Forums
Omdat ek my wa se wiele verander het na 14" wiele is die inklim trap bietjie hoër. My vrou met haar kort bene sukkel om in die wa te klim. Ek het toe 'n los trappie wat sy nou gebruik om die inklim en uit klim makliker vir haar te maak.
Verlede jaar toe ons gaan kamp het het my dogter skeef op die trappie getrap, geval en haar stuitjie beseer.
Het nou begin om 'n vaste trappie te maak. Is nog besig maar die prinsiep is daar.

Dit was in die ontwerp stadium gewees.

Hier is dit amper klaar. Dit gly onder die wa in en sluit het 'n haak onder die wa. Sodra jy by die kamp kom word die pen net gelig en dit skuif weer uit





Puik
Puik plan dankie vir deel Dusty NB bou meer van hulle jy sal jou geld maak