6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -8 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -10 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago

ATKV NATALIA - deur Chris Boucher

Submitted by Admin on
Forums

Ek wil volgende jaar 'n bietjie wegbreek van my normale ding - Wildtuin en Laeveld toe deur die Vrystaat en/of Noord-Kaap. Ons wil 'n slaggie die Natal-ding doen (en voorsien om nog altyd uiteindelik in die wildtuin te beland). Maar ons beplan 'n kuslangse trippie tot op oom Paul se plaas. Ek het navraag gedoen oor staanplek by ATKV Natalia vir 'n maand. Dit klink my daar moet jy maar vroeg bespreek, want toe ek navraag doen oor wanneer hulle besprekings open vir Mei/Junie 2018, word ek meegedeel ek kan nou reeds bespreek. Maar nou my vraag, want ek ken glad nie die oord nie. Daar is plek beskikbaar op die onderste terrein of die terras. Ek haal aan wat die dametjie aan my in 'n e-pos sê: "Moet ek u op die onderste terrein bespreek wat meer beskut is of op die terras nader aan die strand. Die terras het nie baie bome en skaduwee nie."

Wat beveel die ouens aan wat die oord ken? Dit klink amper of die onderste terrein 'n beter roep is - of is ek verkeerd?

GEESWATWANDEL: Hi Chris, self het nog nooit met die karavaan by die see gaan kamp nie, maar eendag is eendag, en Natalia is op my radar. Hou met valk oe die draad dop.

JANBIKE: Hallo Chris. Ons het nog nie daar gekamp nie maar het n paar keer deur die park geloop.Op Die boonste terras is jy baie blootgestel aan die weersomstandighede. Meeste van die ouens het storm toue gehad. Met ons eerste deurstap het ons verby n ou geloop met n tent wat baie vroeg n bier gedrink het. Hy se toe dat dit die eerste kans is wat hy kry om n bier te drink en dit te geniet. Blykbaar het die wind baie  gepla. Die onderste terras is baie meer beskut met lekker koelte. As ek gaan sal ek onder kamp. Dit is egter n puik oord na my mening. Hoop die help.

CHRIS BOUCHER: JanBike - Baie dankie vir jou inset. Dit klink of "onder" die beter opsie gaan wees.

LEN LOADER: Chris, ons het al dikwels by Natalia gekamp (nogal in die winter !) alhoewel dit 'n klompie jare terug was.  Dit is 'n puik kamp met uitstekende sekuriteit en is daarom  baie populêr.  Ek sal beslis die onderste terrein verkies wat 100% teen wind beskut is. Dit is 'n entjie se loop oor die boonste terras see toe, deur die sekuriteitshek en oor die treinbrug en dan is jy op die strand.

WILSUR: Chris

Ons het bo gestaan en as ek kort oorstaan sal ek dit doen vir die uitsig alleen.'

Al wat my afsit is die trein brug oorloop storie as jy lank daar staan.

SLOWSTRIKE: 

WilSur het geskryf:

Chris

Ons het bo gestaan en as ek kort oorstaan sal ek dit doen vir die uitsig alleen.'

Al wat my afsit is die trein brug oorloop storie as jy lank daar staan.

Ons was nie so gelukkig om bo te staan nie en moes onder kamp ook maar goed want die ouens bo het heelwat wind skade gehad en ons plebs daar onder was dit alles gespaar.

Ek stem saam Willem daai geloop na die strand as jy `n paar goed moet saamdra is ver die sand is los warm en dan word die asem gou gou min.

Dit bly nog steeds `n baie lekker plek om te kamp.

Karridene is net so klipgooi verder met heelwat geriewe en heelwat goedkoper maar helaas ook die brug oor die spoor en ver stap oor die sand tot by die water

Groetnis

WILSUR: Dit is hoekom ons van TO strand hou en dit is nie dat ons van KZN se kus hou nie.

Dink os was nog net 3 keer daar met die karavaan van 2000 af.

ANDRE SMIT:Hallou Chris,

Ek het 'n paar jaar terug tydens 'n besoek by NATALIA 'n oordplan gevat en toe vanaf spesifieke plekke in die oord fotos geneem.

Die foto nommers en die rigting waarin ek gekyk het het ek toe oorgedra op die oordplan.

Ek kan die twee files na jou toe mail as jy vir my 'n privaat e-mail wil/sal stuur.

Bel my gerus by NUL82 2nege2 2sewe28 dan gesels ons.

Jy gaan 'n goeie idee van die plek kry uit die poging van my.

Groete
Andre

LEN LOADER: Andrétjie, as jy by Natalia is, is jy met vakansie of doen jy intelligensie navorsing vir die Weermag ingeval die plek aangeval word ?

LENNBOS:

Chris die kampterrein van Natalia is puik maar die stap na die strand is vir die dames moeiliker en vir jouself ook tensy jy jou pakdonkie kultuur beter maak. Per toeval het ek leerstraps ingepak wat n mens vroeer vir n kombersrol gebruik het. Jy maak al die sambrele, stoele en handoeke in n draagbare bondel vas en hak die band oor jou skouer.

Moet ook netnie in skoolvakansietye daar staan nie want dan is dit n kinderparadys met al die gewoel.

CHRIS BOUCHER:  

Andre Smit het geskryf:

Hallou Chris,

Ek het 'n paar jaar terug tydens 'n besoek by NATALIA 'n oordplan gevat en toe vanaf spesifieke plekke in die oord fotos geneem.

Die foto nommers en die rigting waarin ek gekyk het het ek toe oorgedra op die oordplan.

Ek kan die twee files na jou toe mail as jy vir my 'n privaat e-mail wil/sal stuur.

Bel my gerus by NUL82 2nege2 2sewe28 dan gesels ons.

Jy gaan 'n goeie idee van die plek kry uit die poging van my.

Groete
Andre

Andre - My e-pos is: chris.boucher@sonicmail… Ek ontvang graag die genoemde "files". Ek het besluit om eerder onder te staan aangesien ons vir 'n maand gaan staan. My voorlopige bespreking is op No 59, maar sal graag wil sien watter staanplekke volgens jou die lekkerstes is. Ek het nog tyd tot 5 Apr om die deposito te betaal en kan dus nog vra vir 'n verandering - indien moontlik.

Ek en Ralie is nou nie juis ernstige strandmense nie. Ja - lekker om lang ente te gaan stap, maar waarskynlik sal ons nie veel op die sand kom nie. Ons woon mos darem by die see. Ons sal Natalia meer as 'n basis gebruik om vandaan rond te beweeg om die omgewing (waarmee ons totaal onbekend is) te verken.

Baie dankie aan almal se insette.

ANDRE SMIT:  More Chris,

Jou leêrtjies met planne en foudies is gestuur

Groete
Andre

ANDRE SMIT:  Hi OOM Len,

"Andrétjie, as jy by Natalia is, is jy met vakansie of doen jy intelligensie navorsing vir die Weermag ingeval die plek aangeval word ?"

Ek het op die Ou - Ou Wegsleep forum dit as 'n proeflopie gedoen toe ek nog kon foto's laai en aanvanklik goeie reaksie gekry maar niemand verder het iets probeer nie, toe stop ek maar.

FRIKADEL: Ek was al by Natalia, maar Dolphin in Balito was vir my lekkerder.

My buurman glo weer vas in Rocky Bay.

Pretoria

Dylan

Fri, 21/04/2017 - 23:38

Sal ook die onderste teras verkies weens wind. Daai boonste teras met see uitsig: Daai see uitsig is nie daai see uitsig wat jy by n oord soos Scottburgh of Rocky baai kry nie, die see sien jy basies agter klomp bosse.  Dis n puik oord met lekker geriewe.

Secunda

Sleep nou

Mon, 26/06/2017 - 08:05

Natalia na Eiland een van my gunsteling oorde Natlia puik oord baie om te doen skoon badkamers puik sekuriteit puik puik oord

Pretoria

Slowstrike

Mon, 26/06/2017 - 09:19

My pa het altyd gesê as jy die see sien sien die wind jou. Ek sal maklik `n see uitsig opoffer as ek rustig kan slaap en my nie dood bekommer wanneer die wind my gaan wegwaai nie.

Groetnis

Centurion

Voortrekker

Mon, 26/06/2017 - 09:30

Jammer ek kaap nou, maar ek dink nou aan wat slowstrike se oor die wind.  Goeie vriende van my ouers het jare lank hulle aftree huisie by die see beplan en toe uiteidelik die huis gekoop, nogal agter 'n duin om te help met wind en sand.  10 jaar later het hulle verkoop en binneland toe getrek -  tannie se sy kon dit nie meer hanteer nie.  Vog, wind en sand het teveel geraak en het sy rustigheid gesoek.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus