Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -54 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Swaar om nie meer te kan onthou!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Kyk ek is nog lekker jonk so dit is beslis nie ouderdom nie, maar ek begin sukkel om goed te onthou.

Sit gister middag op die strand die natuur en bewonder. Stap daar so laaaang been godin met n baie skrapse bikini  verby. Daai bikini is so klein ek glo sy kan dit in n vuurhoutjie boksie inpak.

Mense en is sy mooi en met n LYF wat skrik vir niks! Sy het bulte en duike op al die regte plekke, sulke lang blink sagte hare, n pragtige skepping.

Sit haar so en bekyk en kry toe die gevoel dat so visioen iets in .y moet wakker maak en selfs een of ander biologiese verandering in my lyf te maak. MAAR ek kan om die dood nie onthou wat nie, ai maar dit is nie maklik nie!

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 02/06/2017 - 13:21

Arie,

Jy klink nou soos een van my afgetrede kollegas. Sy woorde:

"ek het altyd van vroumense gehou, kan net nie onthou hoekom nie." en ook:

" Ek was verlede week by die dokter en vertel hom die een oomblik onthou ek iets en net daarnaa vergeet ek daarvan'

Dokter: "Wanneer het dit begin?"

Sy antwoord:"Wanneer het wat begin?"

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 03/06/2017 - 12:03

Oom Arie daar is raad daarvoor.

Vra vir die dokter om vir oom pille voor te skryf... sulke bloues!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 03/06/2017 - 14:01

Ja Willem ek weetnie of die bloues iets sal beteken vir my nie -lyk my hulle "buig" hopeloos te maklik?

Spekkies sal seker beter weet hy is mos sterk op die bloues of hoe?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 03/06/2017 - 16:28

Het julle gehoor daar is 'n hele krat van die blou pilletjies gesteel by die verspreidingsmaatskappy?    Die polisie soek nou  na die geharde kriminele.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 03/06/2017 - 17:04

Ek hoor daar het gisteraand n vragmoter wat die blou pilletjies aflewer omgeslaan in Empangeni.

Blykbaar was die hele Empangeni op horings laasnag?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus