Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 hour ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -2 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -3 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -5 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago

Oorde vir oorweging

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Wie van julle ken die volgende oorde, en het al daar gekamp.?

Nyl river Bush camp: lyk baie netjies en nuut. Kan lekker oord wees om Nylsvlei se voëllewe te gaan beleef.

Elephant water hole in Dinokeng 

 

 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 25/08/2026 - 06:42

Ons het al by Elephant Waterhole gekampeer....baie lekker. Dis die plek waar ons die oggend wakker geword het met 2x leeus teen die grensdraad by watergat. Ons het met tent daar gaan kampeer omdat die grondpad relatief lank is en baie sinkplaat....ons het pad karavaan. Ons het destyds toe ons by ander kampe in Dinokeng gekampeer het en wildsbesigtiging gaan doen het, gewoonlik hier gestop vir n piekniek...gewoonlik n hotdog gebraai vir middah ete...hulle het afdakkies, stoel en tafels wat jy kan huur vir piekniek dag besoekers. Badkamers is van sinkplaat mure, pas by kamp omgewing ...baie skoon. Ons het in gewone kamp gebly....daar is ook off the grid staanplekke een kant

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/08/2026 - 10:46

...dankie vir die moeite. Ek het nounet daar gaan kyk.

Nyl river boskamp lyk baie netjies op hulle webblad. Die tarief is redelik duur [R500/nag] vir 'n staanplek, veral as mens net 2 persone is. Boonop is daar behalwe vir voëlkyk, nie ander attraksies nie. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/08/2026 - 19:20

Het iemand al gehoor of gebly by Wind Voëgels langs route R62 tussen Montegue en Barydale. Ons gaan October daai kant toe en kyk na die plek.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/08/2026 - 19:22

Kyk ook na Thesen Island? Ken iemand die plekke?

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 25/08/2026 - 19:24

Ons is per kar. Geen woonwa nie. Dus….wit laken akomodasie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 26/08/2026 - 07:27

Thesen Elland is n baie eksklusiewe en vrek duur "Estate" in Knysna.  Daar is Monks Carvan Park en Woodbourne caravan park binne die dorp.  Albei was baie populêr in my dae beslis n recce werd.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/08/2026 - 07:44

Dankie Herman, nog twee plekke vir oorweging vir oorbly volgende jaar.

Dit gaan moeilik wees om keuse te maak tussen al die woonwaparke. Watter van die 2 plekke, Keurbooms, Plett Forever resort is die mees toeganklike [verkeer gewys] vir laphoedjie, Grompie en Kavango?? Dit kan seker nie erger as JHB se drie bane verkeer wees nie.  .

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 26/08/2026 - 08:19

Praat jy van Woorbourne in Knysna? Ons het nie daar gekampeer nie, maar het daar gaan inloer oppad na The Heads toe. Baie netjies gelyk met mooi groen gras staanplekke en genoeg skaduwee 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 26/08/2026 - 08:25

Beide is baie maklik bereikbaar met teerpaaie. Forever is teenaan die hoofweg en keurbooms net n afrit ver. Toe ons daar was, was Keurbooms baie stil. Ons het baie jare terug ook by Keurbooms gekampeer....was nice om te sien hoe water styg en sak tydens hoog en laag water.

Ons het laaste besoek nie hier oorgestaan nie...plett trek ons nie baie nie

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 26/08/2026 - 09:39

Keurbooms en Forever het baie maklike toegang soos Geert noem. Daar was egter baie skade met die vloede vroeër vanjaar, dalk het die lekker naby die strandmeer staanplekke weg-gespoel.

Woodbourne is daar waar jy noem Geert. Die pad waarin jy afdraai Heads toe, genaamd George Rex drive" kan ñ nagmerrie met verkeer wees as jou timing uit is. Monk's is in n systraat langs die hoofpad, maar die toegangs ingang is beter van George se kant,  af. Daar is n lekker wandelpad aan die Lagune se kant voor dit waarmee jy kan dorp toe stap of Leisure Isle toe. Maar die oord self weet ek nie veel van nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/08/2026 - 12:33

Gaan loer gerus na die netjiese oord. ek dink dis 'n gerieflike oord as mens tussen die Pta/Jhb omgewing met N14 oppad is na Upington. 

Die ander uitstekende plek is Red Sands buite Kuruman. die ene is effe nader aan Twee Rivieren sprong met woonwa maklik te kan doen.

Vryburg is 127km vanaf Kuruman wat so ekstra 1.5 ure reistyd bysit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/08/2026 - 14:08

Dit is mos die oorspronklike Duitse liedjie wat verafrikaans is met O Boereplaas. Maar nou ja, die oord se naam is Boereplaas - nie Tannenbaum nie.

Ek het in my werkende lewe, toe ek nog by geleentheid kliënte in Botswana besoek het, meermale by die ingang verbygery tussen Vryburg en Stella. Maar ek het nooit die behoefte gehad om daar in te draai en te gaan loer nie - ek het destyds té veel negatiewe kommentaar daaroor gelees, veral t.o.v. dagbesoekers en ander aspekte.

Maar ek verstaan dat daar is baie verbeteringe aangebring. Gaan loer vir ons in Wessel.

Ek was tweekeer by Red Sands - beide kere net vir oornag. Die eerste keer (2007) in 'n chalet (baie aanvaarbaar) en die volgende keer (10 jaar later) het ons met die karavaan oorgestaan by een van hulle staanplekke met eie ablusie (wat ook nogal netjies was). Alhoewel ek 'n paar jaar gelede laas daar was, kan ek danksy my twee ervarings Red Sands met vrymoedigheid aanbeveel.

Beide plekke is egter van my normale roetes af.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus