Weet nou nie regtig waar om hierdie draad te plaas nie?
Daar is al baie rondom tru kameras gesêls en wat se skerms of tipe kamera is die beste.
Ek het so drie/ vier jaar gelede vir my Penta en die die sleep voertuig elkeen 'n kamera geskenk, die sleep voertuig het ook 'n "dash mount" 7" monitor gekry.
Die monitor is nie regtig 'n probleem nie, jy kan die een kry wat op die bestaande tru spieël aan haak, of dan die lostaande een. Die bedrading van eers genoemde het my bietjie af gesit.
Die kameras self is daar verskeie soorte en vorms om van te kies, van sowat 90° hoek, tot 170° hoek. Die wyer hoek se sig afstand word korter, en natuurlik andersom is ook waar.
Die kameras is waar die triek lê, daar is die CMOS, CCD en ander soorte, die CMOS is die wat ek aanvaklik gekies het en het sonder drade gekom, WIFI.
Eers het die wifi te veel storings gegee, en na ek die draad pad gevat het, was ek nog ongelukkig met die beeld se kleur.
Dit wat groen is, was so pink / pers op die monitor. Vind toe uit dat dit die CMOS tipe is en vervang dit toe met CCD kameras. Baie beter, maar nog nie 100% nie.
Ek soek nog na 'n "True Colour" kamera of HD maar sal steeds by die 170° hoek van beeld bly.
Die voordeel van die kamera is dat jy regtig oral om jou kan sien, sou 'n voertuig jou verbysteek, is dit nog in die monitor sigbaar, en ook al in jou standaard kant spieëls.
Wat vind julle is die kwaliteit van beeld / hoek van visie en watse kameras gebruik julle?
Willem, dit is die regte…
Willem, dit is die regte kamera daai.
Hoe lyk jou beeld op hom?
My kamera het mooi gewerk…
My kamera het mooi gewerk tot die naweek. Kamera se krag is op karavaan se agterlig gekoppel maar as ek rem trap of flikkerlig aansit het ek n storing wat skrik vir niks. Orals gesoek vir los konneksie maar niks
Obie, ek stel voor jy koppel…
Obie, ek stel voor jy koppel direkte 12 volt vanaf jou sleepvoertuig, of karavaan se batery na die kamera, meeste van ons doen dit dmv 'n apparte sok wat die kamera en voertuig met mrkaar verbind.
Sou jy die karavaan se batery gebruik, wil ek ook voorstel dat jy 'n skakelaar in sit om die kamera se krag mee af te skakel wanneer nie in gegruik nie (ek glo nie dit is goed vir die kamera om permanent aan te wees nie?)
Twee drade vir krag, en twee vir beeld
Ek het vir my 'n ekstra kamera in gebou, dit het 'n kleiner hoek van beeld, 120°, die een met die 170° hoek se afstand is bietjie kort. Kan steeds 'n voertuig sien op die monitor en in die kant spieël voor dat dit uit die kamera verdwyn.
Jy kan selfs ook 'n ekstra…
Jy kan selfs ook 'n ekstra 7pin stel gebruik, maak net seker dat jy hulle "colour code" om foute uit te skakel
( verkeerde koppeling, omtuil van sokke, kan kamera opblaas)
So iemand het my vertel hy…
So iemand het my vertel hy verkoop 'n kamera wat hy glo sal ideaal wees vir die karavanae. Dit is 'n wifi kamera wat net krag benodig en dan direk met jou selfoon of tablet koppel d.m.v wifi Dit gebruik nie 'n server of data nie, direkte wifi ......
Obie johann se voorstel is …
Obie, Johann se voorstel is 'n goeie een. Ek het presies dieselfde koppelin om my tru kamera vir agter die wa
Obie, ek het ook gedoen soos…
Obie, ek het ook gedoen soos Johann sê met 'n skakelaar waar ek die kamera kan afskakel as hy staan. My 2de kamera is 'n 90° wat lekker ver terug wys wat lekker werk.
Ek wil die week my kamera…
Ek wil die week my kamera ook opsit op my wa maar weet nie of ek genoeg kennis het van my wa se konstruksie nie
. Wil ook my kamera se krag optel van wa se batery af.
Obie.......
..............in my geval voorsien ek my kamera met 12v vanaf die sleepvoertuig want jy moet tog 'n kabel lê vanaf jou sleepvoertuig tot by die kamera en jy kan dan netsowel 'n kabel met vier drade vir dié doel gebruik.
Ek gebruik 'n gewone sleepwa-lig-koppeling vir die kamera. Op die foto hieronder is die regterkantse een die tru-kamera s'n en die linkerkantste een is die gewone agterligte van die karavaan.

Soos per Len se koppelings,…
Soos per Len se koppelings, kan jy bv. die wa se ligte alluminium koppel sokke, en die kamera sin swart plastiek koppel sokke gebruik.
Baie dankie vir almal se…
Baie dankie vir almal se insette. My handjies is maar lekker rond maar glo dat ek met julle hulp die probleem sal kan oplos
Obie, as jy nie regkom nie,…
Obie, as jy nie regkom nie, Sionsberg naweek is om die draai. Ons kan daar dalk beter raad gee





Tru Kameras
Ek het ook oorspronklik vir my een uit die Kaap bestel van TOP CCTV in Somerset Wes.
Dit is al wat ek weet van daai kamera, dit was Maar 2011.
slimline low lux day/night car
camera Can be used for any of the LCDs for rearview or
normal view
Hierdie kamera het ook 'n 170° hoek en dit was nog altyd vir my 'n probleem want was die voertuig agter my is en hy is sê so 75m weg dan kan jy hom nie meer in die dag sien nie.
So het ek rond gesoek vir 'n ander kamera, want ek het eendag gesien daar is 'n "duel camera" op die web. Maar kon nie een in SA kry nie, later een opgespoor in AU en het iemand gehad wat oor gaan en vir my sou saam bring maar teen R 4,000.00 het ek daarteen besluit en so het die gesoek weer begin.
Intussen het ek 'n gewone huis kamera op gesit met 'n ander lens. Die probleem was hy was nie "rearview" nie en ek moes sy beeld met die monitor om swaai, maar as ek oorgaan na die wye hoek kamera was hy weer verkeerd.
Eendag loop ek in Communica hier in Pta. vir heel iets anders en sien die "Rearview" kamera vir onder R400.00, kyk va hom nie dat ek weet wat ek sien nie maar merk die "View Angle: 62.1°" en vat hom toe.
Nou die ander dag hom opgesit en hy werk mooi, net iewers is daar nog 'n koppeling wat seker die strepies op die skerm maak.
Model: XY REARVIEW CAM 600MI >> COLOR
http://www.communica.co…;
Specification
Additional Information
Image Sensor 1/3" SONY Super CCD Horizontal Definition (Resolution) 600 TV Lines Viewing Angle 62.1° Minimum Illumination 0.5 Lux (IR-LED Off), 0 Lux (IR-LED On) Lens 3.6mm Power Supply 12VDC TV System PAL Validity Pixel 500 (H) x 582 (V)Gelukkig kan my Monitor 2 x Kameras vat (AV 1 + 2). Nou is die baie gerieflik want ek kan enige een kies wanneer ek wil en hulle werk mooi.