Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 hour ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -2 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -3 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -5 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago

Mediese Fondse

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Na aanleiding van Jan se knievervanging wat vandag plaasvind, wonder toe ek sommer 'n bietjie (dalk baie) oor mediese onkostes. Ekself is al baie jare 'n lid van Discovery. Ek het vir 'n privaat maatskappy gewerk wat 50% van my maandelikse premie betaal het. Maar die dag toe ek aftree is ek self ten volle verantwoordelik vir my mediese versekering.

Ek was gedwonge of af te skaal ten opsigte van die plan waarop ek is. Intussen (die afgelope twee jaar) het ek weer opgradeer na 'n hoër plan - nie die hoogste nie. Ek is tans op Discovery se Classic Priority wat my R11 087 per maand kos. En my mediese spaarplan is reeds uitgeput. Dus is alle verdere kostes (hospitaal en operasies uitgesluit) vir my eie sak. Dit is rof.

Nou oorweeg ek om weer af te skaal na 'n laer opsie en die verskil in premies in 'n aparte spaarfonds weg te sit.

Nou wonder ek wat doen my mede-forumiete t.o.v. mediese versekering?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/08/2026 - 11:54

Ons is op Discovery Core essential. Dit het nie 'n spaarplan nie, dus betaal ons vir alle buite hospitaal goete soos GP, tandarts, brille. Chroniese medesyne word gedek.

Dan het ons by Western Gap 'n polis wat die koste dek tussen indien die spesialis, narkotiseer en hospitaal meer vra, as wat Discovery dek. 

Kostes is as volg ;

Discovery: R5880/m waarvan my ou werk steeds R3757 betaal. Die werk se bydrae verhoog elke jaar.

Gap polis: R418/m

Genadiglik is ons relatief gesond. Net soms vang spesialis ondersoeke mens effe onkant. Byvoorbeeld so rukkie terug moes ek R10 000 betaal vir 'n hartspesialis. 

Reg of verkeerd, ek trek eerder self rente op my spaargeld, as wat 'n mediese fonds rente verdien op my geld. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 24/08/2026 - 13:33

Ons het n Discovery Coastsal Core wat ook nie n spaarplan het nie. Vir my is dit eenvoudig, die spaarplan deel het geen voordeel nie.

My kanker voordeel beloop R250k per jaar. Daarna betaal 10% van vedere eise. Duurder planne het dalk R300k kanker voordeel. My ergste jaar met duur toetse, chemo. sjirurgie, 10dae in intensief was nie die volle bedrag nie. Inteendeel die hospitalisasie en sjirurgie was gesien as dit en nie by kanker voordeel gevoeg nie. My sakkies etc betaal hulle ten volle wat bykans R5000/ maand beloop. Discovery is puik.

Ook n Gap Cover, duurder as Wessel sin, en ek het bedenkinge daaroor. Lyk goed op papier maar waneer dit tot nut gaan wees??

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus