Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!
Jammer ek was nie innie…
Jammer ek was nie innie omtrek nie. Moes Suzuki toe gaan daai tyd om die Goewerment se karretjie te gaan haal na die jaarlikse diens
Wat die blouape aanbetref is hulle 'n pes. My twee Jack Russels raak histeries as hulle die goed sien en hoor. Het al af en toe van hulle innie kombuis betrap besig om vrugte en selfs patats uit die groente rak te steel. Ek wil nie graag met 'n kettie of 'n paint ball geweer skiet nie, water spuit help ook nie meer nie. Pas vir my 'n "air horn" gekoop, miskoen help dit, of maak my een buurvrou die dinges in!
Hoop jy het die melk en melktert geniet!
Dit is duidelik dat hulle…
Dit is duidelik dat hulle alle vrees vir mense verloor het. Regte City Sleekers sou ek sê. spring op bewegende karre om die pad te kruis en die feit dat die karre teen `n slakkepas daar beweeg lyk dit asof dit al gewoonte geraak het.
Hulle is so oulik maar ai as hulle pla is dit nie meer lekker nie.
Melk en melktert was heerlik dankie ongelukkig was daar geen rou room beskikbaar nie. My vrou sê ek is kens want ek sit dit in die vrieskas vir so ruk dat dit soos botter smeer op `n sny brood met Marmite. Man is dit nou lekker. Ek het ook weer kans gekry om die plaas se geskiedenis so vinnig deur te lees.
Terloops die nuwe eienaars van die rakkies vir die karevaan is heel in hulle noppies daarmee
Groetnis
Bly dat die nuwe eienaars…
Bly dat die nuwe eienaars van die rakkies tevrede is Danie! Terloops, as jy so entjie oppie plaas stap in rigting van die rivier sal jy 'n gedenkteken sien vir twee SA Lugmag vlieeniers wat rondom die 1920's daar verongeluk het in 'n dubbel dekker vliegtuig. Was glo die eerste vlieg ongevalle innie land!
Die Sensasie se water pomp
Het oor die naweek die vorige eienaar van die Sensasie in die hande gekry. Klein wereld, die man is 'n ouerige omie van sowat 84 en woon ook in irene, sowat 2 blokke van ons af! In 'n sekere sin het die Sensasie toe huistoe gekom! Een van die goed wat my gepla het was dat die wa se hoë druk pomp nie 'n aan/af skakelaar het nie, klink eenvoudig nie reg dat mens die pomp heeltyd moet aan hou nie...sal mos 'n vloed wees binne die wa sou daar 'n pyp bars. Ek het reeds genoem dat ek 'n rukkie terug al die baie skakelaars met "labels" gemerk het. Daar was egter ene, eensaam alleen en eenkant, op die wa se distribusie bord wat deur iemand gemerk was as "Light"...maak nie sin uit nie aangesien daar minstens 7 ander skakelaars is wat die onderskeie ligte (LEDs) bedien. Met die afsit van die enkele skakelaar gebeur niks wat die ligte aanbetref nie, hulle werk steeds soos verwag. Dis toe Oom GW mos 'n brein wind kry en 'n kraan in die badkamer oopmaak, en voila, geen water nie! Sit die skakelaar aan en duidelik hoor mens hoe die pomp inskop tot die druksensor dit weer afskakel en daarna die stelsel onder druk hou. So die persoon wat daai skakelaar as "light" gemerk het was duidelik effe deurmekaar. Gou die "label" reggemaak en nou weet mens wat alles aan en af skakel, o.a. die pomp!
Grootwind...
...daai skakelaar is goud werd. Gelukkig het my wa ook sy eie skakelaars vir die pomp en die geiser. Ek skakel gewoonlik net die pomp af, as dit in onbruik is.
As die pomp nie werk nie, skakel die geiser ook nie aan nie. Onthou, ek het 'n "op aanvraag" stelsel. Werk soos huis-kombuis/badkamer stelsel, maak net water warm as daar vloei is.
Daar is niks so irriterend in die aand as 'n kraan effe drup buite, en pomp skop aan en af nie.
Weet jy waar toilet pomp sy 12V vandaan kry???
Die geyser is 'n klein…
Die geyser is 'n klein Kwikot ene met sy eie temperatuur stelling asook aan/af skakelaar (op die kant van die geyser). Die sit onder een van die banke agter innie wa. Wat die pomp se 12V toevoer aanbetref het ek geen idee waar dit vandaan kom, Die skakelaar om hom af te sit is egter op die DB, hier is 'n foto. Ek aanvaar daar is 'n 12V stelsel binne die DB buiten die gewone 220V Wat druppende krane aanbetref drup nie ene nie. Toilet pomp? Ek dink nie daar is 'n addisionele ene daarvoor nie, Die wa se pomp bedien ook die toilet (dis 'n Dometic eenheid met fensie liggies ensovoorts, as jy die spoel knoppie druk hoor mens die wa se pomp inskop)
Dometic ???
Die ene met allerhande liggie om vol ,leeg ensovoorts aan te dui.
myne het beslis eie pompie wat baie saggie werk. Myne kry sy 12V op 'n manier, slegs as ek die 12 v na koel/vrieskas aanskakel.
So het elke wa sy geheime bedrading.
Werk toilet pompie as jou drukpomp afgeskakel is.
Wessel dis waar wat jy sê…
Wessel dis waar wat jy sê rondom geheime bedrading, dink dis partymaal nog erger en dat vervaardigers selfs tussen sg. identiese modelle verskille "inbou". Wat die Dometic long drop aanbetref is daar glo in party gevalle 'n ingeboude lae druk pomp en in ander gevalle word water direk verskaf van die wa se toevoer af, dink lg is waarmee ek sit. Wat 'n aan/af skakelaar aanbetref reken Tannie Google daar is nie ene spesifiek hiervoor nie: (CTS4110 is die ene wat in die Sensasie ingebou is. Beste van alles is dat die gedoente selfs 'n sekering (Fuse) het en die handboek beduie hoe mens die ding kan vervang sou dit nodig wees...kan my voorstel hoe die Goewerment sal reageer as ek vir haar moet beduie jy kannie die elektriese long drop gebruik nie want die "fuse het geblaas"!
"For most Dometic cassette toilets (such as the 4000/CTS 4110 series), there is no single "on/off" power switch. The toilet operates on 12V DC power and is generally active whenever the caravan's master 12V system is on.
Swak ontwerps praktyk as jy my vra maar nou ja, sal seker erens vorentoe beginne kyk wat mens alles kan verbeter...





GW Ek het vanmiddag so…
GW
Ek het vanmiddag so 16h30 daar by jou hek verby gery om melk en yogurt te kry by die melkplaas.
Jy weet hoe lyk die verkeer daai tyd van die dag maar dit het my genoeg tyd gegee om te sien hoe die spul blouapies daar uit jou werf hulle pad vind deur die verkeer melkplaas se kant toe.
Was hulle by jou huis en indien so pla hulle baie?
Raai wie sit met `n lang glas koue melk en `n sny melktert?
Groetnis