124307 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
 Oom Grootwind gaan seker… DDS (Doen Dit Self) neef Herman -47 minutes ago
Franschoek pas Heuwelsig Franschoek maurits -1 hour ago
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -1 hour ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -1 hour ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -1 hour ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -2 hours ago

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Thu, 23/01/2025 - 19:41
Forums

Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin. 

Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word. 

Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar. laugh 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/01/2025 - 19:49

... is Goeie Hout se laaste aand in Krokodilbrug (5 Mei), my eerste. En dan verwag ek om ook nog vir Maurits raak te kamp in Krokodilbrug. Ek sien darem self uit na die wildtuin. Alhoewel ek Maart 2024 daar was, het ek laas in 2021 in die wildtuin gekamp.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 23/01/2025 - 20:37

Chris.  Jou geheue is reg.  Hier is die finale datums en plekke.

Ek sal jou opsoek.

01/05/2025    Donderdag    Goodwood    Joalani Guest Farm
02/05/2025    Vrydag    Joalani Guest Farm    Bundu
03/05/2025    Saterdag    Bundu    Pienaardam
04/05/2025    Sondag    Pienaardam    Krokodil brug
05/05/2025    Maandag    Krokodil brug    Krokodil brug
6    Dinsdag    Krokodil brug    Onder Sabie
7    Woensdag    Onder Sabie    Onder Sabie
8    Donderdag    Onder Sabie    Onder Sabie
9    Vrydag    Onder Sabie    Satara
10    Saterdag    Satara    Satara
11    Sondag    Satara    Satara
12    Maandag    Satara    Satara
13    Dinsdag    Satara    Skukuza
14    Woensdag    Skukuza    Skukuza
15    Donderdag    Skukuza    Skukuza
16    Vrydag    Skukuza    Skukuza
17    Saterdag    Skukuza    Berg en dal
18    Sondag    Berg en dal    Berg en dal
19    Maandag    Berg en dal    Berg en dal
20    Dinsdag    Berg en dal    Parys  Weltevrede
21    Woensdag    Parys  Weltevrede    Coles Onze
22    Donderdag    Coles Onze    Karoo
23    Vrydag    Karoo    Huis


 

Kaap

Goeie Hout

Thu, 23/01/2025 - 20:39

Regtig mense.

Ek maak mamma mal oor my beplanning.  Ek is soos n kind wat literin moet kry.

 

Dankie Wessel Strydom.  Skuld jou n koue in Satara.

Worcester

Wildehont

Fri, 24/01/2025 - 13:43

Wat ‘n heerlike vooruitsig. Ek kan die opwinding aanvoel. Geniet dit. Ons moet nog wag tot 1 Julie voor ons weer inklok by Oom Paul se tuin. 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 24/01/2025 - 14:25

Hallo ALMAL.

Ek het gewoonlik nie met n ekstra Dometic vrieskas/yskas getoer nie.  Die keer moet ek weens ekstra monde wat gevul moet word.  

As ek 4 dae boontoe ry, plaas dit ekstra stremming op die batery/altenator van my IZUZU of is dit ok.  Snags sal ek hom laat hardloop vanaf krag.  Ek het n 12.Vpunt in my laaibak laat aanbring.  Hy skakel af as IZUZU af is.

 

Groete

Worcester

Wildehont

Fri, 24/01/2025 - 14:32

As ek 4 dae boontoe ry, plaas dit ekstra stremming op die batery/altenator van my IZUZU of is dit ok.  

Ek glo nie jy hoef te bekommer daaroor nie. Terwyl die enjin loop sal die alternator die battery genoegsaam gelaai hou. Die lading wat jou yskas uit die battery trek sal dus aanhoudend vervang word om te keer dat dit afloop . 

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 24/01/2025 - 15:06

My Waeco vrieskas                                   ry ek al vir jare van my voertuig se battery af. Selfs as ek iewers stop om iets te ete kry en brandstof inneem werk hy. Nog nooit enige probleem gekry nie.  Selfs vir tot 10ure. Het al van Namibië af op -10 grade gestel. 

Indien ons iewers oorslaap skakel ek hom vir die nag op krag en volgende oggend weer op die battery. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 24/01/2025 - 15:14

... wat Wildehont sê. Myne is 'n Snomaster wat ek kan stel na "maximum battery protection". Dit beteken die kas bly krag trek vanaf die bakkie se battery, selfs as die enjin afgeskakel is. Dit skakel outomaties af sodra die battery op 'n sekere minimum-vlak kom, maar steeds genoeg krag het om die Hilux aan te skakel. So kamp ek vir 7 aande op 'n keer in Tsendze. Saans teen slaaptyd ontkoppel ek die kas en die volgende dag as ons gaan ry word die battery weer volgelaai. Soggens is alles nog kliphard gevries. Die rede vir ontkoppeling is dat die Snomaster 'n alarm het wat afgaan sodra die battery op sy minimum-vlak kom - en dit is steurend in die nag.

As ons oorstaan op 'n plek koppel ek ook die kas op 220v. Ek wonder of jou Dometic nie ook die "battery protection" funksie het nie. Vind bietjie uit.

 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 24/01/2025 - 21:06

Jislaaik julle is YSTERS.  Baie dankie vir die goeie nuus.

Ek sal moet fotos plaas om op te maak vir julle advies.

As ek kyk na GEERT en Wildehont se opdatering van gebeure sal ek moet uithaal en wys.

 

Lekker naweek julle.  En weereens DANKIE.

Pretoria

Geert

Sat, 25/01/2025 - 06:38

My yskas is af as ek sleep....moet bysê ek het ook nie fasiliteite om dit aan te hou tydens sleep nie. Nog nooit n probleem gehad dat goed in die yskas warm word en in vrieskas ontdooi nie. 2 Weke terug toe ons terugry vanaf Ballito het ek n sak ys in die vrieskas vergeet. 8½ later toe ons in Pretoria kom het ek gedink daar gaan water in karavaan lê van ys wat begin smelt het. Niks ys het nog eers begin smelt nie, vleis wat saam terug gekom het ook nog kliphart. So as jy voel dit gaan stremming op kar sit, los hom af....niks gaan gebeur nie....onnodig om aan te hou tydens ry

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/01/2025 - 06:51

Goeie hout, jy het reeds die 12V laat aanbring, jy kan dit netsowel gebruik, soos die manne hierbo noem.

Geert se waarneming is ook korrek. ek het 'n 2de National Luna wat agterop Grompie saamry, as ons kampeer. Ek vries dit kliphard voordat ons vertrek, en dis gladnie gekoppel aan 12V terwyl ons beweeg nie. 

Sodra ek by 'n oornag plek kom, laat ek dit loop van 220V af, tot ons volgende oggend vertrek. Niks ontdooi nie. Soms staan ons net 2 aande op 'n plek soos laasjaar in B&D, dan los ek dit agterop bakkie. Ek hang net die 220V koord sodanig dat ek dit sien, en kan ontkoppel as ons gaan wild soek. 

So jy kan enige opsie gebruik.

NS: sien foto regs bo op 1st bladsy hierbo "Strydoms in Kruger 2024" van staning in Berg & Dal[ B&D].      

Kaap

Goeie Hout

Tue, 18/02/2025 - 18:41

Hallo Almal.  Ek lees so die stories en ek geniet alles.  Ek is in die pyl vak.

More is 70 slapies dan is die toer in wording.  Net GENADE.  Ek is nou soos (Oom) Len wat alles voorberei.  Karavaan is in Oktober gediens by Pine.  En Geseel.

Die naweek is die wheel bearings se nagaan.  Sleep julle wheel bearings saam.

Dan kom my vriend SPARKY om die karavaan se drade mooi na te gaan.  Oja, Len kyk na spaarwiel.  Goeie idee.

ZUZI is Januarie gediens.  04/04/2025 word sy net weer deur gegaan.  Dalk net weer nuwe olie en olie filter is nodig.

So alles val nou in plek.  Ons dogter se tyd met kleintjie is einde Mei.  So navigator is nou vol planne vir die doeke party.  Ek moet nou alles doen oor die toer.  Ek gee nie om.

Alles is nou betaal en bevestig.  Op is dit, Joalani, Bundu en Pienaarsdam.  Terug, Welte vrede by parys, Onze Rus in Colesberg, en dan die mooie KAROO.  Ons kom weg met R399 gemiddeld per maand.  Glad nie sleg nie.

Mooi aand.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/02/2025 - 19:55

... dis seker nie 'n slegte idee om stel wiellaers saam te ry nie. As wa gediens is, is dit seker onnodig----jy ry tog nie vir Isuzu laers saam nie, of hoe. 

Ek sal nie eers weet hoe om dit in te sit nie, maar om die regtes byderhand op 'n verlate dorpie te hê, gee gemoedsrus.smiley

Kaap

Goeie Hout

Wed, 19/02/2025 - 15:57

Goeie middag Len.

Dit is n persoon in Parow Industrie.  Caravan Clinic 0823388569.

Ek dink sy naam is Morne.

 

Groete

Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/02/2025 - 16:37

Hallo almal.

Ek het op Wildehont se 2022 toer na oom Kruger afgekom op lede wat së jy moenie karring aan wheel bearings/wiellaers.

So ek gaan daardie strategie volg.

 

Groete uit n warm Kaap.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 17:46

...jy het mos boontoe genoem dat jou wa Oktober '24 deur Pine gediens was. As ek na Chris B en Len luister, het hulle 'n baie goeie indruk van sy vakmanskap en dienste.

Dus, as jou wa daar gediens is, kan jy aanvaar jou wiellaers is OK vir die langpad. Intussen het jy mos Hermanus toe gesleep, en niks het lawaai of warm geword nie. 

Ontspan, en bekommer eerder waar jy paar bottel KWV produkte kan inpak.laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus