Slowstrike??
Hoe het jy so stil-stil weggeloop, of het ek iets gemis? Dit lyk nietemin of jy/julle 'n fantastiese wegbreek geniet het. Sjoe, julle was gelukkig met die roofdiere en ek glo dat ander wild ook volop was (die wildehonde moet ook eet
). Vertel bietjie waar hierdie roofdier sightings was en sommer nog baie meer....
Pragtige foto's SS, veral.................
...................die foto's van die witpelikaan (is dit reg ?) met weerkaatsing in die water.
Baie dankie.
Ns. Nee, dink dis eerder 'n kleinwitreier - swart bek en bene
In watter wildtuin....
...was julle so gelukkig???![]()
![]()
Julle het seker dit alles tussen K.brug en OnderSabie te siene gekry.
Wessel Leeus Luiperd Hiënas…
Wessel
Leeus Luiperd Hiënas en wildehonde op die rivierpad tussen Malelane en Krokedilbrug hek gekry.
Ons moes maandag die pad weer ry maar die keer van Komatiepoort hek na Malelane aangesien daar `n vragmotor ongeluk net buite Komatiepoort was en die verkeer blykbaar vir 5 ure stilgestaan het. Ons het maar besluit dis beter om teen 30km/h die grandpad te vat deur die wildtuin as om vir ure in die verkeersknoop vas te sit.
Jou vriende of roadblocks het ons ook baie gekry maar hulle was almal rustig en ons moes net een keer 20 min wag vir `n grootvoet wat in die pad gestaan het of hy geplant was. Een van daai mislike groen trokkies het hom later verjaag
Slowstrike....
ek sal onthou om daai rivierpad te ry vir diere.
Het jy die pad met woonwa gery, of nie.?? Het jy 'n boswa of padwa, kan nie onthou nie.
Rona My se vrou het gaan…
Rona
My se vrou het gaan deelneem aan `n doggie trail run by Devoetpadkloof. Ons het van daar na ons plekkie in Marloth vir `n week se rus. Het in oulike tenthuisies in die boskamp gebly vir 5 nagte en daarna 8 dae in Marloth.
Ons kom min daar en wou die plek al menige male verkoop het maar dan gaan ons soontoe vir `n week dan weet ons weer van beter.
Baie mense hier sal my stenig as ek die fotos plaas van die wild daar en hoe die diere gevoer word. Ek voel nie sleg of skuldig nie want die veld is swak en die diere is al so mak en mense gewoond dat hulle uit jou hand eet. Gelukkig word daar nou na jase se kla en sukkel beter na die omgewing en bestuur van die diere omgesien.
Weke na die laaste reën loop die Loskopdam steeds oor
Oon Len Pure geluk want…
Oon Len
Pure geluk want gewoonlik is die verkeerde lens op die kamera as so iets oor jou pad kom. Ons was baie gelukkig met die voëls
Het jy die pad met…
Het jy die pad met woonwa gery, of nie.?? Het jy 'n boswa of padwa, kan nie onthou nie.
Wessel
Nee nie gekamp nie en nee ek het net `n pad karevaan. Ek het wel `n Wildebees Kalfie boswa gehad maar die is verkoop. Daai daktent is nie jou vriend nie veral as die knieë moeg is nie.
Dankie Slowstrike
Ek waardeer jou foto's en deel van meer inligting. Loskopdam wat hierdie tyd van die jaar steeds oorloop is nogal 'n gesig. Met 'n blyplekkie in Marloth loop julle seker meermaal bietjie weg uit die stad - wat ek dan eintlik sê is dat jy maar kan gesels, ek luister graag![]()
Slowstrike....
....ek het soos my blaker gelees. Jy het mos genoem van bly in Marloth, dus dit beteken sonder woonwa.
Iemand sal moet help
Dit is sulke pragtige foto's en ek het al 'n paar maal teruggekyk daarna (ook gewonder oor die kamera of selfoon wat dit geneem het - natuurlik speel die hanteerder ook 'n rol
). Aanvanklik gedink dis 'n kleinwitreier, maar is nou nie meer seker nie.
Ek dink...
ons stem saam wanneer ons reken dis 'n pragtige voël. Verder wil ons hom nie uitmekaar trek nie![]()





Luiperd met sy vangs in die boom