6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -8 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -10 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago

Klub Luico - deur Johann L

Submitted by Admin on
Forums

Ons vertrek nou na die familie saamtrek net buite Stilfontein.

ALMAL WAT OP DIE PAD GAAN, RY VEILIG EN GENIET!!!

FREDA: Niks lekkerder as 'n familiesaamstrek nie.  Om almal weer te sien is heerlik.   Julle moet dit geniet, Johann.  Ek aanvaar dit is nie 'n kamp nie, maar in akkommodasie by Klub Louico?   Reis veilig.

JOHANN L: Freda, nee jong, hoe sal ek sonder my karavaan iewers gaan, ons is meestal karavaners in die familie .
My jongste kleinkind, een maand, moes in gelyf word.

FREDA: OK, nou verstaan ek.  Oupa wat nie kon wag om sy kleinseun van een maand oud die kamplewe te wys nie.

VOORTREKKER: Oupa van 1 maand?   Geluk Johann!

JOHANN L: Hehe Voortrekker, dit is kleinkind no 8, ek moes hom gaan "af show"

FRANS PRETORIUS: Mmmmmm, die knapie was seker ook rede hoekom one nie kuiertjie gekry het nie!!! 
Johann, Ek grap net, het gewonder of daar dalk iets voorgeval het, maar daai is aanvaarbare rede, hoop Jule het lekker gekuier!!

JOHANN L: Frans, groot jammer, dit was so bedrywig met familie wat die nuweling kom "vat" het, en die gekuier, ek wou Adriaantjie so graag leeu plaas toe vat maar tyd was net ver te min.

Ek en die saamsing tablet en fotos sukkel om mekaar te vind?

FRANS PRETORIUS: Johann, geen probleem, so naweek daai soms the Kort. Wat tablette en rekenaars aanbetref, Ek het ook net soveel nuwe gesukkel, Ek het Al geregistreer om fotos te kan stoor om hier te laai, maar te min tyd om werklik aandag te gee. Hopelik sal ons dit nog regkry!

JOHANN L: Ek het nou van af die skoot rekenaar ook gaan probeer, maar iets doen ek verkeerd, sal maar wag tot Harry terug kom, en hom gaan pla.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus