Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -9 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -10 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -11 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -12 hours ago

Augustus 2025 saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand. 

Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.

Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.

Gesels saam, dis waarom ons vriende is.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/08/2025 - 08:06

... die maand wat ek 'n slag moet huistoe gaan. Die oppakkery sal seker vandag so stelselmatig begin. Hier lê groot skoonmaakwerk voor a.g.v. Eiland Spa se stof wat in elke hoekie en gaatjie inkruip na twee maande se kamp. Maar ek kla nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 09:41

...werk baie lekker. Ek het ene wat ek die Kavango se dak binne vastrek vloer toe. Sommer net 'n ekstra gemoedsrus. Voordat ek ordentlike dakknippe buite gehad het, het ek nie die binnestes vertrou nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/08/2025 - 10:41

... hier is waarskynlik verskeie ander familielede ook op die forum. Ek is bly ou Bachus kom gewoonlik eers na skemer hier by my 'n draai maak. En soms het die ou 'n invloed op my skryf- of liewer tikvermoë. Dan word ek eerder stil as wat ek die volgende dag verleë na my insette kyk. Maar sommige ouens neem só min hier deel dat ek wonder (as dit om dieselfde rede is) of ou Bachus nie dalk reeds van vroegmôre af by hulle kuier nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/08/2025 - 10:54

Noudat ek hier bo die woord "vroegmôre" getik het, dink ek aan iets anders. Ek het op skool geleer dat "môre" word met 'n kappie op die "o" geskryf en dit word uitgespreek soos die "o" in 'n woord soos "pols" of "gons" - nie "pools" of "goons" nie. Ek let op dat omtrent al die mense woonagtig in noorde praat van "moore" - nie môre nie. Dit is gewoonlik vir my 'n "dead give-away" van waar 'n persoon gegroot het. En as hulle praat van "Transvol" i.p.v. Transvaal, maak ek sommer dadelik die afleiding dat dit 'n Pretorianer is. So ook die uitspraak van "ek" as "ack" (soos in die Engelse "hack").

Aag - ek is sommer lus vir strooipraat (sonder Bachus se invloed). Ek bly lief vir alle Afrikaans-sprekendes, hetsy Bolanders, Pretorianers of afkomstig van die "Cape Flats".

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 11:10

....is soms baie komies.

Ek is egter bevrees dat ek ook al na meer as 40 jare woonagtig hierbo my Kaapse plat "e" klank verloor het.

Ek weet wel dat ek nie 'n stronthuis by die see het nie.  laugh

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 01/08/2025 - 12:42

 En soms het die ou 'n invloed op my skryf- of liewer tikvermoë. Dan word ek eerder stil as wat ek die volgende dag verleë na my insette kyk.

 

OO ek is skuldig hieraan as ek teug aan n ou rooi wyntjie van Glen Carlou.  En dan is ek ook verlee.  

Lekker oppak Chris.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 12:58

...dis bietjie vroeg vir 'n rooi wyntjie, onthou die woord is " verleë "laughlaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/08/2025 - 13:44

En as hulle praat van "Transvol" i.p.v. Transvaal, maak ek sommer dadelik die afleiding dat dit 'n Pretorianer is.

Daardie aksent is eie aan Pretoria-Oos. Ek het teen die Noordelike hang van die Magaliesberg groot geraak, en daar praat mense nie so nie. 
 

Toe ons universiteit toe gaan, was daar net vier van ons in die klas van 23. Toe die Pretoria-Oos kinders wat in Waterkloof, Menlopark en Wilgers skole was hoor waar ons vandaan kom, wou hulle aanvanklik nie met ons meng nie.
 

Ons het by ‘n Eerstejaar braai aan die begin van die jaar met mekaar gesels terwyl die Pretoria-Oos kinders in ‘n ander deel van die vertrek met mekaar in hulle vreemde aksent gepraat het. Toe kom ‘n jong dosent nader en vra of ons die ouens van Pretoria-Noord is. Hy vra toe in ‘‘n amperse fluisterstem; “Hoe is dit daar, is dit nie bietjie zef nie?”. 
 

Gelukkig het die neus in die lug kinders later agtergekom ons is almal net mense, en ons het almal lekker saam geswot vir vier jaar.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 01/08/2025 - 14:32

Ek bly in Pretoria Oos en praat nie so nie. My seun was op Waterkloof en is ook nie hoogmoedig nie....gewone down to earth. Ek self is n doodgewone persoon en is dankbaar teenoor Skepper vir genade gawes wat ek daagliks ontvang. Van ons vriende bly in minder gegoede areas....ons kyk geensins op hulle af nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/08/2025 - 14:51

Geert, ek praat van 1990. Dinge het seker verander intussen, maar daar was ‘n tyd wat die verskillende klasse maar in verskillende buurte gebly het in Pretoria.
 

Onthou ook, ons was kinders toe. Omdat ons ‘n klein groep van net 23 studente was wat die meerderheid van ons vakke op ons eie kampus Suid van Lynnwoodweg geloop het, het ons meeste van die tyd net met mekaar interaksie gehad. Ons het nie besef dat daar verskille tussen mense van verskillende klasse is nie, maar ons het definitief snobisme ervaar tydens die eerste paar weke op universiteit. Dit het my nie gepla nie, dit was eintlik snaaks en het vinnig verander.
 

Daardie tyd het die mense van Pretoria-Oos gepraat van my mo en my po, dit het seker ook verander intussen. Onthou, ek bly al 11 jaar lank hier. Ek het vandag elf jaar gelede hier begin werk. En na universiteit het ek meer as 26 keer getrek en in vier van die provinsies en ‘n buurland gebly. Toe ek in toerisme gewerk het was ek die meeste van die tyd nie tuis nie. My ervaring is dus meestal gebaseer op my tyd op universiteit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 15:37

...van PG du Plessis genaamd " 'n Seder val in Waterkloof"

Wel, toe ek in die Transvaal aankom [1983], het ek gehoor dat Transvalers 'n stertjie aangelas het, .... "en 'n bloekom donder neer in Danville"

Geert, onthou hierdie is 'n goedige gekorswel, maar ek het ook Pretoria leer ken met klasse verskille en gepaardgaande sekere woonbuurte. Twee staaltjies ter bevestiging;

So gaan ek en my beterhelfte een aand Statusteater toe. Ek met my kort army haarstyl en sy geheel degtig uitgevat. Niemand praat met ons nie, en pouse vra die dame langs my---het jy 'n graad en 'n werk. Ek antwoord toe heel eerlik----ja ek het 'n werk by UKOR, hulle het my kom werf op Skelmbosch, want ek is 'n doktor. Dadelik sê sy vir haar man----hy is 'n doktor, laat ons vir hulle koffie koop.

So gaan eet ons op 'n aand in die goeie ou dae se Sunnyside. Bring die kelner vir ons plastiese glase. Ek vra toe om die bestuurder te sien, en vra hom vir glas, glase vir ons wyn. Seg hy----- julle bleddie troepe raak net gesuip en breek die goed. Ek wys hom toe my kredietkaart, en bedank hom vir sy eerlikheid, en loop uit. 

Ek het vanaf Durbanville in groter Kaapstad verhuis, en in Kwaggasrand Pretoria ingetrek. Van daar na The Reeds [nappy valley] en  van 1989 in Brits van alle plekke. Bloot omdat ek nie om die dam kon bekostig nie. Bly hier tussen die snobs, ry ook 'n Hliux en kamp met 'n kleine Kavango-tjie.laugh

Chris S, dankie vir die herhinner aan die po en mo . Dis hulle met die stronthuise by die see!!!  

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 01/08/2025 - 16:50

Geert, ek glo nie ek bly vêr van jou af nie.

Ons is in PTA Tuine en doen inkopies by die "Mall"  by Checkers.

Ons probeer nog voete vind en die pad uit deur VD Hoffweg is ń nagmerriecryingangry.

Ken jy dalk ń beter roete wat ons kan gebruik ??

Ek probeer nie eens Quarra Mall by Daspoort nie, want het gehoor dat kar diefstal erg is daar.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 01/08/2025 - 17:53

Ons sukkel met roetes. As ek nie VD Hoffweg kry nie, weet ek nie waarheen nie ?.

Toe ons besluit om Modimolle toe te gaan, moes ons ń omdraai maak 20km vanaf Brits.

Verder ken ons paaie slegs uit JHB toe.

As ek Food Zone sien, weet ek, ek moet regs draai na VD Hoff en weer regs in VD Hoff.

Ek hou nie van die tonnel nie agv die industriële gebied by PTA Wes.

VD HOFF weg is gevaarlik met al die "Druggies en Gompotte".

Hulp sal waardeer word vanaf Tuine Hoêrskool tot Modimolle, JHB en Wafferly Mall in PTA Oos, want my GPS speel nie die "Game" nie..

Ons was een Saterdag bykans "ge-Hijack" agv Limpopo nommer plate en danksy my pistool het hulle pad gekies.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 18:13

Kyk op internet na google maps. ek dink jy moet probeer om R55 te kry, noorde rigting, dan aansluit by R80. Draai wes om met 90grade draai oor berg te gaan, noorde rigting en dan op N4 te klim om Oos te ry tot by N1 waar jy kan links hou na Pietersburg, of reguit,  om suid te beweeg in rigting van Menlyn. Bly op N1 om JHB toe te gaan. 

Hoop jy kom reg.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 18:24

na waverley plaza;

Ry Wes in Schuurman

Regs in Van der hoff R514

Gaan oor Apiesrivier M8

Links in M8 Behrens str

Regs in Trouw M8

By M5, links en dadelik regs in Jacobs

Links in M29 Frates

Regs in Hertzog str tot by winkel

Dit is so vinnig van google maps gekry

 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 01/08/2025 - 18:42

Baie dankie Wessel, ek sal roetes môre so toets yes.

"SHERBERT", dit is ń gesukkel om jou voete te vind en rigtings te kry waar dit veilig is.

Ons is nie meer die stadlewe gewoont nie.

Gee my eerder ń 2-weg pad, instede van ń 1-weg pad.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/08/2025 - 19:33

Ek hoop jy kom reg, anders, of die beste, is om by CNA 'n lekker Pretoria stadskaart boek te koop. Goeie boekwinkels hou dit seker ook aan. 

Ek het vir lank met so 'n boek reggekom.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 03/08/2025 - 19:16

Goeie naand almal.

Ken enige een die pad vanaf VanRhynsdorp tot Williston.

Dan van Williston wil ek Karoo Nasional Park ry via Carnarvon en Vosburg.  Vanaf Vosburg na Victoria Wes.  Is die paaie almal geteer.

lekker aand en lekker week vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus