Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -6 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -6 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -7 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -8 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -10 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -13 hours ago

Scotties en Ierland '26

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Wil nou nie Mnr Boucher se draad kaap nie, so begin eerder ander ene. Ons beplande Junie/Julie Scotties kamp kom vinnig nader, bespreek vanaf 14 junie tot 31 Julie. Wat die jaar bykom is 'n kuier by die kinders in Ierland. Ons het hulle en die twee kleinkinders meer as 3 jaar gelede gesien en slegs per video oproepe gekommunikeer op verjaardae en ander spesiale dae soos Kersfees. Jongste kleinkind was maar 6 maande oud toe hulle hier vertrek het, so hy ken sy Ouma en Oupa net as 'n vriendelike ou tannie en oom op 'n video skerm! Tans beplan ons om rondom 17 Aug hier te vertrek en weer 7 Sept daai kant huis toe te vertrek. Maar dalk verleng ons die trippie met 'n week om sommer met die terugkomslag bietjie by ons ou Britse vriende in Wootton Bedfordshire te kuier, hulle ook meer as 10 jaar gelede gesien. (Ons het vanaf Sep '91 tot Okt '94 ook in Wootton Bedfordshire gewoon toe ek besig was met studies by Cranfield Universiteit). Pas begin met die visum aansoeke vir Ierland....wat 'n gedoente. Lyk asof hulle 'n hele opstel van 'n motiverings brief, 6 maande se bank state en nog 'n klomp goed nodig het. Dan moet my seun ook nog 'n lang brief skryf wat ons uitnooi om die tyd by hulle te bly met motiverings, en en en....lyk nou makliker om Trompie te gaan besoek! Gelukkig het net die Goewerment 'n visum nodig en sy kry dit gratis en verniet agv my Germaanse paspoort..en as die gedoente klaar is wag die VK sinne ook nog vir haar. My BA lugmyle wat ek al lank in plek hou begin nou hulle waarde wys, lyk asof ons nie juis veel hoef  in te betaal vir ons vlieg kaartjies met BA nie. Soos Turkish Airlines Chris B se gunsteling is, is BA ons sinne. Hulle het my nog altyd goed en profesioneel behandel...meer as wat ek van SAL kan sê. Vanaf Junie gaan ons 'n besige tyd hê, 6 weke Scotties, 2 weke herstel verlof by die huis en dan gallavant ons weer oorsee.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 21/06/2026 - 19:32

Goed om van jou te hoor, Grootwind. Vertrekdatum het gekom en gaan, so begin mens mos maar wonder of alles OK is - wat as die nuwe tent nie gepas het nie en so aan....

Geen idee hoeveel sokker jy kon kyk nie. Net 'n update: Jou span vaar goed sover. 

Ek sien geen Germaanse vlag in die prentjie nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 23/06/2026 - 13:04

Ons is ook baie lief vir die see, Grootwind. Dit sal lekker wees om so 'n rukkie saam te kuier onder die nuwe tent. Hoop julle het goeie weer - laat weet maar.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 26/06/2026 - 05:25

Ek sien geen Germaanse vlag in die prentjie nie.

Miskien vir eers weggepak na gisteraand se wedstryd laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 30/06/2026 - 08:39

Miskien vir eers weggepak na gisteraand se wedstryd laugh

Daai vlag sal seker nie hierdie vakansie meer te sien wees op die karavaan nie. Entlik jammer as so baie van die groot sokker lande so vroeg vou

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 02/08/2026 - 18:26

Ons het darem veilig weer by die huis aangekom. Na Scotties begin al die dinge wat mens moet regkry vir die besoek aan my seun en ons kleinkinders in Ierland, oor 2 weke vlieg ons! Ek sal ter gelegener tyd 'n paar foto's deel van ons 5 weke (moes eintlik 6 wees maar ons het 'n week vroeer terug gekeer). Dis nou as dinge weer effe rustiger gaan. Wat die kamp met die Sensasie aanbetref het ons van die staanspoor af die kamp as 'n "shake down" met die (vir ons) nuiwe wa beskou...ook maar goed so anders het ek 'n paar keer my speelgoed uit die sand boks gegooi! Weereens besef dat karavaan bouers partymaal die kluts kan kwyt raak. Met die afry Scotties toe het alles goed verloop, die Sensasie sleep goed en het haar ook heelpad gedra. Met die aankoms was dit te lekker om die wa met sy Ewiks movers te skuif na waar die goewerment dit wil hê. Pas gedoen toe besf ek die fensie Dometic battery laaier het besluit om te groet, ekke was heel moerig gewees...alles werk mos van 12V af behalwe die yskas en lugreeling, selfs die verdomde toilet. Duidelik moes 'n noodplan beraam word voor die battery die reenboog brug kruis. Volgende dag 'n redel;ik goeie los laaier by die plaaslike Builders gekoop (net R1000, maar darem het die ding ook 'n nut by die huis later. Uiteindelik 'n goeie intelligente laaier by 'n plek in Pertoorsdorp opgespoor en laat koerier Scotties toe (nog R2500 plus koerier koste  daarmee heen), darem is die gedoente 'n Victron wat ek verstaan goed is. Toe kon Oom GW darem weer glimlag en sommer nog 'n Millers oopmaak! Maar nouja, Oom Murphy kamp ook plykbaar saam, twee van die fensie Dometic venster blindings het begin probleme gee...en binne 'n week besluit die hoe druk water pomp (Pro Pump eenheid) om eenvoduig op te hou werk...toe is hierdie Omie darem die bl%$em in! Nou sit ek met 'n nuwe en gelaaide battery maar die toilet willie meer spoel nie, afhanklik van waterdruk sien. Intussen het ons begin om 'n lysie te maak wat alles moet vervang/verander/verbeter word totdat Juffrou Sensasie 'n propperse Sensasie is! Die Victron laaier is nog nie behoorlik gemonteer nie, die nie-werkende Dometic ene moet eers verwyder word, tans is die Victron slegs met "cloc clips" gelkoppel; aan die battery. Uiteindelik met Oom GW wat onder die wa moes inkruip en karring aan die water pomp werk die ook darem weer op die ou end (maar soos 'n ou Landie, dan werk dit, dan nie, en hy lek ok nog effens>. Nog het einde niet, die Sensation bouers het die binne sitplekke se bekleedsel met sulke beige Faux Pass oorgetrek, van die begin af het ons 'n hekel in dit gehad...nou beginne die goed sulke stukkies afdop (goed koop gemors dink ek). Was in alle geval op ons lys om te laat oordoen met iets beter, dalk 'n seilerige "ripstop" wat meer vir kamp geskik is. Die lugreeling se "remote" sukkel maar, die vorige eienaar het die batterye te lank ingelos en die het effe gelek en die kontakkies beskadig....

Waarborg? Ja Silverlakes het ons 'n 6 maande waarborg gegee, maar die Scotties kamp was 'n maand na die waarborg verstryk het...verder sal ek eerder nie uitbrei nie.

Behalwe die goeters wat probleme gee het die Sensasie wat ons het maar 'n 40l watertenk in die neuskas, totale simpel idee, meeste ander waens het darem iets nader aan 110l of so. Daar was 'n ander Sensasie ienaar ook by Scotties en syne het 'n groter tenk net agter die as...so daars 'n nuwe water tenk in ons toekoms

Die Sensasie gaan my baie besig hou as ons terug kom van Ierland af. Goete op die lys is:

- Permanente montering van die Victron laaier en verwydering van die Dometic ene

- Vervanging van die waterpomp, dalk 'n Seaflow of Shureflo? Saam met die herposisionering na 'n beter posisie

- Nagaan en herstel van die Dometic blindings, dalk sommer die spul vervang met iets beter

- Herstel (of vervang) van die lug reeling se remote (alternatiewe is beskikbaar in Australie). Dalk sommer die Dometic lugreeling vervang met die ekwivalente plaaslike Maclaren ene 

- Ons wil ook van die wa se binnegoed laat verander, bv die ombou van die simpel "kroeg" met sy deurskynende perspeks rakke waarop meeste glase in alle geval nie pas nie, na 'n meer bruikbare klein kassie...maar dis later op die agenda.

Darem nie was alles negatief nie. Die Sensasie kamp lekker, en is uiters gerieflik. Maar alhoewel die wa splinternuut lyk is daar heelwat wat aandag sal verg om dit na ons voorkeur te verander. Dink ek het nou 'n nuwe stokperdjie!  Maar eers is dit Ierland! 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/08/2026 - 19:28

...jammer om van jou nuwe stokperdjie te hoor.

Die Kavango het ook 'n Dometic toilet in, maar ek is amper 100% oortuig dat myne onafhanklik werk, met sy eie pompie, selfs as die normale waterpomp [sureflow] afgeskakel is.  In my geval kry die toilet sy 12V van dieselfde baan af, as die wat die koelkas bedien. Ok op harde manier uitgevind.

Onthou net, 3 weke vlieg baie vinnig verby. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/08/2026 - 19:40

Grootwind, ek het op internet gaan nalees, ek besef nou dat mens Dometic batterylaaiers kry. Ek lees heeltyd jou insette en wonder waarom het jou Dometic toilet sy eie batterylaaier benodig.blush.

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/08/2026 - 20:38

Nee die Dometic toilet het nie sy eie laaier of battery nie. Maar dit trek sy 12V van die wa se 12 V stelsel wat deur 'n enkele battery gedryf word met weer 'n sg. slim laaier wat dit gelaai hou. As die 12V wegval (bv as die battery afloop omdat die Dometic laaier nie sy werk doen nie) werk die toilet se spoel meganisme glad nie (maar dit kan omseil word deur eenvoudig bietjie water byderhand te hou en die spoel ding "manual" te doen. Maar ook werk alle ander 12V stelsels ook nie, bv alle binneligte (LEDs), waterpomp, movers, ensovoorts. Al wat bly werk is die goed wat direk van 220V voorsien word, yskas, mikrogolf en lugreeling. So, in my boek is die faling van die 12V stelsel redelik naby aan 'n katastrofe!. Wat die Dometic laaier aanbetref was die oorspronklike vervaardiger iemand anders wat later deur Dometic uitgekoop is. Ek het 'n hele paar tegniese probleme met die Dometic  laaiers (sal jou nou nie verveel daarmee nie!) wat die Victron 'n baie beter produk maak. Ek weet die Dometic laaier het 'n sekering erens binne maar daarvoor moet die ding oopgemaak word en dan weet mens steeds nie hoekom die sekering geblaas het nie, indien dit wel die sekering was en nie iets anders. maar sal seker die ding regmaak en hou vir 'n toekomstige noodgeval

Wat die pomp en toilet se spoel aanbetref maak die druk van die toilet se spoel knoppie 'n klep oop (mens hoor dit effe) wat dan die water stelsel se druk verlaag en weer die hoedruk pomp aanskakel...maw die toilet se spoel is afhanklik van die groter wa se hoedruk stelsel. Maak dit sin? Ek weet daar is Dometic toilet modelle wat hul eie water tenk het en lae druk pompie, maar definitief werk myne nie so nie.

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/08/2026 - 21:45

Nou begin alles sin maak. Ek het dan beslis die Dometic toilet met sy eie klein watertenkie, wat ek van buite af volmaak. Myne kry ook sy 12V van die sentrale battery gerugsteun deur 'n laaistelsel, wat nie 'n Dometic stelsel is nie.

Soos ons gemeenskaplike vriend sal seg---bitter min kan verkeerd gaan met 'n grafie [toilet plaasvervanger] en 'n stort uit 'n sak wat in 'n boom hang.laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 12/08/2026 - 15:00

Lyk my buitelandse trippies het baie meer ingewikkeld geraak as toe ek laas die maand voor Covid VSA toe was. Probeer tans seker maak dat ek darem bereikbaar bly sonder dat my nou baie slim slimfoon my geldelik uitroei! Was altyd eenvoudig gewees om bloot MTN te bel en te vra dat hulle "roaming" aanskakel vir watter land ek kies. Nou is dit bnie meer so eenvoudig nie, die simpel nuwe fone het berge se Apps almal wat in die stilte en in die agtergrond van tyd tot tyd hulle self opgradeer (en raai wie betaal vir die data?) Lyk my beste bly maar om die ding se "Airplane Mode" aan te skakel en daarna weer WiFI aan te skakel verstaan dat ek dan die MTN netwerk omseil sonder koste aan my kant, of eerder 'n goedkoop selfounkie op Dublin lughawe te koop? Mnr Boucher, jy was mos onlangs aan die toer in Europa...enige voorstelle? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 12/08/2026 - 16:59

Dit is presies wat ons doen - skakel "flight mode" en doen net Wifi-oproepe. Ons doen dit ook as ons Namibië toe gaan. Ons het altyd 'n Namibiese simkaart gekoop en "prepaid" tyd gelaai. Deesdae moet jy ook 'n Namibiese simkaart "Rica".

Ralie het die hele tyd haar foon op "flight mode" gehou in Roemenië en Noorweë en kon vrylik bel op WhatsApp wanneer sy toegang tot WiFi gehad het. My dogter het egter vir my 'n Roemeense simkaart gegee wat ek selfs in Noorweë kon gebruik.

Maar ja - om op te som, dit werk baie bakgat om jou foon op "flight mode" te sit en van WiFi gebruik te maak waar dit beskikbaar is. En gratis WiFi is omtrent oral beskikbaar in Europa.

Jy kan net nie op hierdie forum kom terwyl jy in die buiteland is nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus