Nou ja, als lyk belowend en goed hier, weereens dankie Voortrekker vir jou poging om n werkbare forum aan die gang te kry!
Siende ons nou iets het, kom ons probeer om die klets aan die gang te kry!
Hierdie tipe draad is niks nuut en dus lekekr om te lees en te hoor wie waar kamp, dalk kamp mens mekaar nog raak, so dit gese, wie kamp waar Maart 2017?
Ons is by Van Stadens 16-/18 Maart
HARRY DU RANDT:
Ons gaan van 3 Maart tot 14 Maart Kaap se rigting
Ongelukkig nie kamp nie, maar het plekke gehuur
Froggy vat net 2 mense en ons is 3 mense
1 Dag in Colseberg
2 Dae in Oudtshoorn
3 Dae in Hartenbos
3 Dae in Plettenbergbaai
1 Dag Gariep Dam
FREDA: VW, ons kamp op die oomblik by Van Stadens vir 30 nagte. Sal 16/18 Maart nog hier wees, hopelik ontmoet ons mekaar.
Harry, geniet Oudtshoorn en die Tuinroete. Om in Hartenbos en Plettenbergbaai te kuier is nou maar net lekker. Mooi wêreld en so baie om te sien en doen.
Ons kamp op die oomblik vir 5 maande. Een maand by Van Stadens Riviermond, een maand by Cannon Rocks, albei Port Elizabeth omgewing. Dan vir 10 dae by Willows in PE en daarna Hartenbos en Plettenbergbaai, elk vir 30 nagte. Ons laaste maand, Julie, is ons weer vir 30 nagte by Willows in PE. In die tyd gaan ons kinders ons huis huur, wat dit vir ons moontlik maak. Ons is dankbaar vir parke wat spesiale 30 nag tariewe het vir pensionarisse. Vir interessantheidshalwe, ons kampe vanaf 23 Feb tot 2 Augustus, kos altesaam R14000. Dit sluit paasnaweek en twee skoolvakansies in.
WILSUR: Ons is so paar van die WilSur Omgee groep wat by San Cha Len die lang naweek in Maart gaan kamp. Kom kamp saam en gesels en besluit of jy by ons wil aansluit.
WIMPIE: Goeiemore,
Ons kamp 17 Maart 2017 by San Cha Len saam met Wilsur hulle.
Groete
Wimpie&Chante
JANBIKE: Ons gaan die 21 ste Mrt bietjie Buffels toe. Was al daar en het dit geniet. Sien uit om weer te gaan.
SERVAAS: Ons gaan by Silwerstrand - Robertson kamp die naweek van25 Maart. Net voor die skoolvakansie begin.
JOHANN L: Ons familie saamkoms by Klub Louico 10 tot 12 Maart.
WILLEWILLEMIEN: Ai man. Sal graag wil kamp, maar die Pajero sal nog nie reg wees nie.
CHRIS DUPREEZ: My dinges jeuk ook om te gaan kamp, ek le in die bed na twee groot voet operasies, in twee weke. Moet 3 weke le en dan kan ek rond beweeg met die moonboot, maar mag vir 3 maande nie op my voet trap nie. Dit gaan n rukkie vat voor ek weer gaan kamp, die gouste sal wees in die winter.
FRIKADEL: Ons moet maar tevrede wees met die langnaweek in April want die seuns se rugby begin nou in alle erns en hou ons vas oor naweke!
PIETER KOTZE:Wie het al by CHa La Len naby Warbad gekamp en wat is jul ondervinding van die plek?
Kamp groete.
VOORTREKKER:
Wie het al by CHa La Len naby Warbad gekamp en wat is jul ondervinding van die plek?
Kamp groete.
Ek ken ongelukkig nie daai plek nie
CHRIS BOUCHER:
Pieter Kotze het geskryf:
Wie het al by CHa La Len naby Warbad gekamp en wat is jul ondervinding van die plek?
Kamp groete.
Ons het net een aand daar oorgestaan in 2014 - oppad terug Boland toe vanaf ATKV Eiland Spa. Die pad tot by die hek is 'n aanvaarbare grondpad (redelik sanderig) en die plek self is heel netjies. Ablusies was goed. Ek onthou die redelike mak Njalabul wat daar rondgeloop het. As jy in 'n groep gaan is dit seker "okay". Ons het op 'n Saterdagaand daar gestaan en was die enigste kampeerders, behalwe vir 'n privaat-funksie by die swembad-area.
CHRIS BOUCHER: Ons kamp 17 - 26 Maart by ATKV Hartenbos. En dan vertrek ons 4 Mei vir 29 aande op oom Paul se plaas, voordat ons vir net meer as 2 maande by ATKV Eiland Spa gaan staan.
WILSUR:
Chris Boucher het geskryf:
Ons kamp 17 - 26 Maart by ATKV Hartenbos. En dan vertrek ons 4 Mei vir 29 aande op oom Paul se plaas, voordat ons vir net meer as 2 maande by ATKV Eiland Spa gaan staan.
Dit klink BAIE lekker, julle moet dit voluit geniet.
KOOS MOL:
Chris Boucher het geskryf:
Ons kamp 17 - 26 Maart by ATKV Hartenbos. En dan vertrek ons 4 Mei vir 29 aande op oom Paul se plaas, voordat ons vir net meer as 2 maande by ATKV Eiland Spa gaan staan.
Hi Chris.
Waar staan julle van 4 tot 15 Mei, ons staan dan op Swadini. Dalk kan ons iets reël om iewers op die plaas te ontmoet vir 'n koffie of so.
Groete.
CHRIS BOUCHER: Koos
Ons betree die plaas op 8 Mei vir een aand in Malelane-kamp. Ek het aanvanklik gedink om by Benmari oor te slaap (komende van Bass Lake), maar toe besluit ons behoort die plaas met gemak te maak. Ek kon eintlik maar die paar kilometer verder ry tot in Berg-&-Dal, maar het besluit ek kom dalk te laat daar vir 'n lekker staanplek. M.a.w. ons is 9 - 16 Mei in Berg-&-Dal. Daarvandaan lyk die program as volg: 7 nagte elk in Onder-Sabie, Satara & Tsendze voor ons 6 Junie Eiland Spa toe vertrek tot 11 Augustus.
Skukuza is seker bietjie ver van Swadini af om vir 'n koffietjie te ontmoet? Wanneer kry jy jou wa terug? Myne is ook tans in vir 'n diens, vervanging van ligte met LED's en herstel van 'n kraak in die vloer.
WILSUR:
Wie het al by CHa La Len naby Warbad gekamp en wat is jul ondervinding van die plek?
Kamp groete.
Pieter
Julle kan met 'n geruste hart saam kom dit is 'n lekker plek, sien julle daai naweek.
KOOS MOL:
Chris Boucher het geskryf:
Koos
Ons betree die plaas op 8 Mei vir een aand in Malelane-kamp. Ek het aanvanklik gedink om by Benmari oor te slaap (komende van Bass Lake), maar toe besluit ons behoort die plaas met gemak te maak. Ek kon eintlik maar die paar kilometer verder ry tot in Berg-&-Dal, maar het besluit ek kom dalk te laat daar vir 'n lekker staanplek. M.a.w. ons is 9 - 16 Mei in Berg-&-Dal. Daarvandaan lyk die program as volg: 7 nagte elk in Onder-Sabie, Satara & Tsendze voor ons 6 Junie Eiland Spa toe vertrek tot 11 Augustus.
Skukuza is seker bietjie ver van Swadini af om vir 'n koffietjie te ontmoet? Wanneer kry jy jou wa terug? Myne is ook tans in vir 'n diens, vervanging van ligte met LED's en herstel van 'n kraak in die vloer.
Chris.
Kry komende week my wa terug. Hoop om voor Swadini nog eers 'n paar dae by Marakele in te kry.
PIETER KOTZE: Dankie Wilsur, ek glo ons sal daardie lang naweek vanaf 17 - 21 Maart 2017 daar wees.
GEESWATWANDEL: Hi VW, in Maart maand nerens, maar kan nie wag dat jy die vraag vir APRIL vra nie!
JANCHRISTA: Ons werk ook nog in Maart, maar kom April dan vat ons die pad
FREDA:
VW het geskryf:
Nou ja, als lyk belowend en goed hier, weereens dankie Voortrekker vir jou poging om n werkbare forum aan die gang te kry!
Siende ons nou iets het, kom ons probeer om die klets aan die gang te kry!
Hierdie tipe draad is niks nuut en dus lekekr om te lees en te hoor wie waar kamp, dalk kamp mens mekaar nog raak, so dit gese, wie kamp waar Maart 2017?
Ons is by Van Stadens 16-/18 Maart
VW, vandag is 16 Maart, so ek veronderstel julle is reeds hier. Wat 'n pragtige aand op Van Stadens. Ons is op staanplek 49 as jy n draai wil kom maak.