Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 16/11/2025 - 19:07

Met die terugvoere die laaste paar dae sal ek probeer om hulle so min of meer per punt te antwoord:

Len: "... onbeantwoorde vraag : in watter opsig is 'n dubbelas karavaan met movers te moeilik om te hanteer ?

GW, ten spyte daarvan dat jy nie hierdie vraag sal kan beantwoord nie"

Heeltemal reg ek het nog nooit 'n dubbelas wa met movers gehad nie. Ek sleep wel van tyd tot tyd 'n 2-as perde treiler met twee perde in. Alhoewel dit nie movers het nie weet ek hoe vrek moeilik dit is om die gedoente (leeg) met die hand te skuif...en die treiler is redelik kort. 'n Vollengte 2-as wa met of sonder movers binne my fisiese rylaan en hek beperkings sal net nie werk nie en boonop is die afdak nie lank genoeg nie.

Geert: Ek woon in Centurion, ek was eerste by Caravans4 Africa!. Niks juis daar gesien wat my aanstaan nie. Die Connect waarna jy verwys is vlgs hulle web blad geprys teen net onder R340k. Maar soos alle Connects is daar geen vol tent nie en soos reeds tevore genoem kos dit byna R50k wat mens sal moet bytel, so met sekerlik 'n paar kleinighede wat moet bykom kos die dus amper R400k...effe rof dink ek, Ongelukkig dink ek nie die Connect was meer oppie vloer nie, dalk al reeds verkoop? Terloops nie een van hulle Classiques was in so 'n toestand dat dit my aangestaan het nie behalwe die Classique Bradley wat regtig mooi was, teen R349k, maar die bed se matras was maar dunnerig en goed deurgeslaap (enigste negatiewe ding wat ek kon sien)

Wessel: Ek het in my soektog 'n swetterjoel handelaars se web blaaie ook deurgewerk o.a. Loftus s'n. (Selfs na 'n paar Kaapse web blaaie gekyk). Die 2019 Connect by Loftus is rof geprys, R389k en dan kom die vol tent ook nog by, asook movers wat nie tans op die wa is nie, so totale prys dan seker rondom R450k?

Om terug te kom na waar ons tans staan. Ek het vandag ons erf se toegangshek behoorlik opgemeet, dink die Sensation sal deurgaan met 'n paar cm spaar weerskante. Sal more weer seker maak asook weer die wa by die handelaar nog 'n keer behoorlik deurkyk saam met die Goewerment en ook behoorlik opmeet voor ons finaal besluit. Die Sensation het ook 'n sleepstang agter wat gebruik was vir 'n fiets rak. Die staan my nie aan nie so die handelaar sal dit moet verwyder.  Tans hoef ons net 'n tent extension by te voeg.

Wat die groter maak van die hek aanbetref is dit nie so eenvoudig nie. Diegene wat Irene in Centurion ken sal weet dat byna elke eiendom met 'n hogere Irene Klip muur omring is, die mure is minstens 30 cm dik en enige verandering is 'n redelike groot konstruksie projek waarna die outomatiese hek in sy geheel vervang sal moet word met alles wat daarmee saamgaan. So nee, dit word nie eers oorweeg nie. 

Hier is solank twee foto's van die Sensation!

Grootste voordeel is natuurlik dat daar geen kans op houtvrot is nie..nada, zilch, zero, boggerol!

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/11/2025 - 19:39

....is 'n  groot voordeel. Julle hoef dus nie elke keer die tent in te ryg nie. Met 'n pop-up was dit relatief maklik, maar met 'n staandak kan dit in gesweet verander. 

Jis daai wiele lyk maar klein vir daai grootte wa.

Die voltent is reeds deel van die totale pakket.?? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 17/11/2025 - 06:50

Op die agterkant van die Sensation is ń groot, wat sal mens dit noem, deur of deksel met skarniere aan die bokant...wat gebeur agter dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 06:54

Grootwind, volgens internet is daar verwarring oor die wa se gewigte. Ek sien daar word bespiegel dat  dit ongeveer 2000kg kan wees. Jy moet tog die plaatjie gewigte met jou Ranger se lisensiegewig vergelyk.

Soos ek jou ken, hoef ek dit eintlik nie vir jou te sê nie. wink

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 17/11/2025 - 07:07

Ek weet van karavane bitter min - sien hulle eintlik net op die paaie ry. By kampe gaan ons vroeg uit en kom laat terug, so spandeer ek nooit tyd om deur die kamp te loop en ander se opsette te bekyk nie. Hierdie prentjie is nogals indrukwekkend.

Wel, dit lyk of jy vir jouself 2 keuses stel: 

  • Die Sensation (DeVee?) of
  • Koop 'n ander huis met 'n groot hek en afdak surpriselaugh

Ek het 'n idee watter opsie gaan wen....

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 08:02

Herman, aangesien ou Grootwind seker al voor die bank se deur staan om sy Kruger-bitcoins om te ruil vir note, sal ek antwoordlaugh

Ek het eendag dit oop gesien, en dit lyk soos 'n groot ruimte om kampstoele en derglike goete in te pak.  Sekerlik baie handig om lekker vuil modderige grondseile in te pak. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 17/11/2025 - 09:00

Yip, Wessel is reg. Die klap agter is vir 'n kattebak. Verbasend baie spasie maar bedoel vir ligter items soos kamp stoele, grond seile, ensovoorts. Swaar goed sal nie goed vir die wa se pad stabiliteit wees nie. gelukkig pak ek byna alles in die trokkie en probeer om die karavaan so lig moontlik te hou As die koop vir die Sensation wel deurgaan begin die uitsorteer van al die kamp goete wat ons met die Fleetline gebruik het, wat word gehou en wat word verkoop...dis die tyd wanneer ek die Goewerment vir 'n week of twee sal moet wegstuur na haar familie innie Kaap!

Ja Wessel ek het ook die ding gelees rondom die Sensation se gewig, maar die vraag bestaan seker ook met elke Jurgens. Die Sensation was beskikbaar met 'n 1800 kg as of opsioneel 'n 2000 kg as. Ek gaan vanmiddag die wa met 'n fyn kam deurwerk en sal probeer kyk watter as die het...nog niks geteken nie, Sal eers teken as ek tevrede is.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 17/11/2025 - 10:47

Net terloops. As die Sensation te swaar is om deur 'n 3.2 Ranger gesleep te word is ek bevrees geeneen van die grotere waens word wettig gesleep!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 10:58

....ek betwyfel nie die sleepvermoë van die 3.2 Ranger nie. Ons het al baie op die forum gesels oor die wetlike aspekte tov lisensiegewig  en woonwa BVM.

Indien jou Ranger se lisensie gewig meer as 2000kg is, het jy mos gladnie 'n wetlike probleem nie. 

Ek weet vir 'n feit dat my 2.4 Hilux se lisensiegewig laag [1850kg] is, kan ek wettiglik  NIE swaar waens sleep nie. 

Ek het al lekker koppe gestamp met ECHO. Van hulle nuwe waens se BVM is 2000kg, en dit beteken jy benodig ten minste 'n 4x4 Hilux om dit te mag sleep. 

Ek vermoed baie groot/swaar waens word onwettig gesleep. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 18/11/2025 - 11:33

Gister weer 'n draai gemaak by Silver Lake Karavane en nogmaals die Sensation deurgegaan. Alles lyk reg op die oog af, grootste bonus is nie net die stort en toilet nie maar ook die feit dat die bed 'n Koningin Grootte is! Pas die aanvaarding van die handelaar se kwotasie deurgestuur so ons is nou "committed"! More oggend word die betaling gedoen waarna die handelaar al die nodige goed doen. Alles word nagegaan en getoets. Hulle sit ook nuwe bande op asook word die wa gediens, remme word nagegaan, laers word vervang en die sleepstang agter aan die wa word verwyder Maar o dinges die wa kos baie geld. Maar soos Vroulief sê, ons sal seker nooit weer 'n karavaan soos die koop nie. Maar ons gaan die ou Fleetline mis crying Gister weereens my rypad hek opgemeet en met 'n blikkie spuitverf die belangrike afmetings gemerk, lyk asof die plafeisel by die hek een of ander vorm van gevaarlike masels het met al die gekleurde kolle! Sal sowat 3 cm of so spasie weerskante hê om mee te werksurprise so ek sal my Ewiks liksens moet vinnig slaag.

As die Sensasie eers by die huis is sal ek iemand kry om vir die tent 'n stoep afdak te maak, dalk sommer vir Romeo Pretorius van All Outdoors vra. Sy tentwerk is baie netjies...terloops hy was baie aktief in een van die ouer Wegsleep forums. Hy is boonop in Pierre van Ryneveld Centurion net 'n klipgooi in die pad af van ons. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 18/11/2025 - 13:31

Dis nou sommer ń lekker fris vroeë krismisboks. Geniet die nuwe wa. Lank staan by Scotties gaan nou eers aangenaam wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/11/2025 - 13:52

....word julle toegewens. So 'n opgradering bly maar 'n lekker bederfie.

Met daai "fency" wa gaan julle nou seker by die staanplekke met privaat ablusie staan. Dan hoef jy nie die toilet-loop met die aktetas te doen nie.laugh

Ek glo jou vrou gaan jou soos 'n koning in daai bed laat voel, vir daai Krismisboks wat sy gekry het.

NS: 'n Foto van die Sensation in die hek sal waardeer word.devil 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/11/2025 - 14:15

... is 'n netjiese en gerieflike wa. Ek het destyds Koos Mol (voorheen op dié forum) s'n in Punda Maria gesien. Ek glo julle sal die wa geniet.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 18/11/2025 - 15:28

Wow....baie geluk Grootwind. Glo julle gaan baaaaaaie plesier hê van daai pragwa. Julle gaan seker nie wag tot Scotties aan die beurt kom nie....of Scotties vervroeg en verlenglaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 18/11/2025 - 16:09

Geluk met die smart wa, vertrou julle gaan baie lekker kamp, geniet die lekker bederf. Stem saam met Wessel, ons wag in spanning vir fotos.👍

Nee wat, daai Ranger gaan draf met die Sensation agter, jy moet net gereeld kyk af die wa nog volg.🤣

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 18/11/2025 - 18:57

Tydens die soektog na 'n ander wa het ons op die ou end ge-eindig met 'n kortlys van twee, die Sensation Devee wat ons nou gekoop het asook 'n baie mooi Classique, beide by Silver Lakes Karavane in Lynnwood Weg. Beide was "spotless" met die Sensation 'n 2015 model en die Classique 'n 2018 model. Die keuse was vrek moeilik maar die Classique was net R30k goedkoper as die Sensation. Ons het al jare lank as ons vir die familie in Vanderbijlpark gaan kuier by die destydse Sensation (wat nou Destination genoem word) in Meyerton verby gery en altyd gesê dat 'n Sensation ons droom wa is! Ek het 'n paar vrae oor die spesifieke Sensation gehad en gisteroggend 'n kans gevat en Destination gebel. Uiteinde was dat hulle vir my die kontak besonderhede gegee het van een van die oorspronklike tweeling broers wat die besigheid begin het (en steeds bote bou) Hom geskakel en watter vriendelike hulpvaardige persoon en duidelik trots op hulle produkte is die man nie. Nou begin die wag vir alles wat aan die wa gedoen moet word voordat oorhandiging kan plaasvind...en dan!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 18/11/2025 - 19:25

Baie geluk met julle keuse. Dis 'n baie netjiese wa en ek hoop dat julle vele lekker kampe in die toekoms gaan hê. Om gereed te wees vir Scottburgh sal daar sekerlik 'n toetslopie moet wees? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus