Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -25 minutes ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -29 minutes ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -50 minutes ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Secunda

Sleep nou

Tue, 10/10/2017 - 06:22

Die koffie loop soos stroop awsome dag vir almal

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 10/10/2017 - 10:13

Ons het darem vanoggend weer 'n paar buie reën gehad.   Ja, dit is ook hier nogal koud.

Almal, geniet jul dag.  Voortrekker, ek hoop julle kamp nog lekker en dat die weer julle darem nie afsit nie.    Het Lolla al tennis gespeel?

 

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 10/10/2017 - 11:29

Uitenhage het ook heelwat reen gekry ,more gaan ons Van Stadens t0e vir n maand dit kan maar reen ons dit nodig, sal maar in karavaan sit en kaart speel

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/10/2017 - 11:56

more gaan ons Van Stadens t0e vir n maand 

julle moet geniet!

... hier in bloem waai nou vir jou 'n koue en lawwe wind.  Ek het maar 'n stormband oor die gazebo gespan vir "peace of mind" maar dink darem nie al nodig vir 'n net oor die tent nie.  

...gaan nou koffie maak, ons bly meestal binne want die koue wind sny nie lekker nie.

0

Len, dit was ook snaaks want dit was op 'n koper "T" wat so 2 maande terug ook gelek het, gelukkig het ons dit vroeg gesien en laat regmaak.  Het besluit om dit die keer te eis want die kaste swel ook soos die water gespuit het.  Surette het die kort termyn versekering ook gekontak want die water het oor die wasmasjiene ook gespuit, vandag was hulle hier en het die een opgelaai want hulle kan hom nie regmaak nie.

0
Centurion

Dusty

Wed, 11/10/2017 - 04:39

Goeie more almal.

Willem sterkte met die skade. Dit is nie lekker om alles weer reg te kry nie.

Tee is gemaak en die koffie is aan die gang.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 11/10/2017 - 06:05

Goeie more maters.   Die wind het darem gaan le, maar dit is nog flippen koud hier vanoggend.   Ek dink ons kan 'n warm dag verwag.

Julle moet almal 'n heerlike dag hê!

...kom kook nou ketel!

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 11/10/2017 - 06:50

Dag se, die reen het darem opgehou, lyk of dit vandag droog sal bly.

Gee darem kans vir alles om bietjie uit te droog. Geen skade hier nie, maar net water wat deur tent geloop het. Durban en verder Suid het darem erg deurgeloop!

Dankie vir die koffie, gaan lekker af.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 11/10/2017 - 07:04

Sjoe, dit lyk my julle mense spoel weg!  

Arie, jy sal maar vir jou en Petra regte gumboots moet kry vir sulke dae.  Hopelik het jul nou nie modder rondom julle nie?   Dit is die ergste van reën, nattigheid pla my nie, maar modder om my, nee!!

Ai, Voortrekker, ek hoop jul laaste paar dae is die weer julle bietjie genadig.   Die kaboutertjies geniet dit mos meer as die weer lekker is.

Ek kyk gister na die verspoelings in Durban en wonder by myself.  Hoekom kry een area so baie water, terwyl ander areas amper nie meer water in hul damme het nie?   Maar ek dink nie een van ons het 'n antwoord daarop nie.

Wel, vandag is al my familie oppad hiernatoe en sal teen vanmiddag 14 wees, broers, susters, swaers en skoonsusters.   

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 11/10/2017 - 07:30

Sterkte vir almal met skoonmaak Freda met nuwe tuin maak Anton wat so lekke kamp julle almal moet n gatskop dag he Koffie loop soos stroop vanoggend

0
Johannesburg

WilleWillemien

Wed, 11/10/2017 - 08:43

Dankie. Ek skink in.

Jo, baie skade hier aan die Wesrand.

Mooi dag vir julle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 11/10/2017 - 09:19

Dagsê almal !

Willem : Fire die loodgieter wat voorheen nie 'n goeie job gedoen het nie !

Anton : Hoe gaan dit op Wimbledon in Bloem ?

Arie : Water deur die tent - dis mos 'n helse storie om soiets weer skoon en droog te kry.  Hoe maak julle, slaan julle kamp af en skuif elders of pluk jy net die grondnette uit, was dit af, wag tot dit droog is en plaas dan alles weerr terug ?  Dit het ons nog net eenkeer oorgekom, nogal van alle plekke binne-in die Kgalagadi.  So het dit gelyk :-

.En na die skoonmaak :-

.

Freda : Onder die omstandighede moet julle tog maar die familie-byeenkoms geniet ten spyte van die begrafnis wat as ek reg onthou, môre sal plaasvind.  Sien dit as die viering van die oorledene se lewe met staaltjies uit julle kinderlewe eerder as net 'n morbiede begrafnisdiens.  Sterkte vir julle.

Willie :  Ons het aan die Wesrand in Roodepoort gewoon van 1988 tot 1992 en het ook ervarings gehad van daardie elektriese donderstorms.  Maar die fotos wat ek gesien het  (ook in vanoggend se koerant van skole en hospitale se dakke wat afgewaai het) van die onlangse storms was darem baie erg.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 11/10/2017 - 09:35

Ja, dankie Len.  As die klomp broers en susters bymekaar kom, is dit gewoonlik soos 'n halwe malhuis.   Ek glo nie dit sal vanaand juis anders wees nie.   Ons sal beslis vir Kabous onthou en sy lewe vier en ek weet hy sal baie bly wees as hy dit moet weet.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 11/10/2017 - 10:13

Hello julle.  Len dit gaan baie goed in Bloem.  Ons staan nou halfpad. Gister het ons gevrek van die koue, vandag brand ons van die hitte! laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 11/10/2017 - 13:13

Len, ons raak al gewoond aan die water deur die tent, nou al n paar keer met ons gebeur in die ses jaar se permanent kamp. Ek glo seker ook met meeste van ons lang of permanent kampeerders?

Al ons goed staan maar op iets sodat dit uit die water is, behalwe as die water nou meer as so 50mm diep is (gelukig nog nooit gebeur nie) so ons kaste en vrieskas is darem orraait.

Ons sit maar n waaier en ok n verwarmer waaier aan n probeer so dievloer droog kry. As grondseil eers droog is borsel dit redelik maklik skoon met n harde borsel. Ons dra nooit die goed uit die tent nie, maak om dit skoon. 

Waneer ons oppak om te skuif was ons altyd die grondsel, spoel tent af en was al die kaste en tafels in die tent. Dit is hoekom dit ons drie dae neem om op te pak.

0
Centurion

Dusty

Thu, 12/10/2017 - 04:38

Goeie more almal,

Sit klaar en tee drink en die koffie is ook al klaar. Het wakker gelê en kon nie meer slaap nie, staan toe maar op en kom kantoor toe.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 12/10/2017 - 06:02

Goeie more mense!  Die koffie is lekker, darem nie so koud soos gisteroggend nie.

Heerlike dag vir almal!

 

PS. wonder ek nou wat het van Koos Mol geword?  Hulle was al veronderstel om Sondag hier aan te kom?

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 12/10/2017 - 06:59

Hi.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus