Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -11 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 minutes ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Vertel 'n grappie!

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

'n Ou oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n pragtige, jong volborstige vrou sit en probeer borsvoed.  Die babaseuntjie weier om te drink en sy dreig hom:  "As jy nie drink nie, gaan ek my boobie vir die oom gee!".   So gaan dit aan en aan, elke keer weier die baba en sy dreig weer.  Die oom staan half vererg nader en sê:  "Daai baba beter nou sy mind opmaak, ek moes al 4 stasies terug afgeklim het".

Wat van 'n Brakpan enetjie?

Hoe weet jy, jy is by 'n begrafnis in Brakpan?    As daar onder op die begrafnisbrief staan:   "Moet asseblief nie die lykswa dice nie".

 

 

Centurion

Voortrekker

Thu, 10/08/2017 - 08:03

Siestog Freda, die ou oom was seker baie dors.   Ek glo daar is seker baie ou mense wat swaar kry en maar hulle koffie swart moet drink.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 10/08/2017 - 08:10

Lekke een Freda van Brakpan nog een van brakpan Jy vat jou stoel en tafel sit buite die straat sit 2 blikke boeliebief, tamatie smoor en sweetcorn op die tafel wat noem hulle jou - On the corner take aways

0
Brackenfell

Braaiguy

Thu, 10/08/2017 - 08:19

"Ek is nou so ontsteld..,en die hel in! Ek was nou by die apteek hier onder in watsenaam straat nou weer...oorkant die dinges man! Maar anyway, toe vra ek nou mooi in INGELS nogal..,"Sir, I need some medicine" en wys na my keel. Toe sê hy..."FO COUGH?"   Toe loop ek maar, want nooit het iemand so met my gepraat nie. Wie de hel dink hy is hy nogal?"

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/08/2017 - 10:26

Ek was vanoggend vreeslik op gewonde, ek loop kamer toe om vir my 'n pyn pil te kry, kom in die kombuis en maak koffie, eet toe droe beskuit en bêre die melk in die bedkassie.

Ek kon onthou om julle te iets te vertel, maar kan nie onthou wat nie.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 10/08/2017 - 11:14

Johann ek het ook so 'n snaakse gewoonte gehad van in die middel van die nag wakker word dan sit ek op my kniee met my kop in die toilet bak..... gelukkig gebeur dit nie meer nie want ek maak seker daar is 'n glasie water langs my bed elke aand.

0
Brackenfell

Braaiguy

Thu, 10/08/2017 - 12:15

Ek het verlede jaar 'n 1962 Ford Cortina op 'n plaas raakgeloop. Die motor het vir 50 jaar toegesluit gestaan in 'n skuur. Met 'n bietjie gesukkel en 'n nuwe battery, het ons hom aan die gang gekry. Toe ek die radio aanskakel, toe praat Dr Verwoerd nog op hom. 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 10/08/2017 - 13:54

Drie boesman boeties stap in die Kalahari.   Skielik sien hulle 'n leeu agter 'n bos uitloop.

Oudste boetie :  Klie klom klak

Middelste boetie : Klie klom kloot klak

Jongste boetie : Kla kleklak

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 14/08/2017 - 09:42

Meraai het 'n drankprobleem en gaan na die pastoor vir hulp.  Hy druk Meraai se kop drie keer onder water en sê:  :  "Jy is nou gedoop en van vandag af 'n nuwe skepsel, jy is nie meer Meraai nie, jy is nou Maria.  Geen alkohol meer oor jou lippe nie."

Maria kom by die huis en stap reguit yskas toe, haal 'n bottel wyn uit.  Sy maak die wasbak vol water, druk die bottel wyn drie keer daarin en sê:   "Djy is nou Oros."

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 14/08/2017 - 14:33

He He lekke Freda Die grap virrie dag van my kant af is die bokke gaan reeks wen in hulle rooi truie

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 14/08/2017 - 14:41

Die rooi truie self is die grap!!   Stel jou voor die ou wat sy hele lewe uitsien om vir die eerste keer die groen en goud oor sy kop te trek, nou is dit rooi!  Hulle kan regtig belaglike goed uitdink, ons kan maar net lag daaroor....

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 15/08/2017 - 12:21

Ek stem maar ja rugby bestuur se rooi dan is dit rooi ek sien hoeka ons kies 2 stutte in groep maar albei beseer hoe kies jy n ou wat beseer is

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus