Forums
More almal. Net n vragie ek kry so baie raad dat ek begin twyfel. Die Avalon het 3 groot batterye. Die hoof battery doen die aanskakel, radio en alarm. Die ander 2 wat gebrug is bedien die ligte, geyser, yskas ens. By kampplek koppel ek 220 wat dan die 2 batterye laai. Maaar die hoof battery loop af want die radio word gebruik en alarm. Ek soek nou so n 5 of 6 amp laaier wat sommer op hoof battery gekoppel bly om die afloop te keer. Ek moet nou elke keer die battery eers ontkoppel en as ons wil ry eers weer koppel. Help asb. Dankie





CTEK laaier
Jeanne, ek gebruik al jare lank 'n CTEK laaier. Dit het 'n 7 fase laai program
1] Ontswaeling----Puls die battery om sulfaat aanpaksel te verwyder
2] toets of battery geskik is om gelaai te word
3] Laai met maks stroom [3.8 amp] tot battery ongeveer 14.4V is
4] Laai battery vol met afnemende stroom
5] toets of battery spanning kan behou
6] hou die battery op 14.4V teen lae stroom
7] hou battery tussen 12.7 en 14.5 met 'n puls-aksie vir solank jy wil.
Ek vermoed dat National Luna dieselfde produk onder hulle naam verkoop.
Myne is omtrent weekliks in gebruik tussen die voertuie.