Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -2 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -2 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -6 minutes ago
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 29/01/2025 - 10:49

... ek weet nie hoe die ander weet dat jy verjaar nie, want ek sien geen besonderhede oor jou geboortedag by jou profiel nie. Nietemin - geniet die dag. Lekker verjaar.

Terselfdertyd ook my dank aan jou met hulp in die verlede met dophou van beskikbare akkommodasie in die wildtuin - en ook voorheen in Kgalagadi. Dis lekker om sulke staatmakers op die forum te hê.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 29/01/2025 - 10:54

... Stoffel se veearts-uitstappie van verlede week my toe nog 'n verdere R430 toe ek vanoggend die rekening van die patoloë ontvang. Stoffel kos my nou bykans R2000 meer as die inlangse afspraak by die oogspesialis. Ek weet dat die veeartse kan nie vir live and charity werk nie - maar o pokkit, hulle is duur.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 29/01/2025 - 12:24

Ek weet dat die veeartse kan nie vir live and charity werk nie - maar o pokkit, hulle is duur.

Baie geld, veral nadat hy eintlik gehoop het op "genade dood "

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 29/01/2025 - 19:12

Dankie vir almal se verjaarsdag boodskappe op die forum asook WhatsApps....waardeer dit baie

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 29/01/2025 - 19:17

Nog n olifant foto by Malelane hek. Ek het dit elders gekry. Foto is geneem deur Paul Mulder...ook op hierdie forum 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/01/2025 - 19:50

Ek wonder waarom nou skielik het die olifante die neiging om by die hek rond te hang. Sekerlik nie om 'n lift dorp toe te bedel nie.laugh

Ons het afgelope paar jaar altyd by Malelane uitgekom, en nog nooit enige dier of olifante so naby die geboue ervaar nie. 

Ek hoop nie hulle word daar gevoer nie, want dis darem oulik om so verwelkom/totsiens  te word. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 07:47

Ek merk op dat daar 'n paar nuwe lede bygekom het. Baie welkom hier, en onthou dat deelname ook beteken om aktief saam te gesels, vrae te vra en deel te neem met insette van julle kampeerlewe.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 30/01/2025 - 08:17

Jislaaik oom Oli is naby daardie persoon in sy blou hemp.  Of is oom oli bang vir blou hemp manne...

Gelukkig vertrek ons uit B&D en dan na Malelane hek.  Sal maar vir navigator stuur om dokumente te doen.....

Lekker dag almal.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 30/01/2025 - 08:51

Dit is nou al baie lank wat De Mond karavaanpark langs die strandmeer naby Grotto strand in Hermanus toe is en daar niks aangaan nie. Ek oorweeg ‘n naweek by Kleinmond karavaanpark (hoe lyk dit met ‘n inspeksie Mnr Boucher?). Dit is September verlede jaar oorgeneem deur nuwe bestuur (ek het die berig daaroor gedeel toe ek daarvan uitgevind het).
 

Terwyl ek vanoggend soek na onlangse resensies van Kleinmond karavaanpark kom ek toe op hierdie artikel af oor De Mond karavaanpark. Hopelik gaan hulle nie net vir die welaf mark voorsiening maak nie, en sal daar bekostigbare kampeer opsies ook wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 10:07

...terug by ons klomp kletsers. Hoop dit gaan goed met julle daar in die mooie Onrus-Hermanus.

Jy moet tog vir Chris S 'n guns doen, soos hierbo vermeld. Dit sal Chris B 'n rit spaar, dis mos vreeslik vêr van Kleinmond af, tot in Hermanus.

Ek hoop om meer gereeld van jou hier te lees. Ons het natuurlik agting vir lede soos jy, wat nog stoot aan die land se ekonomiese vooruigang. laugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 30/01/2025 - 10:43

De Mond gaan nog ‘n paar jaar vat voor dit oopmaak (as daar nie weer ‘n stok in die speke beland nie). Kleinmond is reeds oop, en dis wat ek oorweeg vir 14 - 16 Februarie. Ek wil egter nie ‘n stel aftrap met bv sekuriteit nie. 

0

Goeie dag almal. Ek het gehoor dat Kleinmond se karavaanpark glad nie sleg is nie sedert die nuwe "eienaars" oor geneem het. Dit is egter hoorsê. Het self nog nie gaan kyk nie. Intussen wag ons almal in spanning vir De Mond bedrywighede om te begin maar soos Chris S sê "dit gaan nog 'n paar jaar vat"

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 30/01/2025 - 15:58

Ons wou gou daar gaan loer het, maar het voor 'n toe hek te staan gekom. Hopelik kan ek 'n telefoonnommer bekom ten einde reëlings te tref om wel in die park te kan kom. Ek wil sommer 'n foto of twee neem. Ek hoop eersdaags so te kan doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 16:08

Ek aanvaar julle het ook gelees van die vliegtuig ongeluk in Washington DC. 'n Kleinerige straler het ingekom om te land, en 'n Amerikaanse lugmag helikopter het "onverklaarbaar" in dit vasgevlieg. Beide het ontplof en in die Potomac rivier geval. Alles dui daarop dat daar geen oorlewendes sal wees nie. 

Ek dink die ontrafeling van die ongeluk sal insiggewend wees, terreur???

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 16:13

Ek aanvaar julle het ook gelees van die vliegtuig ongeluk in Washington DC. 'n Kleinerige straler het ingekom om te land, en 'n Amerikaanse lugmag helikopter het "onverklaarbaar" in dit vasgevlieg. Beide het ontplof en in die Potomac rivier geval. Alles dui daarop dat daar geen oorlewendes sal wees nie. 

Ek dink die ontrafeling van die ongeluk sal insiggewend wees, terreur??? Ongelukstoneel is net 3 myl suid van die Withuis!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 30/01/2025 - 19:13

... ek het toe telefonies kontak gemaak met Adri (eienaar) van Kleinmond Karavaanpark. Ek sal Saterdag gou daar gaan inloer en hopelik 'n foto of twee neem. Ek is ongelukkig môre vas met Stoffel se veearts-afspraak by Klapmuts. En ons gaan gou nuwe spons en materiaal koop vir die Ou Lady se "dinette" area. 'n Ou kennis doen die werk vir ons. Sy't voorheen 'n skitterende werk gedoen met kussing vir die "picnic bench" op ons houtdek. Die 32-jarige Ou Lady kan doen met 'n bietjie opgradering.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 30/01/2025 - 23:36

Toe ons Maart maand in Kleinmond was, wou ons by hierdie karavaan park ingeloer het, maar was gesluit. Is dit dieselfde een waarvan julle praat hierbo of is daar nog n ander een? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus