat ek verseker is tog my eiendom. Nou sit ek 'n eis in, wat afgekeur word, maar dit is mos steeds my eiendom.

Waarom moet ek dit terugkoop??? As hulle nie eis wil eerbiedig nie, skuif eiendomsreg mos nie na versekeraar toe nie. Ek los net die eis en laat maak self reg. 

Wat seg ons regsgeleerdes op die forum???

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 09:48

... die afleiding wat ek maak is dat die wa afgeskryf is. M.a.w. die versekering betaal die versekerde waarde van die wa uit. Herstelkoste, volgens die versekeraar regverdig nie die versekerde waarde nie. In daardie geval gee hulle jou geld vir die waarde van die wa, maar hulle neem dan eiendomsreg oor en poog om van die versekerde waarde wat hul uitbetaal het te herwin. As jy bereid is om die waarde van die wrak te betaal kan jy, as vorige eienaar, of enigeen anders die wrak koop. Dit is wat skrootwerwe gewoonlik doen en strip die wrak van alle bruikbare komponente om weer hulle uitgawe te herwin.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/01/2025 - 10:18

Dankie jou verduideliking maak sin. Slegs as die versekeraar mens die  versekerde waarde uitbetaal, en sodoende eiendomsreg oorskuif na hulle toe, is daar 'n terugkoopbedrag tersprake.. 

Vir 'n onhandige ou soos ek, wat nie 'n woonwa kan bou of herstel nie, nog minder 'n bakkie byvoorbeeld kan paneelklop, is dit bloot nie die moeite werd om die wrak te probeer terugkoop nie.

 Dit gaan 'n ingewikklede koste-analise verg om so 'n besluit te maak. Byvoorbeeld, is die versekerde bedrag minus die terugkoop bedrag meer as voldoende om werklike herstelkoste te dek. 

Of  moet mens bloot redeneer dat deur die wrak terug te koop, mens darem die uitgawe verbonde aan herstelkoste verklein.

Uiteraard moet hierdie inset bloot gesien word as 'n algemene denkpatroon, wat bloot deur Nico se mededeling aangewakker is, maar nie doelbewus sy dilemma en denkwyse bevraagteken nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 13:03

Wildehont het vir ons vertel van die bloublasies wat hulle hier by Dwarswegstrand beleef het. Maar dit wat ons gister op die strand gesien kan beswaarlik geglo word, tensy jy dit self gesien het. Ons het gistermiddag tydens laagwater op die strand gaan stap in die rigting van Groot-Brak. Vir die volle afstand wat ons gestap het was dit bloublasies op bloublasies. Sommige plekke het hulle op hope gelê asof dit bymekaar gehark is.

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

Ek het gepoog om 'n video clip te neem, maar dit was moeilik a.g.v. die sonlig wat my sig op die foon se skerm bykans onmoontlik gemaak het.

Alhoewel ons niemand sien swem het nie, sou dit 'n brawe persoon geverg het om die bloublasies aan te durf.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/01/2025 - 15:29

Dis nou maar ‘n ding van die natuur betree, ons is swak aangepas om daar te oorleef. Of laat ek dit so stel; ons het ons aanpassing verloor omdat meeste van ons nie meer in die natuur leef nie. Die see is ‘n perd van ‘n ander kleur, want daar is min soogdiere wat aangepas is om daar te oorleef, en ons was nooit een van hulle nie. 
 

Bloublasies is darem nie dodelik solank mens nie allergies is vir hulle steek nie. Dis nie ‘n aangename ervaring nie, maar daar is baie groter gevare in die oseaan sonder bloublasies. Terloops, ek glo die klosse wat daar uitgespoel het is weens die wilde wind van die see af eergister (as ek reg onthou). Dis maar wat hulle kus toe bring. Hulle kan nie swem nie.

 

Terug na die ander gevare. Soos voorheen bespreek was daar ‘n verdrinking by Glentana daar naby op 26 Desember. ‘n Kollega van my het op Nuwejaarsdag by Hartenbos twee ribbes gebreek en die laaste vyf dae van sy vakansie in Mosselbaai se Mediclinic deurgebring. Hy was in heupdiepte water toe ‘n brander hom en sy twee broers omdop en op die sand neersmyt.  Hulle het ligter daarvan afgekom, maar hy is nou nog af siek nadat hy verlede week opereer moes word om sy ribbes met plate te heg. Hulle was bang dit steek in sy long in. 
 

Die bloublasies doen mens dalk ‘n guns deur jou uit die see te hou?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/01/2025 - 16:02

maatjie nie!!! Sjoe, hoe het ek met my telge gesukkel, veral die seun. 

Geen banghaar gehad nie, aldrie kon verwoed swem, was mos lewensredders met nasionale kleure daarin. Ek was nooit bekommerd oor verdrink nie, maar oor daai diertjies met die rye fyn tandjies wat sommer deur 'n branderplank knibbel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 16:47

Ek het 'n ooreenkoms met daardie ouens met die vaal jasse, lang skerp tande en die "blade" op die rug. Ek bly uit hulle "territory" uit en hulle uit myne. Sodoende vermy ek ook die bloublasies. Watter wen-wen situasie 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 23/01/2025 - 18:26

Bloublasies                                              is ook volop in Sedgefield. Het vandag op die strand na Buffelsbaai se rigting gestap en die strand was vol van hulle. Ook jellievisse uitgespoel. 

Vir die eerste keer gesien dat die slakkies die bloublasies en jellievis eet.

Die see was vol visse wat in die branders op die strand geswem het. Van hulle het ook op die strand uitgespoel.

 

Jellievis

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 18:28

Ons arme papegaai het baie agteruit gegaan. Ek sal nie nou ingaan op die detail nie, maar ek is al vir 'n geruime tyd bekommerd dat sy ly. Dit is Ralie se kind vir 28 jaar. Sy pamperlang maar sover sy kan. Ons kan haar nie meer by ander mense los nie - sy's 'n "burden". Daarom het ons haar maar (teen Dwarswegstrand se reëls t.o.v. troeteldiere) saamgebring. My ooreenkoms met Gerhard (bestuurder) is dat ons haar in die karavaan sal hou.

Ek het uiteindelik daarin geslaag om Ralie te oortuig om haar na 'n voël-veearts te neem vir evaluasie. Ons neem haar môre George toe vir ondersoek. Ek dink dat die veearts waarskynlik sal aanbeveel dat ons haar maar moet laat verlos van haar lyding (my opinie). Maar indien dit wel gebeur, sien ek met swarigheid op teen môre-aand se atmosfeer in hierdie karavaan.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 23/01/2025 - 19:30

Hallo oom Wessel. Ons sienmekaar op SATARA.

See is n wonderlike plek.  Ek doen diep see duik as n stok perdjie.  En die lewe daaronder is wonderlik.  Ek se altyd vir my navigator (neef Herman.. my vrou) net LIEWE JESUS praat met jou daar.

Regtig dis mooi daar.  Maar hulle se jy het nog nie geduik as jy n aand duik doen.  Die lig van jou flits skyn dan op een plek en wys al die kleure.  MAAR ek is bang TA met sy tande sit agter my in die donker.  So ek duik net in daglig.

Ek geniet so julle forum en woorde.  Ek het nou alles gelees van die pynappel bier in COVID.  (wildehont)  Ek het so gelag vir daardie foto van n ou wat sy hare geskeer het soos n pynappel.......  Ek self het pelle gehad wat werk by n pub.  Die slegste DOOS wyn (4th Street) wat ek moes koop vir R500.  Kan jy dit oor vertel.

Vandag is 95 dae dan gaan ek en NAVIGATOR noorde toe en vir oomKruger kuier.

Ek sal moet n aparate gesels oop maak.  Maar OOM WESSEL sal my help.... 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 23/01/2025 - 19:31

Ai, dit is nie goeie nuus nie en moet vir julle baie erg wees. Baie sterkte, ek dink ook môre aan julle. Dit is nie 'n aangename besoek nie - ons moes ook eenmaal die besluit neem.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 23/01/2025 - 20:45

As 'n klomp slakkies in hulle element kan lyk, dan dink ek dit is in hierdie foto vasgevanglaugh. Hulle het waarskynlik gedink dis Krismis met so baie om te eet en sal wens dat die wind altyd so wil waai.

Verder doen hulle ook seker vir almal 'n guns om die strand op te ruim deur die bloublasies op te eet.

Hierdie laat my dink aan een aand die afgelope Desember toe ons kinders hier gekuier het. Ons het 'n vinger-ete gemaak, en o.a. was daar ook 'n potjie knoffel slakke op die tafel. Ons kleinseun (5) wat dit nog nie tevore geëet het nie, het die storie baie skepties uitgekyk en uiteindelik vir my gevra of dit uit ons tuin kom. By hulle is yslike groot slakke in die tuin wat getroetel word. Gelukkig, voordat ek iets kon antwoord, het sy pa die situasie gered met "Nee, nee, hierdie kom uit Frankryk" (die kleine het al 'n goeie idee van wêreld lande). Dit het baie selfbeheersing gekos om nie in 'n lagbui uit te bars nie. Heel gretig en tevrede het hy 'n paar geniet. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus