Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -6 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -13 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -14 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/11/2025 - 17:59

...daar is nie 'n manier dat ek so 'n wa net daar by handelaar sal laat staan nie. Gaan haal die dink en bêre veilig onder soliede dak waar hael en kriminele nie kan bykom nie. 

Klink of Silwer Lakes wraggies goeie diens gee.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 02/12/2025 - 17:58

Vandag die Fleetline uitgepak...liewe genade kon nie glo wat alles daar uitkom nie, wil nie weet wat daai goed alles weeg nie. Dink nie hy was sedert 1999 so leeg nie. Voel eintlik effe hartseer maar dit gee mens weer die fokus van 'n nuwe begin. Dink as die Sensasie hier is sal daar met 'n badkamer skaal en 'n spreivel gepak word, die dae van genoeg borde en eetgerei om 'n nasie te onthaal, net ingeval, is verby. Vandag uit die Fleetline 6 potte uitgehaal, 2 koffie plungers, 2 ketels, koffie bekers vir Afrika. My studeer kamer asook een slaapkamer lyk nou amper soos die huis van een van daai mense op TV wat goed so erg  "hoard" dat die owerhede moet ingryp! More oggend kom We Buy Cars kyk en 'n aanbod maak, die ou praat tans rondom R40k maar dit kan op of af gaan afhangende....sal maar sien. Ek weet ek sal meer uit die hand kry maar die feit dat WBC onmiddelik betaal en die papier werk afhandel maak hulle 'n aantreklike opsie...en natuurlik geen risiko nie Daar is ook heelwat goed soos drie van daai aluminium rakke wat teen die wa se kant hang wat ons los sal verkoop want die goed pas nie op die Sensasie nie, so ook grondseile wat almal groen is, die goewerment reken dit pas nie by die wit en grys van sensasie nie, die moet nou glo vervang word met gryses...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/12/2025 - 19:01

We Buy Cars kyk en 'n aanbod maak, die ou praat tans rondom R40k

Na ‘n vinnige kykie op die www klink dit heeltemal te min. Die modelle te koop tussen 2003 en 2016 wissel van R140000 tot R254000. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 02/12/2025 - 19:47

Naaste aan ons s'n se ouderdom is 'n 1992 model in Krugersdorp vir sowat R59k (privaat koop), maar dan het die ene 'n nuwe tent sowel as 'n amper nuwe rally tent plus lug reeling en allooi vellings (ingesl die spaarwiel velling) by. Lyk ook asof die ene se binnekant oorgedoen is...alles goete wat ons s'n nie mee spog nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/12/2025 - 20:25

Ja wat, dan is dit seker die maklikste om by WBC daarvan ontslae te raak yes

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 07/12/2025 - 19:43

Toe gister die Sensasie gehaak en huis toe gesleep. Alhoewel leeg voel (en is) sy swaarder as wat die Fleetline was. Maar sy sleep stabiel, met Lynnwood Weg af snelweg toe en kort stukkie op die (baie besige) snelweg was sy stabiel sonder enige aanduiding van swaai. Wat die hek aan betref pas sy, met sowat 3cm spasie weerskante, effe moeilik om seker te maak sy gaan reguit deur, so ek sal seker plan moet maak. Dankie tog vir die movers, die het geweldig gehelp om haar deur die hek en onder die afdak in te kry. Vandag gespeel met al wat knoppie en liggie is...laat mens soos 'n klein seuntjie voel. Moet ook byvoeg Silver Lakes Karavane in Lynnwood weg verdien 'n pluimpie, hulle het uit hulle pad gegaan om alles wat andag nodig het uit te sorteer, veral Theuns die verkoops agent. Hier is 'n foto van Oom GW en sy Goewerment gereed om huis toe te vertrek. Trokkie se sleep bal is effe laag, sal die hierdie week met 'n stel gate lig wat sal verseker dat die wa steeds effe neusaf sal loop, op die oomblik is sy effe te veel neusaf

Oom GW reg om Sensasie huis toe te sleep

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/12/2025 - 05:24

...baie geluk met daai Sensasie. Ek hoop julle geniet hom, en meer gereeld as 1x 'n jaar Scotties toe.

Dit is omtrent 'n GROOT wa om te bemeester. Sjoe, op die foto lyk dit of daai voorkant darem naby die grond is.

Is die Fleetline nou weg na We buy cars?? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 08/12/2025 - 06:33

Pragtige wa. Kan net dink hoe lekker luuks dit is. Mag julle sommer baie jare lekker kamp. BTW ouma Von sê hier van die kantlyn af julle twee lyk nog goed!

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 08/12/2025 - 06:56

Baie lekker vakansies word julle toegewens. Ons ander mag maar jaloers wees!! 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 08/12/2025 - 08:25

... nuwe wa Grootwind. Dit lyk sommer "grand". En danksy die foto kan ek ook nou 'n gesig by die insetsels plaas.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 08/12/2025 - 09:21

Dankie almal vir die goeie wense met die "nuut vir ons" (ek leen maar Toyota se advertensie slagspreuk!) 10 jaar oue karavaan. En ek weet nie van die goed lyk nie Neef, die Goewerment ja, maar GW? Ekke wys maar my baie lewens grondpad myle!

Ja Wessel, die neus op die foto loop effe laag, die sleepbal is nog soos dit was vir die Fleetline (wat 13 duim bande het). Die Sensasie het egter 15 duim bande. Ons het dit maar gelos vir die kort rit huis toe, moet byvoeg die neuswiel het by geen spoedhobbel geraak nie so dis nie so laag dat dit die pad oppervlakte kan raak nie. Ek moet nog so bietjie meetwerk doen maar op die oog af behoort die opskuif van die sleepbal na die onderste ry gate van die standaard Ford sleepstang die ding te doen. Los my met nog 'n ry gate om verder op te skuif sou die wa se neus steeds laag wees. Met die nuwe wa kan ek ook nou die sakplaat wat voorheen nodig was afhaal. Terloops die agterste ligte is toe gewone gloeilampe en nie LEDs nie. Ek gegewe my "normale" paranoia probleem, het laas week (net vir ingeval) maar by die plaaslike Ford handelaar die Ranger LED intervlak kabel gekoop, koste was nie te rof nie, rapsie oor die R500. Die ding is nogal netjies gemaak, sal nog 'n foto plaas. Die bly nou permanent in die trokkie, het darem nou die opsie om vorentoe die nuwe wa se ligte na LED toe op te gradeer. Wat meer gereeld kamp aanbetref is dit die plan. Oor die naweek weer die wa deurgegaan vir enige ooglopende foute. Die handelaar het basies alles gedoen insluitende nuwe bande, laers, ens. een ding wat agterweë gebly het was die vervanging van die spaarwiel, die lyk splinternuut en het ooglopend nog nooit geloop nie...probleem is dat dit reeds in 2014 vervaardigig is en reeds die rype ouderdom van 11 jaar bereik het. Dis maklik en waarskynlik algemeen om dit te mis, so die week sal ek die laat vervang met 'n nuwe ene. Die Sensasie is 'n dame wat effe te gewigtig is om kanse te vat met 'n (moontlike) "dodge" spaar wiel. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 08/12/2025 - 19:49

Groot wind.  Heerlik met daardie sleper.

Hy is definitief langer as my ou Fleetlinekie.  3cm is te kort.  Vra my vrou.

Ek sal stress.

Maar mooi gedoen.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 09/12/2025 - 18:20

Ek glo dat julle die nuwe wa net soveel (moontlik meer) as die vorige een sal geniet. Vele lekker kampe vir jullesmiley

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/12/2025 - 15:35

Dankie Rona, ons sal verseker die nuwe wa geniet. Die groter gemak sal natuurlik bydra, en dit behoort Oom GW ook in die Goewermment se goeie boekies te houwink

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/12/2025 - 15:41

Sowat 'n uur gelede het WBC se bakkie met ons geliefde Fleetline agteraan by ons hek uitgery....moes maar 'n paar trane wegsluk, ons het die outjie sedert 1999 regtig geniet. Moet egter noem dat WBC se proses regtig pynloos is, papierwerk sommer in die Fleetline gesit en doen, Oom GW het geteken en minute later het my bank balans 'n skielike sprong gemaak . Ek dink ons is teverede met die prys gegewe dat die Fleetline nou al 30 jaar oud is, glo die volgende eienaar sal ook goeie tye in die wa geniet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/12/2025 - 16:23

...dit is mos nou 'n deel van die gesin wat daar loshande by die hek uit is. 

Mens raak maar geheg aan die aardse goete, seker maar die herrinneringe wat gebou is daarmee saam.

Daai sprong in bankbalans beteken julle kan ook effe ruim braai oor die Kersdae.laughwink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus