Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 minutes ago
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Centurion

Dusty

Wed, 18/10/2017 - 04:54

Goeie more.

Week breker en braai dag. Het maar gisteraand 'n worsie gebraai.

Tee gemaak maar nog nie koffie nie.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 18/10/2017 - 06:49

Goeie more kampforum!  Die week is halfpad!  Ek gaan nou my eerst beker koffie in 2 dae drink!

Lekker dag vir almal!

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 18/10/2017 - 07:41

More almal lekke dag vir julle en koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 18/10/2017 - 08:16

Lekker dag vir almal.   Ons vertrek so teen 10 uur na Van Stadens.   Reën is weg, son skyn en die lug is blou.   Laasnag was nog baie koud, so ons verwag dat dit nog in die aande koud gaan wees.

Wel, ek het nog dinge om in die huis te doen en die kamp oprig lê voor, so, Cheers vir Eers!

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 18/10/2017 - 08:42

Mooi dag vir julle Freda en geniet die kamp opslaan.   Ek hoop jou kamera en laptop gaan saam sodat jy foto's kan plaas.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/10/2017 - 08:55

Goeie môre almal !

Dis 'n lieflike lentedag hier by ons in die Kaap, met 'n helderblou lug en dis windstil.  Dit alles na 'n paar dae se effentjies reën (12mm in totaal oor 'n paar dae) waarvoor ons baie dankbaar is. Vanaand en vannag word nog 'n bietjie reën verwag.

Kyk 'n bietjie na hierdie interessante plant in ons tuintjie - dit hang in 'n boom met wortels in die lug na bo ! En dit blom eenkeer per jaar in Oktober vir 'n baie kort tydjie  Die natuur rondom ons bly maar net wonderlik !

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 18/10/2017 - 15:55

Hoe is die forum dan so stil vandag?   Nog niks gebeur sedert vanoggend nie. 

Ons is opgeslaan en ingerig by Van Stadens.  Colin gaan nou nog net die DSTV koppel.    Al was daar al drade oor Van Stadens op die forum, gaan ek maar 'n nuwe draad open oor ons verblyf hierdie maand.   Ek gaan foto's neem en sal probeer om dit op die laptop te kry sodat ek dit kan plaas.

Lennie, daai plante is nogal algemeen hier in PE.  Ja dit is wonderlik, lyk of hulle net van vars lug lewe.  Op jou foto lyk dit of verlede keer se dooie blomme nog daar is, of is dit blare?   Jy moet dit afsny en die plant bietjie snoei van alles wat droog is, dan blom jou plant baie mooier volgende jaar. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 18/10/2017 - 19:38

Jamner ek is so laat hier, baie bedrywigd pensionaris blush

Dankie koffie was lekker.

Len, my oorlede skoonma het vir ons so suurstof plant gegee, dit het nog nooit geblom nie, maggies maar dit is mooi. Ek spuit dit net so twee keer per week nat, is dit te veel of te min?

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 18/10/2017 - 19:42

Freda, met die erge droogte wat ons die afgelope paar jaar ervaar het, en verlede jaar water beperkings, het my tuin verskriklik agteruit gegaan, duisende rande se skade, ek werk van so ses uur soggens in my tuin om dit weer reg te kry.

Maar, mens voel so skuldig as jy 'n kraan oop draai,  dan wens ek, ek kon van die water kaap toe stuur.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/10/2017 - 20:53

Freda, ja jy is reg, daar kort 'n bietjie snoeiwerk.  Met die geweldige droogte hier by ons waar jy nie eers met 'n emmer jou tuin mag versorg nie, het ek heeltemal belangstelling verloor.  Maar snaaks genoeg, met die laaste paar dae se 12mm reën kry 'n mens sommer weer lus vir die tuin en ek het juis gister die beddings skoon gemaak.  Ek gaan sommer môre die "onderstebo plant" (of soos Johann hierbo sê "suurstof plant") met die snoeiskêr bykom. (Ek het darem ook nou 'm bietjie reënwater in my nuwe watertenk opgegaar en dit sal darem ook in 'n mate help.)

0
Centurion

Dusty

Thu, 19/10/2017 - 04:50

Goeie more almal.

Tee gemaak en sit nou dit en drink.

My onderstebo/suurstof plant het ook nog nie geblom nie. wonder wat maak Len dat syne so mooi blom.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 19/10/2017 - 07:29

More, Arie.   Wil jy nie darem net vir ons bysê of jy lekker geslaap het nie?laugh

More almal.   Ek het lekker geslaap.  Tee klaar gedrink en nou gaan koffie maak.  Die windjie roer bietjie hier by ons vanoggend en ek het 'n sterk vermoede dit kan erger raak soos die dag aangaan.

Geniet julle dag.  Dit is amper naweek.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 19/10/2017 - 07:35

Lennie, jy is nie alleen nie.  Ek voel ook so oor my tuin omdat ons nie mag natmaak nie.  Plant nie eers blommetjies nie.   Ek het 'n paar potte waarvan die plante heeltemal agteruit gegaan het.  As ons November terug is by die huis, wil ek dit darem vervang met mooi vetplante en die tuin bietjie opkikker voor Kersfees.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 19/10/2017 - 07:45

more arie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus