Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -3 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -4 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -5 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -7 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -10 hours ago

woonwa remme kursus

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet dis sekerlik 'n afgesaagde onderwerp, maar dit bly relevant. 

Ek het blykbaar 'n erge gatkrul as dit by woonwa remme, en die stel daarvan kom. So laat diens ek Februarie my wa, en terug by die huis, so 22km, voel die 1 velling heelwat warmer as die anderkant. Eers pla dit my nie, maar toe vertel 'n vriend hoe warm sy wiele was na 'n diens.

Besluit toe om die wa op te domkrag en wiele te spin, die 1 wiel loop maklik 5 draaie amper wrywingloos, die ander ene wat warm was, loop kwalik 'n draai en 'n half. Boonop hoor jy sommer die effe aanloop.

Vanoggend weer oor die berg om te laat afstel. Wat my verbaas is die debat tussen die handlanger en die baas, oor is dit nou te styf of nie. Mens sal tog dink dat hulle met die diens die eenvoudige toets gedoen het. 

My gatkrul is eenvoudig---dis my wa, dis my remblokkies, en as ek wil hê dit moet vry loop, dan word dit so  gestel.

Die volgende kwessie is, waar stel mens daai bietjie losser. Op die drom self, of laat skiet mens die remkabel effens?? Dit blyk dat sommige dit op die drom verkieslik doen, ander weer op die kabel. 

Wat is die wisselwerking van die kabelspeling en die speling op die drom, en laastens waar stel mens die speling sodat die geringste inloop nie die remme aktiveer nie??

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/04/2026 - 17:17

Die basiese werking van drom remme is, glo ek, dieselfde op jou Toyota agter as jou wa. Die remskoene word gestel om net vry te loop sonder dat dit met pedaal gerem, of met kabel opgetrek word.

Die verstelling is eintlik heel eenvoudig. Lig een wiel op, en draai dit met die hand. In die regte rigting. Nou verstel jy dit een klik op ñ keer totdat dit net begin skuur..en dan so klikkie terug dat dit net vry loop. Dan die ander wiel.

Die speling op my kabel is so dat die remme eers amper sluit waneer die trekstang ten volle ingedruk is. Dan is die inloop skokbreker ook al heeltemal ingrdruk. Daar is ñ equaliser in die sisteem wat seker maak dat die twee wiele gebalanseerd rem.

Neem kennis,  is egter manne wat baie beter as ou Neef weet, so moet nou nie die as " gospel" aanvaar nie. wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/04/2026 - 17:35

Wat ek geleer het uit my eie stel van remme en die onlangse vervanging van die Kavango se remme is as volg:

Jy maak eers die dome nuts op die equalizer bracket los. Dis waar die staaf wat van voor af kom in die middel verbind met die remkabels aan weerskante. Dan stel jy aan die binnekant van die drom die remme op tot die wiel sluit. Daarna stel jy dit klik vir klik af tot die wiel weer vry loop.  Na albei wiele gestel is maak nu weer die dome nuts wat die remkabels aan die equalizer bracket vashou vas en maak seker lg trek 90° tot die rigting van beweging as die handrem opgetrek is. Dan stel jy die staaf wat die remme trek deur die moer op die draad daarop sodat daar speling is tussen die hefboom wat aan die inloopremskokbreker se agterkant vas is (en die remstaaf trek) en die sleepstang. Dit voorkom dat die wa heeltyd teen die remme loop vir die geringste negatiewe versnelling van die kombinasie. Die internet sê daar mag slegs minimale speling wees, maar Conqueror en Worcester Clutch and Brake stem nie saam nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/04/2026 - 19:37

Dankie vir kursus 101. Ek gaan die video 'n paar keer kyk, en dan ondersoek instel na my wa se goete.

Die vraag is nou, waarom volg almal nie die voorskrif nie?? 

Is my afleiding korrek;

dat as die kabels aanvanklik by die T-stuk los gemaak is, dit korrek geposisioneer word deur die stel met die skroewedraaier op die dromme. As mens na die stel op die dromme, die kabels vasmaak, sal dit die korrekte kabellengte verstelling wees.

My tegnikus glo daar moet so 25mm inloop van die skokbreker wees, voordat dit die remme aktiveer. Dis nou waar Herman glo dat sy inloopskokbreker omtrent eers die volle slag moet instoot, voordat remme aktiveer.

Ek dink volgende keer doen ek dit self. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus