Ek sien dat Meatworld nou hulle heel lam verkoop vir R 108 n kilo.
Ek het bestel by Vrystaat vleisverspreiders en hulle het die naweek die mooiste heerlikste vleis by my deur afgelaai vir R 89 n kilo, pragtig verpak.
lewe lyk weer goed man!!
Ek dink die hoë vleispryse…
Ek dink die hoë vleispryse is uitbuitery. Dit is gladnie nodig om R160 per kg te vra vir tjops nie. Ek was nou die dag skoon die moerbei in. Ek koop 2 voorverpakte lamskouer tjops by Pick 'n Pay vir R53.00. Eers toe ek dit uithaal, sien ek dit is baie dunner as wat dit gelyk het, sommer 'n verskoning vir 'n tjop!
Jy kan maar oplet in die supermarkte, daar is min beweging by lamvleis en duurder snitte bees. Iewers gaan 'n bottel bars want ek dink nie daar is genoeg aanvraag teen huidige pryse nie en die aanbod moet een of ander tyd oortollig raak en pryse afdwing. Altans, ek hoop so!
Lamsvleis verkoop by ons…
Lamsvleis verkoop by ons teen R88.00 per kilo en skaap teen R71.00 per kilo.
Dit is nou by iemand wat ek ken





Dis 'n goeie prys, Frikadel…
Dis 'n goeie prys, Frikadel. Ek het hul ge-google en op hul Facebook blad afgekom. Sien hulle lewer ongelukkig net in Bloemfontein en sekere dele van Gauteng af. Dit is 'n jammerte.
Ja, as daar vleis in die vrieskas is, voel mens sommer weer goed.