TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

Weervoorspellings

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on Wed, 16/08/2017 - 20:06
Forums

Ek weet nie of ek meer in weervoorspellings glo nie.  Die afgelope dae word daar baie reën en koue vir die Baai voorspel.  Dit was veronderstel om voordag vanoggend te begin en heeldag te reën, deur die nag en ook more.  80% kans!!

Vanoggend het die son geskyn en toe het dit weldra begin om meer bewolk te raak en ook kouer te word.     Twee-uur vanmiddag toe val daar druppels en ons dog hier is die reën nou.  Daarna het daar seker twee of drie keer weer net 'n bietjie druppels geval.   Die laaste reën wat hier geval het was seker so rondom 5 uur vanmiddag.

Die wind het nie eers gewaai nie, so ons kan ook nie sê dit het weggewaai nie.  

Ek weet darem nie, ek gaan my nie meer steur aan wat die weermense sê nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 16/08/2017 - 20:14

En hier by ons in Brakkies moes dit ook gister en vandag heeldag gereën het  -  dit het toe wel met rukke en stote gereën en ons het darem 15mm oor die twee dae gekry waarvoor ons baie dankbaar is. As die sneeu ook net kwaai wil val, behoort die riviere in die klowe darem ook water te kry as dit begin smelt.

Centurion

Dusty

Thu, 17/08/2017 - 05:45

Freda, ek het 'n klopie jare gelede 'n spotprent gesien van 2 manne wat uit 'n gebou gehardloop het. Elkeen het 'n sambreel gehad en dit het hard gereen. Sê die een vir die ander dat hy nie gedink het dat dit die dag gaan reen nie. Die gebou waaruit hulle kom, bo-aan staan dat dit die weerburo gebou is.

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 07:57

Dit het toe hard gereën gedurende die nag.   Die eerste bui wat ek gehoor het was 4 uur vanoggend en daarna nog paar buie.  Regtig goeie, harde reën.  Die lug trek nou oop, dit lyk of dit verby is.

Dit is darem 'n groot seën en plesier om in 'n koue nag in 'n warm bed te lê en sulke reën te hoor.  Wat is nou lekkerder as dit?  heart

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 08:11

Seker waar Voortrekker!   Behalwe as jy die volgende dag moet oppak en weet alles gaan nat wees.  laughno    Alhoewel, dit klink nog steeds mooi, net jou gemoedstoestand is nie so salig nie.

Heel beste weervoorspeller in ware tyd - soos die rots in my tuin.

As warm is - dan is dit warm

As hy koud is - dan is dit koud

As hy nat is - dan reen dit

As hy nie nat is nie - dan reen dit nie

As hy vol sneeu is - sneeu dit

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 16:00

Nadat dit vanoggend heeltemal opgeklaar het, het dit so twee ure gelede weer hier by ons begin reën.  Lekker harde reën en die lug is 'n donkergrys, lyk of dit lank gaan aanhou.  Die water loop strome in die pad.   Dit is wonderlik, ons dank die Vader daarvoor.

Nou gaan ons weer vuur aansteek in die binnebraai en vanaand vir die derde aand na mekaar braai vir aandete.   

 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 18/08/2017 - 09:26

Willem

Ja dit was glad nie plesierig vanoggend op die motorfiets daar by Fonteinedal verby nie..........

Dis die eerste keer wat ek regtig koud gekry het

 

Groetnis

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 18/08/2017 - 11:25

Daar is darem hoop dat van ons damme water gaan kry.  Die Kareedouw opvangsgebied, wat die Churchill Dam voer, het 44mm reën gekry.  Die dam was verlede week net 7.6% vol.  Uitenhage en Patensie, ons ander groot opvangsgebiede vir ons damme, het 16 - 18 mm gekry.  Dit sal nie genoeg wees om die droogte te breek nie, maar sal darem help.

Frikadel pak maar warm klere in en genoeg komberse.  En 'n paar bottels OB's. laugh  Geniet jou vakansie, in elk geval.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/06/2020 - 17:19

Ek weet nie of ek hierdié draad of Die Weer draad moet gebruik nie, altwee is van 2017.

Dit wil vir my voorkom of daar baie hout gebruik gaan word dié naweek, moet seker OBS gaan kry voor julle dit ook weer stop sad.

Weer

Glo my dit voel baie kouer as die Kaap se weer.

Kaap

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/06/2020 - 19:25

Ja Willem, hier by ons is groot reën en storms oppad vanaf môreaand !

Ek sien nogal uit daarna en sal bly wees as ons damme gou-gou kan vol word  -  tans so gemiddeld 50% vol.

My drie reëntenks is nog elk so ½ vol en ek wonder nog of ek dit nie maar dolleeg moet maak nie en weer vul met vars reënwater.  Dit pla my gewete egter om die water in die straat se stormwater te stort.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 09/06/2020 - 07:30

Kry n waarskuwing dat die weerpatroon dieselfde is toe Knysna gebrand het. Hier by my is die warm bergwind al klaar by 40km/h, en dit gaan glo nog sterker word. Ongelukkig is daar nie reen by nie, so erge brandgevaar.